Sekuriteitswagte gewond tydens transitoroof buite Hazyview

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.

Twee sekuriteitswagte is gisteraand geskiet tydens ‘n transitoroof op die R40 buite Hazyview.
Volgens Emer-G-Med het ‘n onbekende aantal gewapende rowers die geldwa voorgelê en op dit geskiet.
Hulle het plofstof gebruik om toegang tot die kontant te verkry voor hulle op die vlug geslaan het.
Die wagte is op die toneel behandel vir hul skietwonde en hospitaal toe geneem.