Nuwe kleertjies vir pretpark se skamel geklede keiserinne

‘n Groep ma’s het tydens verlede jaar se Innibos besluit die kunswerke van skamel geklede vroue by die pretpark op die feesterrein is nie ideaal om kinders aan bloot te stel nie. Annali Schutte en Caria Harms het intussen saam met die fees, die pretpark-bestuur en Hoërskool Bergvlam gewerk om dit vanjaar met meer kindervriendelike […]

Kunsvlyt se evolusie by Innibos vertoon

Tradition Transformed kyk na hoe Suid-Afrikaanse kunsvlyt in moderne ontwerp verander, met 30 kunswerke wat vars, kreatiewe benaderings tot tradisionele vaardighede toon. Dit is alles by vanjaar se Innibos. John Anthony Boerma vertel meer. Luister: 

Innibos hou fees lekker vir ‘locals’

Innibos bied Saterdag weer Local is Lekker-weekkaartjies teen afslag vir Laeveld-inwoners by i’langa Mall. Naranda Leeuwner verduidelik watter ander pryse jy ook kan wen. Hannes Diedericks en Lourens van der Westhuizen het ook tydens Sonop Ontbyt toegangskaartjies gewen. Luister hier:

Innibos vier Laeveld se eie sterre

Innibos is ‘n trots Laeveldse kunstefees en sluit altyd ‘n gesonde dosis plaaslike kunstenaars IN. Die fees vier ook die week “Local is Lekker” met weekkaartjies wat vandag teen ‘n spesiale aanbod verkoop word. Bykans ’n derde van die kuierverhoog-kunstenaars kom uit eie bodem.  “Ons is ongelooflik trots daarop dat soveel van ons eie Laeveldse […]

Local is lekker en IN by Innibos

Op 8 Mei bied Innibos ‘n skattejag en “local is lekker”-spesiale aanbieding vir feesterreinkaartjies by i’langa Mall vanaf 12:00 tot 16:00. Verkope van produksiekaartjies open ook vandag! Naranda Leeuwner deel die besonderhede met Sonop Ontbyt. Luister:

VIBE Innibos bekendgestel

VIBE Innibos se meesterklas-program is gisteraand amptelik bekendgestel. Dié driedag intensiewe jeugkunstesimposium en -ekspo is in samewerking met die Innibos Nasionale Kunstefees op die been gebring. Die program sluit meestersklasse wat aangebied word deur 28 verskillende kenners in teater, dans, kuns en musiek in. Steven Schamrel, die projekkoördineerder van VIBE Innibos, sê dit maak die […]

Alles wat IN is op die verhoog, begin by Toyota Innibos

As daar ooit ’n tyd was om alles wat IN is eerstehands te beleef, is dit tydens vanjaar se Toyota Innibos vanaf 2 tot 5 Julie. Verkope van produksiekaartjies open Donderdag, 30 April en feesgangers word genooi om hulself te verdiep in die wêreld van teater. Naranda Leeuwner vertel vir Sonop Ontbyt waarna feesganders alles […]