SASJF wys wenners aan

Written by on November 8, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Mnr Jannie Hesselink, Vise-President van die SA Sport en Jag Federasie, was tydens die onlangse prysuitdeling, vol lof vir Mpu Laeveld, veral oor die goeie gesindheid van die lede tydens kompetisies.

Die jongste lid, NB Human (7) was die jongste deelnemer by die Nasionale Kampioenskappe vanjaar en het sy toekenning ontvang vanaf die oudste lid, Felix Pohl (71 ). Sy provinsiale baadjie is vir hom aangetrek en hy was van plan om sommer daarmee te slaap. Felix Pohl het self verskeie toekennings ontvang waarop hy baie trots is.

Dennie Taljaardt en sy vrou Daleen is ‘n gedugte span en is aangewys as Sportman en Sportvrou van die Jaar. Verder het David Guthrie ‘n toekenning gekry vir sy Uitstaande Prestasie n.a.v een voltal wat hy geskiet het tydens Nas kamp met die haelgeweer.

Ons is veral baie trots op die o.s lede :
Jnr Baansport kampioen Seuns o/19 : Armand vd Westhuizen
Snr Mans Baansport kamp : Geon Clark
Snr Dames Baansport kamp : Lynette Clark
Jnr Seuns o/19 Bokjag kamp : Gerhard Taljaard
Snr Mans Bokjag kamp : Corne Taljaard
Snr Mans Voëljag kamp : Dennie Taljaardt
Mees Veelsydige skut : Nico Human. Hy het geskiedenis gemaak met sy deelname aan 10 dissiplines tydens die Nas Kampioenskappe.

Die prettige “Jammer” trofee is toegeken aan Albert Oberholzer wat heelwat teenspoed op die baan ervaar het.
Mpu Laeveld is besig om uit sy nate te bars en spog tans met 301 lede en is positief om met die komende Uitdaag Skiet op 27 Okt nog lede te werf.

Ons waardeer en respekteer elke lid, nie net die presteerders nie, want sonder ons lede het Mpu Laeveld geen bestaansreg nie.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background