|

Marknavorsing toon Afrikaans in nuwe lig
(soos deur
Sarina de Beer (Direkteur: Ask Afrika) op Biz-Community geskryf,
1 Julie 2010)
Verstaan die
Afrikaanse (r)evolusie:
Waarom is dit so
winsgewend?
Afrikaans word wyd gepraat,
met 18% van die Suid Afrikaanse poppulasie wat dit sy huistaal
noem. Dit is bekend dat die Afrikaanse mark winsgewende
geleenthede vir maatskappye bied, met ongeveer 'n kwart van die
totale besteebare inkomste in Suid Afrika. Volgens die TGI SA
(Target Group Index South Africa) is Afrikaanse verbruikers twee
keer meer geneig as die algemene poppulasie om in die hoogste
inkomste vlakke te wees en verdien meer op 'n jaar tot jaar
basis in vergelyking met die ander segmente. Uit navorsing deur
die TGI SA gedoen, het Afrikaners 'n gemiddelde maandelikse
persoonlike inkomste van R6 516 in vergelyking met die
gemiddelde R4 648 van die totale poppulasie. Dit beteken dat die
Afrikaanssprekende gemiddeld R2 000 meer as die res van die
Suid Afrikaanse mark het om te spandeer.

"Ons glo dit is tyd om van
die afgesaagde en eentonige beeld van die Afrikaner as 'n
hardkoppige, streng en strak siel, af te sien, en eerder na die
Afrikaanssprekende as 'n moderne, kreatiewe en ryk aan
verbeelding soort mens te kyk." (Morné Strydom).
Die Afrikaanse mark het
bewys dat dit lewensvatbare potensieël vir maatskappye bied,
maar steeds 'n verwerpe, stereotipe en meestal misverstane
behandeling ontvang. Daar tog, ondanks die feit dat die
tradisionele Afrikaanse verbruiker 'n groot groep is, enkele
kopskuiwe in die mark te bespied. Maatskappye wat nie uit
hierdie bron tap nie, deur die Afrikaner nie te verstaan of te
stereotipeer, loop die risiko om van dié mark afgesonder te
word.
Die Toekoms
Dit is interresant om te
sien dat net 22% van die Afrikaanssprekende, tradisie en
kultuurgewoontes as belangrik respekteer teenoor die 33% van
2004. Ondanks die feit dat die waardes, geloof, tradisie en
kultuur steeds emosioneel belangrik is, is daar 'n groot
beweging waar die Afrikaanssprekende homself as minder ernstig
opneem. Inteendeel die groep kan homself as 'n taalgroep met 'n
sin vir humor sien, en kan oor homself lag en grappe maak. Die
groep word as 'n sosiale eenheid wat sy tradisies lewendig hou
deur musiek, dans en boerekos, gesien.
Hoe definieër jy die
Afrikaanssprekende?
Die Afrikaanssprekende
beskryf homself as 'n trotse mens met deursettings vermoë,
aangedui in die dramatiese verhoging van 11% in 2006 tot byna
14% in 2009, veral in die 45-64 ouderdoms groep. Dit dui op die
waarde van Afrikaners wat Suid Afrikaans wees koester, deur
trots Suid Afrikaans te wees en ondersteun. Alle ouderdomme word
deur transformasie, veral in die werkplek, geaffekteer, maar die
jonger Afrikaanssprekende deel nie dieselfde historiese
agtergrond as die ouer generasie nie, en mag dus eerder die
huidige kultuur en gemeenskap waarin hulle groot word, aanvaar.

Waar gaan die geld heen?
Finansieële sekuriteit is
hoog op die prioriteitslys vir die Afrikaanse segment, wat
inherent die beskerming teen skuld en die invloed van 'n
ressesie is. Die neiging na finansieële sekuriteit, plaas die
Afrikaanssprekende in 'n hoër as gemiddelde vlak vir dienste in
die finansieële sektor soos, mediese-, lewens- en motor
versekering. Hierdie segment dra ook meer as 'n derde van die
land se huis- en motor versekeringspremies by.
Die goep is minder geneig
om, sonder om na te dink, skuld of krediet aan te gaan. In
vergelyking met die algemene poppulasie word Afrikaners
hoofsaaklik deur prys beinvloed (5%), advies van 'n kenner (4%)
of 'n verhouding op te bou (4%). Hulle is eerder bereid om in 'n
toekoms of aftrede te belê. As gevolg van 'n gesonde finansieële
neiging is die groep positief oor bellegings of aandele
geleenthede. Hulle is meer geneig as ander groepe, om in
finansieële produkte, veral huislenings, lewensversekering en
assuransie belang te stel.
Afrikaanssprekendes
spandeer verantwoordelik en verstandig, wanneer dit by geldsake
kom. In die algemeen neem hulle nie oormatige bedrae geld uit
hulle beursies nie, en sal eerder gematig met dag tot dag
inkopies omgaan. Die meeste Afrikaanssprekende verbruikers
spandeer tussen R400-R499 per week op kruideniersware (11%) en
R100 tot R149 op selfone per maand (17%).
Meer Afrikaners is geneig
om hulself te bederf as die gemiddelde poppulasie. Dit mag dalk
met die "lipstiffie effek" vergelyk word waar die groep 'n
kleinerige item van waarde sal aankoop as beloning of bederf
item. Hulle sal eerder geld uitgee op vakansie (27%) of voertuie
(15%) as die algemene poppulasie.
"Afrikaners is plesierig"
Enorme borgskap geleenthede
is in die Afrikaanssprekende gemeenskap beskikbaar, veral waar
dit met rugby of sport geleenthede verbind word. Die gemeenskap
is geneig om, meer as die algemene poppulasie, rugbywedstryde by
te woon (7%). Dit wil voorkom, veral na die FIFA wêreldbeker
sokker toernooi in 2010, of daar meer Afrikaanssprekendes, 3.6
(2009) as in 2006 (2.7%), nou sokker ondersteun.
Afrikaanssprekendes is ook deesdae meer as in die verlede, geneig om hulle kinders
na Engelse skole te stuur, waar hulle aan meer ander
sportsoorte, soos sokker, blootgestel word.
Televisie is baie gewild
onder Afrikaanssprekendes. Hulle sal veel eerder televisie kyk
as die algemene poppulasie, en is meer selektief oor die soort
programme waarna hulle sou kyk. Die belangrikheid van Afrikaanse
program inhoud word beklemtoon as die gewildheid van programme
soos 7de laan (46.2%), Noot Vir Noot (37.8%) en Pasella (29%)
gemeet word. Dit toon duidelik wanneer Afrikaners met 'n
handelsmerk identifiseer, die kanse goed is dat dit 'n
langtermyn verhouding sal wees.
Hoe om met die mark te
komminukeer ?
Behalwe vir
Engelssprekendes is die Afrikaanssprekendes die mees intensiewe
internet gebruikers. Google word die meeste deur
Afrikaanssprekendes besoek wat weereens die vlak van opvoeding
beklemtoon terwyl Afrikaanssprekendes hulle self aan 'n
verskeidenheid van informasieplatvorms en forums blootstel.
Internetbankdienste word oor die algemeen deur meer
Afrikaanssprekendes in vergelyking met die res van die
poppulasie gebruik, wat ook die orientasie ten opsigte van
finansies beklemtoon.

Dit wil voorkom asof
tradisionele bemarkingplatforms ten opsigte van dié gedeelte van
die bevolking afneem en dat 'word of mouth' of oorvertel
advertensie en pamflette die meer gewilde bron van informasie in
die groep is. Hulle dui egter aan dat, anders as ander groepe
van die bevolking, meer oorreedingstegnieke nodig is om produkte
of dienste te ondersteun, en dat hulle eerder op meer opinies
sou vertrou voor 'n besluit geneem word.
Afrikaanse verbruikers
ondersteun veel eerder 'n produk of diens as dit in sy eie taal
aangebied word. Die soort verhouding spreek ook die emosionele
en intelektuele vlak teenoor die produk of diens aan. Bemarkers
is onder die verkeerde persepsie dat die Afrikaanse verbruiker
oningelig, kwaad, konserwatief, en onaangetrek tot produkte of
dienste is, en sukkel as gevolg hiervan om die mark
geintereseerd te hou. Om die mark suksesvol te tref moet
maatskappye eers van die tradisionele negatiewe persepsies
ontslae raak en die Afrikaanssprekende verbruiker begin verstaan
in die proses van verandering waarin hy homself bevind, en vir
dit wat hy in werklikheid werd is.
*Data in die artikel
gebruik word uit 'n 2008/9 databasis monster van 14,147 Suid
Afrikaanse volwassenes (16+) bereken.
Meer besonderhede by Sarina
De Beer (Direkteur van ASK AFRICA)
LEES GERUS OOK DIE BERIG
SOOS IN SAKE RAPPORT 2009/07/12 VERSKYN HET
Die koopkrag van Afrikaners
Wilma De Bruin skryf dat al staan
die Afrikaanse verbruikersmark baie sterk en is
Afrikaanssprekendes se bestedingsvermoë
van die hoogste in die land, kry hulle nie hul regmatige deel
van die reklamekoek nie. Dit blyk uit navorsing deur Ads24,
nasionale verkoopspan van Media24-koerante.
Volgens hierdie
navorsing verteenwoordig Afrikaanssprekendes, ondanks 'n
volgehoue emigrasiestroom, die grootste deel van die wit
bevolking, naamlik 58%. Altesame 77% van alle bruin mense in die
land praat Afrikaans.
Die
Afrikaanssprekendes in die land is 4,6 miljoen of net 16% van
die totale mark, maar hulle verteenwoordig 28% van die land se
huishoudelike besteding, blyk uit navorsing van Unisa se Buro
vir Marknavorsing.
Bykans 40% van die
boonste lewenstandaardgroep (LSM10) se huistaal is Afrikaans,
terwyl 34% van die LSM 8-10-groepe Afrikaanssprekend is.
Altesame 32% van Suid-Afrikaanse huishoudings met 'n inkomste bo
R20 000 per maand is Afrikaans.
"Afrikaans is op
twee na die grootste taalgroep in Suid-Afrika, dog is daar in
die bemarkings- en reklamegemeenskap 'n neiging om, weens die
produksiekoste van meertalige reklame, Afrikaans te ignoreer.
"Maar as mens byvoorbeeld die ongedupliseerde leserskap van
Afrikaanse koerante in ag neem, is dit baie duidelik dat die
lesers lojaal is en nie bereik kan word deur net die Engelse
media as reklamemedium te gebruik nie", sê me. Linda Gibson,
uitvoerende hoof van Ads24.
Wat adverteerders
nie besef nie, sê Gibson, is dat baie min
Afrikaanssprekendes ook 'n Engelse koerant lees. Navorsing
wêreldwyd, onder meer ook onder Spaans-sprekende Amerikaners en
Vlaams-sprekende Belge, toon duidelik dat 'n advertensie in 'n
verbruiker se huistaal baie meer doeltreffend is as in enige
ander taal, ongeag die verbruiker se begrip of vlotheid van 'n
ander taal.
Volgens me. Barbara
Cook, voormalige ondervoorsitter van die SA
Reklamenavorsingstigting en stigter van TGI SA, sê "doeltreffende reklame
is geanker in die kultuur van 'n bepaalde teikenmark. Om 'n
impak op verbruikers te hê, moet reklame hul kultuur, en dus ook
die taal waarmee hulle identifiseer en waarin hulle dink, in ag
geneem,".
Afrikaners is
ywerige lesers
-
11,9 miljoen
Suid-Afrikaners verstaan of lees Afrikaans.
-
Gesamentlike
Afrikaanse leserskap is 1,668 miljoen daagliks. Sondae is
die leserskap 1,7 miljoen.
-
71% van
Afrikaanse dagbladlesers lees geen ander daaglikse koerant
nie.
-
74% van
Afrikaanse Sondagkoerantlesers lees nie 'n ander
Sondagkoerant nie.
-
Sowat 60% van
Afrikaanse dagbladlesers is intekenare.
-
Afrikaanse
koerantlesers lees Afrikaanse koerante omdat dit in
Afrikaans uitgegee word en iets vir die hele gesin bied.
-
Afrikaans het
die afgelope 15 jaar 'n geweldige opbloei beleef en
Afrikaanssprekendes is opnuut trots op hul taal.
-
Oor die algemeen
is Afrikaanssprekendes geesdriftige en toegewyde lesers van
Afrikaanse publikasies.

|