Stroper kry 33 jaar

Written by on November 13, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het Maandag die veroordeling van ‘n renosterstroper tot 33 jaar tronkstraf,  deur die Skukuza-streekhof in die Kruger Nasionale Park, verwelkom.

“Patrick Nkuna is in 2015 in die (KNP) Pretoriuskop-omgewing in hegtenis geneem tydens ‘n uitgebreide grond- en lugopvolg-anti-stropery-operasie. Kort voor die arrestasie van Nkuna en sy medepligtiges het hy probeer om op ‘n SANParke-helikopter te skiet,” het Isaac Phaahla, woordvoerder van SanParks, gesê.

Uitvoerende bestuurder van die KNP, Glenn Phillips, het die hof vir die stewige tronkstraf geprys en gesê dat dit ‘n duidelike boodskap aan stropers stuur.

“Dit is ‘n groot oorwinning en afskrik-faktor in die voortgesette anti-stropingsveldtog. Ons verwelkom hierdie uitspraak hartlik, aangesien dit die broodnodige hupstoot sal bied aan die anti-stropery-spanne wat moeilike toestande vir die beskerming van ons parke verduur, “het Phillips gesê.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background