Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot noorde

Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die noordelike dele van die park […]

Skole in Bosbokrand gesluit weens voortdurende reёn

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het skole in Bosbokrand-munisipaliteit gesluit, weens gure weerstoestande. Dit reёn reeds sedert Saterdag met ‘n oranje vlak 9-waarskuwing vir ontwrigtende reёn wat vandag steeds in plek bly. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het baie leerders en onderwysers gister met die begin van die nuwe skooljaar gesukkel om […]

Krugerwildtuin oorstromings: Wat is oop of onbegaanbaar?

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers. ‘n Oranje vlak 9-waarskuwing vir ontwrigtende reën oor die oostelike Laeveld van Mpumalanga en Limpopo geld steeds vandag en môre. Die wildtuin […]

Paaie, hekke, boskampe in Krugerwildtuin gesluit weens swaar reën

Die Krugerwildtuin vra besoekers om hul besoeke uit te stel na volgehoue swaar reën SANParke genoop het om boskampe, sekere toegangshekke en alle grondpaaie te sluit. Rey Thakhuli, die hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking, sê toegang tot Skukuza is van Onder Sabie en Krokodilbrug afgesny. Die Krokodilbrughek word gemonitor en sal slegs gesluit word as […]

Bespreek vooraf vir besoek aan Krugerwildtuin

kontantbetalings kwotas in wildtuin

SANParke herinner dagbesoekers aan die Krugerwildtuin dat hekkwotas gedurende die feestyd geïmplementeer word om oorbevolking op paaie en by fasiliteite te verhoed. Om toegang te verseker, word besoekers aangeraai om vooraaanlyn te bespreek by sanparks.dot.org. Die administrasiefooi is R59 vir volwassenes en R29 vir kinders. Voorafbespreekte dagbesoekers kry voorkeur by die hek, solank hulle binne […]

Wildtuin vereer uitsonderlike prestaties

Uitsonderlike werknemers van die Krugerwildtuin is Vrydag vereer tydens die jaarlikse prestasietoekennings wat by die Nombolo Mdluli-konferensiesentrum gehou is. Dit is teen die agtergrond van SANParke se verbeterde prestasie vir die 2024/25-boekjaar, met ‘n 10% toename in inkomste tot R4,1 miljard.   Albert Mkansi, Vusi Lubisi, Katekani Sibuyi en Nicolus Mathebula het die kollig gesteel […]

Departement sê Krugerwildtuin se naam bly

Die Department van Bosbou, Visserye en die Omgewing het bevestig dat geen naamsverandering vir die Nasionale Krugerwildtuin gemagtig is nie. Die amptelike naam bly onveranderd kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermde Gebiede. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê daar is geen planne of versoeke om die reservaat se naam te verander nie. Sy […]