NVG: Mpumalanga mensehandel brandpunt

Dit is 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê Mpumalanga word beskou as ‘n brandpunt vir mensehandel. Adv. Beauty Chibangu van die NVG is die voorsitter van die vinnige reaksie-taakspan in die provinsie. Luister weer: 

Voortvlugtende vas vir stropery

‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag aangekeer by die hof, na hy sy borgvoorwaardes verbreek het. Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en knaldemper. Nadat […]