kontant-in-transito

Page: 2

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ‘n aanval op ‘n kontant-in-transito geldwa wat Saterdagmiddag tussen Witrivier en Sabie plaasgevind het nie. ‘n Groep verdagtes – in ‘n wit enkelkajuit Toyota Hilux en ‘n wit Golf – het ongeveer 13;00 ‘n G4S geldwa op die R538 agtervolg. Die geldwa se bande is papgeskiet […]

Ongeveer R10 miljoen is gisteroggend gebuit nadat ‘n Fidelity-geldwa tydens ‘n kontant-in-transito aanval beroof is. Twee geldvoertuie was op pad om pensioengeld naby Pienaar te gaan uitbetaal toe hulle in ‘n lokval gery het. Die polisie het bevestig dat ‘n wit Toyota-bakkie agter die geldwa inbeweeg het, en ‘n wit BMW van vooraf verskyn het. […]

Die polisie ondersoek die voorval waarin ‘n polisiebeampte Dinsdagoggend geskiet en beseer is in die omgewing van ‘n kontant-in-transito rooftog buite Nelspruit. Polisiewoordvoerder, brigadier Leonard Hlathi, het bevestig dat die polisieman by die voertuigidentifikasie- en beveiligingseenheid in Komatipoort gebaseer is. Die gewonde offisier is deur reddingswerkers in ‘n nabye bos gevind, Hy het gesê hy […]

Die Komatipoort-polisieman wat tydens ‘n kontant-in-transito rooftog vroeer in die week gewond is, herstel nog in die hospitaal. Volgens brigadier Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, is dit nog onduidelik hoe die offisier, wat ‘n ongemerkte polisievoertuig bestuur het, raakgeskiet is in die omgewing van die rooftog. ‘n Verlate polisiewa, van Komatipoort, is ook op die toneel gevind. […]

Nog geen arrestasies is gemaak in verband met die kontant-in-transito rooftog wat kort na 05:00 vanoggend, buite Nelspruit plaasgevind het. Een verdagte, wat ‘n polisie koeëlvaste baadjie gedra het, is op die toneel doodgeskiet. ‘n Tweede verdagte is in die bene gewond en word in die Nelspruit Mediclinic behandel. ‘n Verbygaande motoris is tydens die […]


Current track

Title

Artist

Background