Kruger Nasionale Park

Page: 4

Die inhegtenisneming van Mandla Mashele en Calvin Malapane vir renosterhoring-besit, kan volgens kenners die verskaffingsketting ontwrig. Die twee mans is op 30 Mei in Benoni in hegtenis geneem vir die verkryging van renosterhoring. Vier renosterhorings, ter waarde van 1,5 miljoen rand, is aan die twee beskuldigdes gekoppel. Hierdie inhegtenisnemings sal die verskaffingsketting van die Kruger […]

Wenke vanaf die publiek het tot die inhegtenisname van drie mans gelei wat ‘n jagwapen en ammunisie by die Kruger Nasionale Park probeer insmokkel het. Twee van die verdagtes het reeds voor die Malalane streekshof op aanklagtes van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, verskyn. Dit volg nadat die verdagtes toegang tot die Kruger […]

Twee mans het voor die Malalane streekshof op aanklagtes van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, verskyn. Dit volg nadat die verdagtes toegang tot die Kruger Nasionale Park deur die Malalane-hek probeer verkry het. Die polisie het na bewering ‘n wenk ontvang dat ‘n verdagte wit Volkswagen Polo, met twee insittendes, op pad […]

SANParke se Ere Wildbewaarders het onlangs die Phabeni Interpretive Center amptelik aan die Kruger Nasionale Park – by die Albasini Ruins – se kulturele erfenisgebied oorhandig. Die sentrum, wat by die Phabeni-hek gevestig is, spog met ‘n interessante vertoonstruktuur, sowel as die omheinde Albasini-ruïnes, en twee historiese grafte. Bestuursuitvoerende beampte, Glenn Phillips, het gesê die […]

‘n Onverwagse haelstorm het gister ernstige skade regoor die Laeveld, sowel as die Kruger Nasionale Park, veroorsaak. Haelkorrels so groot soos golfballe het tuine verwoes, en selfs vensters van voertuie in skerwe gelaat. Boere in die omgewing moes hulpeloos toekyk hoe oeste deur die hael verwoes is. William Mabasa, KNP-woordvoerder, het gesê dat hy nog […]

Die gewilde boek, ‘Historiese plekke van die Nasionale Krugerwildtuin’, is nou beskikbaar as ‘n e-boek op Amazon. Die boek bespreek alles oor historiese terreine en dinge van ouds. Naas wildlewe-programme kan mens nou die fassinerende boek deur Ron Hopkins op ‘n digitale toestel besit. In die boek bring Hopkins die ryk en gevarieerde verhale agter […]

Klimaatverandering kan ‘n katastrofiese verlies van spesies in die Kruger Nasionale Park veroorsaak, het wetenskaplikes wat in die park werk, gesê. Luggedrewe laser-opnames wat die skade aan riviere van uiterste vloede in 2000 en 2012 gemeet het, het bevind dat hulle meer as ‘n dekade nodig gehad het om te herstel. David Milan, van die […]

‘n Sogenaamde probleem-luiperd is in die Kruger Nasionale Park verdoof en verskuif. Die luiperd is glo verskeie male by die Masorini piekniekplek naby die Phalaborwa-hek opgemerk . Volgens ooggetuies het die groot kat geen vrees vir mense getoon nie. Die piekniek-area – wat deur KNP-besoekers vir ontbyt en middagete gebruik word, is naderhand as onveilig […]

Die Suid-Afrikaanse Weermag het honderd agt en tagtig onwettige stropers sedert 2010, in hegtenis geneem, of doodgeskiet in die Kruger Nasionale Park. Dit is uitgevoer tydens grensbeveiliging en teen-stropery aktiwiteite. Minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula het die getalle einde verlede maand deurgegee in antwoord op ‘n parlementere vraag deur die DA se Thomas Zwelakhe Hadebe. […]

Globale tegnologie-reuse, Dimension Data en Cisco, het gister aangekondig dat hulle hul behoeftesverbindingsprogram in Zambië, Kenia en Mosambiek, uitbrei om voort te gaan met die beskerming van renosters. Dit sluit ook die oorlog teen die skrikwekkende aantal Afrika-savanna-olifante wat gestroop word, in. Dié stap volg na die twee maatskappye sommige van die wêreld se mees […]


Current track

Title

Artist

Background