Kruger Nasionale Park

Page: 2

September 11, 2018

In die Kruger Nasionale Park het ‘n kwart van die park se buffelbevolking, byna die helfte van seekoeie en tot 40% van die bome en struike in sommige dele glo gevrek as gevolg van die afgelope droogte. Dit was glo slegs in sommige dele van die park. Minstens een private wildreservaat het 75% van sy […]

‘n Sekerheidswag wat by die Kruger Nasionale Park in diens is, is vir stropery in hegtenis geneem, het SANParke bevestig. Isaac Phaahla, woordvoerder, het gesê die verdagte het saam met drie ander mans op Saterdag 25 Augustus die park probeer binnegaan. ‘n Ander sekerheidswag wat aan diens was tydens die voorval, het gedink die viertal […]

Besoekers aan die Kruger Nasionale Park moet daarop let dat protes-aksies plaasvind op die pad wat na Numbi-hek lei. Dit is tans ontoeganklik as gevolg van betogers wat die pad blokkeer het. Daar is wel glo dele van die pad wat huidiglik skoongemaak word om toegang te probeer bewerkstellig. Besoekers word egter aangeraai om alternatiewe […]

In reaksie op die renosterstropingskrisis waaraan die Kruger Nasionale Park onderwerp is, het die Ere Veldwagtersbewarings-dienste ‘n Bat Hawk-ligte vliegtuig geskenk. Dit is om ‘n oog uit die lug te wees vir hierdie bewaringsgebied. Vlieënier Andrew Decmet, het gesê die lug het ‘n belangrike deel van die stryd teen renosters en olifantstropery, in die meeste […]

’n Aantal privaat natuurreservate in die Groter Kruger Nasionale Park oortree na bewering sekere protokolle en regulasies. Daar is glo ‘n ooreenkoms bereik waar verskeie heinings verskuif of verwyder is. Nou word daar beweer dat sommige van die reservate, diere wat vanaf KNP uitbeweeg, jag. As gevolg daarvan dreig KNP om die heinings weer op […]

Hekkwotas by die Kruger Nasionale Wildtuin is die afgelope lang-naweek streng toegepas. Die sisteem het slegs nuwe besoekers toegelaat sodra ander besoekers die park verlaat het. Dit het tot lang rye motoriste gelei wat by die Krokkedilbrug-ingang, sowel as by die Malalane-hek, gewag het. Sodra die hek sy kwota van dagbesoekers bereik het, is niemand […]

Die Kruger Nasionale Park se bestuur en personeel het ‘n seremoniële geleentheid gehou om hulde te gee aan hulle wildbewaarders. Dit was ter viering van Internasionale Wildbewaardersdag. Die hoogtepunt van die seremonie was ‘n huldeblyk aan veldwagter Respect Mathebula, wat op 19 Julie 2018 in ‘n kontak met ‘n stropery-groep doodgeskiet is. Hy is onthou […]

SANParke sal die 10de jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek vanaf 10 tot 14 September aanbied. Dié fokusweek is ‘n wêreldwye veldtog wat mense gratis toegang tot die natuur se skoonheid van die land bied. Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het gesê dat die week – in vennootskap met Total South Africa en FNB – bedoel […]

Die skietdood van ‘n Kruger Nasionale Park-wildbewaarder – die eerste in meer as 50 jaar – deur beweerde renosterstropers, toon die gevaar wat bewaarders daagliks in die gesig staar. Dit is volgens Edna Molewa, minister van omgewingsake. Molewa het Saterdag saam met SANParke se uitvoerende hoof, Fundisile Mketeni, en ander SANParke-topamptenare in Bosbokrand bymekaar gekom. […]

Vier vermeende stropers is die afgelope naweek in die Kruger Nasionale Park in hegtenis geneem. Ike Paahla, KNP-woordvoerder, het bevestig dat daar Saterdag drie verdagtes, en Sondag een verdagte gevang is. Laasgenoemde was deel van ‘n groep van drie wat deur die wildbewaarders en honde-eenheid agtervolg is. Die verdagtes het glo in ‘n trop olifante […]


Current track

Title

Artist

Background