Seuntjie se liefde vir sy hond steel harte

Written by on December 7, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Jong plaaslike seun se liefde vir sy hond steel die harte van Suid-Afrikaners op sosiale media nadat hy aan die slaap geraak het terwyl hy gewag het dat sy hondjie se operasie verby is.

Pro-Life Pet Rescue, Rehabilitation and Adoption Agency buite Nelspruit het die prag-foto van die uitgeputte jong man gedeel wat ‘n dutjie langs sy hond neem nadat laasgenoemde geopereer is. Volgens die organisasie het die jong liefhebber vroegoggend aangekom en die hele dag met sy hond gewag totdat die hond behandel is.

Die hondjie is na sy operasie op ‘n kombers neergelê om rustig van die narkose wakker te word. Die seuntjie was duidelik uitgeput na die lang dag en het langs sy geliefde hond gaan sit.

Daar het hy aan die slaap geraak. Een van die vrywilligers het ‘n kombers oor hom geplaas sodat hy gerieflik kon rus.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?