Lys van Adverteerders en Borge  
 
 


Luister na ons regstreekse uitsending op die Internet. Kliek op die radio om die stroom te aktiveer

 

Radio Laeveld 100.5 FM Stereo

Baie welkom by Radio Laeveld, 'n gemeenskaps radiostasie wat vir die eerste keer op 31 Mei 2003 begin uitsaai het. Dit is ook die doel van die stasie om die gemeenskap se betrokkenheid in die Laeveld aan te moedig. Die stasie maak 'n bestaan deur donasies, borge, advertensies en luisteraars wat as lede 'n bydrae tot die stasie se inkomste lewer.

Radio Laeveld saai uit op 100.5Mhz FM en bereik die meeste dorpe in die Mpumalanga Laeveld streek. Daar word voortdurend gepoog om die sein te verbeter en te versterk in sodoende die bergagtige topografie van die Laeveld te omseil en dan ook vir die luisteraars 'n beter ontvangs te verseker.

Radio Laeveld gebruik ook die Internet as 'n middel om uit te saai. Jy kan dus van enige plek in die wêreld na ons luister en selfs deelneem aan ons programme. Stuur gerus 'n epos aan ons as jy vir jou vriende of familie wil "hallo" sê.

 

Ons besoekers staan tans op :

 

 

 

 

 

 

 
 

 

Ons Ateljee Telefoon nommer :

013-74-11-999

Ons Ateljee SMS nommer :

084-MY-RADIO

(084-69-72346)

Kies jou musiek !

Jy kan nou 'n boodskap aan die aanbieder stuur om te vra dat hy/sy 'n liedjie van jou keuse vir jou speel. Vul gerus jou naam en keuse in

Jou naam
Jou Keuse
Jou Boodskap

      

Radio Laeveld Resepte:

Theresa Schoeman en Johan Coetzee met die Program Naweek Spyskaart elke Vrydag om 15h00 tot 16h00.

Luister elke week na Naweek Spyskaart met Theresa Schoeman en Johan Coetzee en 'n bespreking oor dit wat op die spyskaart vir die naweek is. Al die genoemde resepte word getoets en geplaas na sorgvuldige keuring deur Johan Schoeman, en jy kan verseker van 'n heerlike smaak ervaring wees.

Hier is van die resepte waaroor hulle al gesels het:

18/12/10/09

“RANCH”-SOUS. 

Baie dankie aan Lynette Puren van Tyler in Texas vir die een. 

Begin deur 1 groot knoffelhuisie en 2 of 3 knippies growwesout met ‘n stampertjie of die agterkan van ‘n lepel saam te moes tot jy ‘n pasta het. 

Sit die knoffel nou in ‘n bottel met ‘n deksel wat dig seel.

Voeg ¾ Koppie Karringmelk, 3 teelepels suurlemoensap, 1 eetlepel vars gekerfde pietersielie en 1 eetlepel fyn gekapte uie by. 

Skud hierdie mengsel tot baie goed gemeng.

Proe en voeg smaakmidells by soos verkies. 

Hierdie sous is baie dun. Om ‘n dikker sous te kry voeg  “n ½ Koppie mayonnaise by. Vir smaak verandering kan jy of suurroom of dik natuurlike joghurt byvoeg. 

Geniet !!!

18/12/10/09

TEXAS “MEATLOAF”.

Baie Dankie Lynette Puren – Tyler, Texas

Begin deur die vulsel te maak.

Braai 1 koppie gekerfde Sampioene en ¼ Koppie gekapte Ui tot deurskynend, Vewyder pan van stoof en voeg 250ml (1 koppie) Suurroom by. 

Nou die brood.

In ‘n groot mengbak meng die volgende baie goed saam.

500g Maalvleis

1 Koppie Hawermout

1 Geklitse Eier

1 groot blikkie (115g) Tamatiepasta

2 eetlepels Tamatiesous

2 eetlepels Worcestershire Sous

Sout en peper na smaak 

Verdeel mengsel in twee.

Plaas een halfte onder in ‘n broodpan en maak ‘n holte in die middle van die vleis in die lengte af. Die holte moet diep genoeg wees on die Sampioenevulsel in te kan sit.

Skep die Sampioenvulsel in die holte.

Plaas die ander halfte van die vleis bo-op en druk vas maar moenie dat vulsel uitloop nie. 

Bak vir  45 minute @ 190ºC, haal uit oond en laat 5 minute rus. 

Sny in skywe en bedien met gebakte eiers en groenslaai. 

Geniet !!!

11/12/09

AARBEI VOORGEREG 

Sny 200g aarbeie in kwarte 

OPDIENING: 

Kerf blaarslaai fyn en bedek ‘n slaaibord.

Pak 12 skywe parmaham op die bord.  Kan in rolletjies gemaak word.

Krummel 120 g – 150 g goeie bloukaas bo-oor

Sprinkel 80 g geroosterde neuter bo-oor

Skeur 50 g roketblare fyn en sprinkel bo-oor

Pak aarbeie bo-oor

Sny 12 geel geglasuurde kersies in kwarte en sprinkel oor

Bedruip liggies met olyfolie 

Alternatiewelik kan dit in individuele bakkies of slaaiblare bedien word 

Skeur 1 skyf parmaham per bakkie in repies.

Sny kaas in repies

Sprinkel neute bo-oor

Sprinkel roketblare bo-oor

Pak ‘n laag aarbeie

Sprinkel kersies 

Indien jy nie van bloukaas hou nie kan jy bokmelkkaas of Emmentaller of Maasdam of Colchester kaas gebruik.         

Geniet !!!

11/12/10/09

SPANSPEK VOORGEREG 

Vir die slaai: 

Meng 2 koppies spanspek (oranje en groen) balletjies

1 koppie mangoskywe (geblikte mandarien skyfies) Perskes of pruime

1 koppie komkommerblokkies

¼ rooi soetrissie vir kleur 

Sous: 

Meng 250ml griekse joghurt

1 teelepel suurlemoensap

2 teelepels heuning

3 teelepels gekapte kruisementblare 

Verkil 

Gooi slaaisous oor voor opdiening. 

Geniet !!!

11/12/09

Aspersie met “Wasabimayonaise”-slaai(voorgereg).

Blansjeer 1kg – dalk bietjie meer – Aspersies bietjies-bietjies vir 2 minute in vinnig kokende soutwater. Spoel onder KOUE water af en druk droog.  

Maak ‘n sous deur 1 Koppie mayonaise, 4 Teelepels soyasous, 2 Teelepels Suiker, 4 Teelepels Suurlemoensap en 2-3 Teelepels Wasabipasta te klits tot die suiker opgelos het.

Pak die aspersies op ‘n laag fyn slaaiblare en drup-drup die sous oor. 

As ‘n voorgereg

Sny slaaiblare in lang breë repe.

Pak Aspersies bo-op.

Bedek met sous.

Rol repe Parmaham/Garnale op en plaas bo-op.

Plaas dun skyfies Agurkies / Veselperske /Aarbeie tussen die ham.Garneer met halwe kersietamaties en lang blokkies komkommer.

Ø  Hierdie sous is heerlik op ‘n oop toebroodjie met blaarslaai, kouevleis, ens.

Ø  Smeer die sous oor gebakte groente.

Ø  Voeg gekapte uie, pietersielie, en bietjie kondensmelk of suurroom of joghurt of mayonnaise by en gebruik as ‘n slaaisous vir aartappelslaai of piesangslaai.         

Geniet !!!

11/12/10/09

MANGO, AVOKADO EN GARNAAL VOORGEREG. 

Maak ‘n slaisous deur:

50ml vars lemmetjie/suurlemoensap

30ml goeie olie

15ml suiker 

Skud saam tot suiker opgelos is en laat dit afkoel 

Kook 500g garnale 

Laat afkoel en meng die garnale met seekossous of 1000 island sous. 

Laat oortollige sous afloop en verkil. 

Kap 2 mangos en 2-3 avokado’s (afhangende van grootte) fynk/in blokkies/repies 

Kap 1 klein uitjie baie fyn 

Kap 5 pikante Rissies of skerp rissies fyn 

Meng, pak uit en geniet 

Indien jy nie garnale wil gebruik nie, vervang garnale met

pastrami in repies geskeur

‘Shaved’ Ham

Gerookte hoenderborsies in repies

Braaistuk (Roast) in blokkies/repies 

Geniet !!!

11/09/09

PASTA IN ‘N POT.

Kook 250g Elmboognoedels in soutwater tot amper al dente, dreineer en gooi terug in die pot.

Voeg so 3 of 4 teelepels botter of bakmargarien by die pasta en meng deur tot gesmelt en die pasta goed gesmeer is.

Klits nou 2 groot eiers en voeg dit by die noedels.

Voeg ¾ kopie melk, 1 teelepel rissiesous(na smaak), 1 teelepel mosterpoeier, bietjie knoffel en sout en peper by noedels.

Voeg ½ - 1 koppie gerasperde kaas en ‘n bietjie melk by.

Roer-kook vir so 3 – 5 minute tot lekker romerig.

Bedien met slaai.

18/09/09

ROOIBOSTEE SLAAISOUS.

Ek het die resep in die 80’er jare by ‘n vriendin in Clanwillian gekry. Dit bly maar ‘n ou staatmaker, veral by slaai wat vrugte in het.

Kook 45ml suurlemoensap, 45ml wit druiweasyn en 1 rooibosteesakkie saam vir so 3 minute.

Verwyder van die plaat en laat vir so 15 minute afkoel. Voeg 45ml sonneblomolie by en laat afkoel tot kamertemperatuur.

Klits nou 5ml mosterdpoeier, 10ml heuning en sout en peper by. Klits tot romerig.         

Geniet !!!

09/10/09

MIELIE EN BONESLAAI.

Maak eers die sous.

Smelt die volgende saam in ‘n potjie.

¼ koppie fyn appelkooskonfyt;

3 eetlepels suurlemoensap;

1 teelepel sout.

Laat afkoel tot kamertemperatuur en meng dan die volgende daarby in.

1 eetlepel olyfolie;

½ teelepel grof gemaalde swartpeper;

½ teelepel gemaalde gedroogde rissies.

Klits goed.

Meng die volgende bestandele saam in ‘n groot slaaibak.

1 Koppie gevriesde suikermielies wat ontdooi is;

½ Slaaiblaar – baie fyn gekerf;

1 Rooi soetrissie wat in blokkies gesny is;

2 eetlepels gekapte pietersieleie / koljander;

1 klein soetrissie (opsioneel)

1 Blik botterbone – gedreineer en afgespoel.

1 Blik “Red Kidney beans” – gedreineer en afgespoel.

Gooi die slaaisous oor en bedien met Frankfurters en Kerrie-eiers.

 Opsioneel kan blokkies (blou) kaas, agurkies,piekel uie, ens bygevoeg word.

Geniet !!!

 

00/00/09

KOOL IN ROOIWYN.

 Kerf ‘n kool van so ongeveer 1 kilogram fyn.

 Braai ‘n lekker groot ui met knoffel (na smaak) in botter tot deurskynend.

Voeg die kool by en krummel ‘n blokkie hoenderaftreksel by.

Meng goed deur, sit deksel op en kook teen hoë hitte vir 5 minute.

Meng intussen 400ml droeë rooiwyn met ‘n klein blikkie (65g) tamatiepasta.

Voeg die wyn by die kool, verminder die hitte en prut vir 30 minute met die deksel op.

Verwyder die deksel, verhoog hitte en kook tot die sous begin verdik.

Skud 2 teelepels Worcesterhire bo-op, geur met sout en peper en bedien as ‘n heerlike bykos.         

Geniet !!!

11/09/09

KAASBALLETJIES.

 ‘n Heerlike versnapering om vir die manne voor te sit terwyl hulle sport kyk of bietjie geur te gee aan ‘n uitpakbord.

 Rasper 180g Cheddarkaas en meng dit met 150g broodkrummels wat van ouerige brood gemaak is. (ek maak my broodkrummels in die voedselverwerker).

Meng ‘n ¼ koppie fyngekapte pietersielie in die mengsel in.

Geur met ‘n knippie neutmuskaat, knippie rooipeper en ‘n knippie sout.

Klits 3 Jumbo eiers en meng dit ook in die mengsel in

Maak balletjies en druk hulle effens plat – dan braai hulle vinniger gaar.

 Klits nog 1 of 2 eiers en hou dit in ‘n bakkie.

Rol die balletjies in bietjie meel en doop in die eier.

Braai in warm olie tot goudbruin en dreineer.

 Bedien met tamatiesous en/of mosterd. (Staan reg om die volgende mengsel aan te maak)        

Geniet !!!

09/10/09

TANNIE INA SE BILTONGSMEER.

 Kap 120g droeë biltong lekker fyn. Ek gebruik die voedselverwerker.

 Voeg 250g Maaskaas

         125ml Mascarpone kaas

         1 teelepel wonderpeper (horseradish) of wasabipasta

         1 teelepel knoffelpeper by

 Verwerk alles saam in voedselverwerker tot glad.

02/09/09

ROOISLAPHAKSKEENTJIES MET ROOIBOSTEE.

 Die resep kom uit “Skink en Skep uitgegee deur die Rooibosteeraad.

 Maak 250ml -1 Koppie lekker sterk rooibostee aan.

 Skil 1,5kg – 2kg klein uitjies.

 Voeg Rooibostee, 150g Sultanas, 125g Suiker, 250ml Witasyn, 114g Tamatiepasta, 50ml Kookolie, Knippie Sout en Rooipeper na smaak saam in ‘n kastrol en prut met deksel op vir 1 uur terwyl gedurig geroer word.

 Haal deksel af en laat verder prut tot sous verdik. As jy wil kan jy mielieblom met met bietjie water aanmaak en die sous daarmee verdik.

 Kook intussen uitjies in soutwater tot gaar.

 Skep warm uitjies in warm gesteriliseerde flesse en vul met sous. Maak seker dat al die lugblasies uit is. Verseël    

Geniet !!!

29/05/09

Lemoensous met Sjerrie. 

Heerlik saam met geroosterde varkvleis. 

  1. Was 1 Middelslag Lemoen deeglik.
  2. Met ‘n skerp messie skil die lemoen in repies maar maak seker dat jy nie van die wit saam afskil nie. Die wit maak die sous bitter.
  3. Sny nou die lemoenskil in dun repies en plaas in ‘n pot. Druk die sap van die lemoen in die pot uit maar maak seker daar is nie pitte in nie.
  4. Voeg 250ml Hoenderafteksel by.
  5. Sit deksel op en prut vir 15 tot 20 minute tot die lemoenskil lekker sag is.
  6. Voeg 50ml Sjerrie, 1 eetlepel Aarbeikonfyt, knippie sout en Swartpeper na smaak by en prut vir ‘n verdure 5 na 7 minute.
  7. Meng intussen 15ml (1 x eetlepel) Mielieblom met bietjie water om ‘n pasta te vorm.
  8. Voeg Mieleiblom by sous en kook tot sous lekker dik is.

Geniet !!!

29/05/09

Gevulde Uie met Heuning. 

Kook 6 x Groot Uie in soutwater tot sag maar nie pap nie.

Skep die uie uit die water uit met ‘n gaatjieslepel en dreineer. 

Maak intussen die vulsel.

  • Braai 125g Ontbytspek lekker bros in bietjie olie en kap fyn.
  • Kap genoeg vars Koljander fyn om 2 x Teelepels te gee en voeg by ontbytspek.
  • Voeg ‘n Knippie Rooipeper by.
  • Krummel 1 Wiel Fetakaas by.

Waneer die uie uit die pot uitkom verwyder die middelste kern (omtrent 2,5cm – afhangende van die groote van die ui) van elke ui met die steel van ‘n teelepel en kap dit fyn.

  • Voeg die ui by die vulsel.

Skep nou die vulsel in die uie in. Druk die vulsel lekker styf in. Die vulsel moet so ‘n bergie bo-op maak.

Plaas die uie op ‘n bakplaat en drup Heuning op elke ui.

Bak die uie onder die oond se rooster vir 10 – 15 minute terwyl daar elke kort-kort ‘n paar druppels heuning opgedrup word.         

Geniet !!!

 

29/05/09

Sampioenroomsop met Paprika. 

Kap sowat 200g Knopiesampioene fyn.

Smelt 75g Botter in ‘n lekker groot pot en roer die sampioene by en braai vir so 3 minute tot sampioene lekker sag is.

Roer nou 25g Koekmeel by, roer goed en braai vir minstens ‘n minuut.

Verwyder nou die pot van die plaat af en voeg 250ml Hoenderaftreksel en 500ml Melk STADIG by.

Voeg 5ml Gerookte Paprika by.

Sit pot terug op die plaat en bring tot kookpunt. Kook tot sop tot dik en romerig is terwyl GEDURIG GEROER word.

Voeg nou 20ml Suurlemoensap, Sout en Peper by en prut vir 10 tot15 minute met die deksel op.

Meng intussen 30ml Room met 1 eiergeel tot glad.

Haal nou die sop van die stoof af, neem 1 eetlepel van die sop en meng dit in die roommengsel in.

Meng nou die roommengsel deeglik terug in die sop in.

Garneer met fyngekapte Pietersielie en bedien dadelik met brood of croutons.  

Geniet !!!

24/04/09

Avokado, Mango-en Shrimpslaai.

Dreineer 1 Blikkie Mangos en hou die stroop.

Kook 500g Shrimps wat klaar afgedop is gaar.

Maak nou die slaaisous deur 50ml Suurlemoensap, 30ml Olie, 15ml mangostroop, knippie Mosterdpoeier en 1 Teelepel Gedroogte Kruisement saam te meng. 

Sny die Mangos fyn.

Skil en sny 2 Avokados in repe en sprinkle met Suurlemoensap.

Kap 1 Meduim Ui fyn.

Kap ‘n handvol Piertersielie/koljander fyn.

Meng alles liggies saam en gooi slaaisous oor. 

Laat staan in yskas tot goed afgekoel.         

Geniet !!!

17/04/09

Visfrikkadelle.

  • Week 6 Snye Witbrood in water of melk.
  • Trek die velle van 1kg Witvis(Stokvis) af en maak fyn met ‘n vurk. Jy kan ook ‘n voedselverwerker gebruik.
  • Kap 1 ui fyn.

Druk die brood droog en breek fyn. Meng nou die Vis, Brood en Ui saam.Voeg  1 Teelepel Gekneusde Knoffel, 1 Eetlepel Gedroogde Pietersieleie, 2ml Neutmuskaat, sout en witpeper na smaak en 1 Geklitste Eier by en roer alles goed deurmekaar. 

Vorm balletjies en druk hulle so effens plat. 

Braai die Frikkadelle in vlakolie oor matige hitte tot gaar. Laat afloop op kombuispapier.         

Geniet !!!

24/04/09

Ham-en Sampioentert. 

Baie dankie aan my niggie Hester vir hierdie heerlike resep.

Maak gou ‘n kors deur ½ Koppie Gerasperde Goudakaas, ½ Koppie Koekmeel en ½ Koppie sagte Botter te meng.

Druk die mengsel vas in ‘n 20cm x 30cm oondbak. 

  • Kap 250g Hamrol in klein blokkies.
  • Kap  3x 250g Pakkies Sampioene en 1 Groot Ui fyn.
  • In bietjie Olie braai Ham Ui en Sampioene en 1 Teelepel Gekapte Knoffel saam tot gaar en gooi oor tertkors.
  • Sprinkel met Rooipeper.

Maak nou die vulsel

  • Rasper 250g Kaas.
  • Klits 3 eiers.
  • Klits 250ml Room styf.
  • Meng Room en Eiers.

Gooi nou die Kaas oor die Ham en Sampioen mengsel.

Gooi die Eier-en roommengsel bo-oor. 

Bak vir 45 minute @ 180º C.

Bedien warm.          

Geniet !!!

Bloukaas Pasta. 

Hierdie is ‘n heerlike warm gereg maar kan ook as ‘n koue slaai voorgesit word. Ek gebruik min Bloukaas in die resep maar as jy van ‘n lekker sterk Bloukaas geur hou kan jy dubbel soveel Bloukaas insit. 

Kook 250g Noedels (Skulpies of Elmboogies werk goed) gaar, dreineer, spoel goed af en hou warm.  

Gooi die volgende in ‘n pan met ‘n deksel:

  • 125g Gekapte Gebraaide Ontbytspek of Salami
  • ½ Gekapte Soetrissie
  • 1 Klein Gekapte Uitjie
  • 2 Gekapte Agurkies
  • ½ Baie Fyn Gekapte Selderystingel
  • ¼ Koppie Mayonaise
  • 125ml Suurroom
  • 60g Bloukaas
  • Handjie vol Fyn Gekapte Pietersielie of Kruisement.

Bring die mengsel stadig tot net onder kookpunt en gooi dadelik oor pasta

Geniet !!!

Cioppino Pasta. 

Die geheim is in die sous. Daar is geen kortpad nie. Die sous moet ‘n lang tyd prut maar dis die moeite werd. 

Maak eers die sous: 

Kap 2 uie, 1 Groot Soetrissie en 2 Selderystingels fyn en gooi saam met 1 Gekneusde Knoffelhuisie in ‘n pan met ‘n deksel. Geur met ½ Teelepel Rissiepoeier, en Sout. (Ek gebruik sommer 1 teelepel van Ina Paarman se “Chilli & Garlic seasoning”), 2 Eetlepels elk vars Basieliekruid en Oreganum (of ½ Teelepel elk gedroog). Braai alles saam in bietjie olie vir ± 7 minute. Voeg nou ¾ Koppie Droeë Witwyn by en prut met deksel op vir 20 – 25 minute tot alles lekker sag is. 

Voeg nou 1 Blikkie (115g) Tamatiepasta en 3 eetlepels Tamatiesous by en prut nog 15 minute.

 

Kook nou 250g Noedels tot gaar en hou warm. 

Ontdooi intussen 500g “Marinara Mix” of Garnale (net die vleis – geen kop of dop nie. “Prawn Meat” werk ook) of Witvis in stukkies gesny en spoel goed af onder lopende koue water. Droog goed af. 

Voeg nou die vis by die tamatiemengsel en prut vir 7 minute tot vis gaar is. MOENIE DIE VIS DOOD EN DROOG KOOK NIE.  

Voeg net voor opdiening 1 Pakkie aangemaakte Pastasous by Tamatiesous -en Vismengsel. Ek is lief om “Creamy Pesto-sous” te gebruik saam met die resep. Die pastasous kan met 125ml Room vervang word.  

Skep sous oor pasta.  

Geniet !!!

Cioppino Premier. 

Ons maak eerste die tamatiesous basis. 

Braai in bietjie olie tot sag en uie deurskynend is:

·        2 Knoffelhuisies – Lekker gekneus

·        1 Klein uitjie – Fyn gekap

·        2 Wortels – Dun gesny

·        1 Soetrissie – In repies gesny

·        1 Selderystingel wat lekker fyn gekap is 

Voeg nou by die mengsel 1 Teelepel elk van die volgende droeë kruie:

·                    Basiliekruid

·                    Oreganum

·                    Pietersielie 

En ½ Teelepel elk Naeltjies en 1 of 2 Lourierblare. Braai bietjie tot jy die speserye kan ruik. 

Voeg nou 4 eetlepels Witwyn, Skerp Rissiesous na smaak, 2 Eetlepels Rooi Wynasyn en “n Paar skutte Worsterhiresous by en meng goed. Voeg nou 1 Blik Medterainian Style Tamaties en 1 Koppie Hoender(vis) aftreksel by en prut stadig vir minstens een uur. 

Afhangende van smaak en beskikbaarheid voeg drie of vier van die volgende by. Indien gevriesde vis gebruik word moet die vis eers ontdooi word.

  • Witvis in happies gesny
  • Garnale – Gedop en Skoongemaak (“Prawn Meat werk goed)
  • Mossels – Haal die mossels wat nie oopgaan nie uit
  • Calamari – Steks in blokkies gesny of ringe
  • “Crabstix”
  • Marinara Mengsel

Plaas vis onder in skottel en voeg nou die Tamatiesous by en prut tot gaar. Die geheim is, net soos by Potjiekos om die vis wat die langste neem om gaar te word eerste in te sit en vis soos Calamari, Crabstix en Marinara wat net ‘n paar minute  nodig het, kom laaste in.

Bedien op roosterbrood met ‘n slaai.         

Geniet !!!

FOCACCIA PLATBROOD. 

·        In ‘n lekker diep mengbak meng 1½ Koppies Meelblom, 2 Eetlepels Suiker, 1 Pakkie (10gr) Kitsgis en ‘n ½ Teelepel Sout.

·        Meng 1 Koppie Louwarm Water met 2 Eetlepels Kookolie en voeg by droeë bestandele.

·        Klits/ Roer stadig tot die deeg elasties is en van die kante van die bak af wegtrek.

·        Roer / klits (moenie knie nie) genoeg meel by (± 1¼ Koppies) om ‘n lekker sagte deeg te vorm en laat rus vir 10 minute.

·        Verdeel die deeg nou in halfte.

·        Gebruik ‘n 30 cm plat, gesmeerde pan en druk een halfte van die deeg op hom uit.

·        Smeer die deeg ordentlik met goeie kookolie. 

Die deeg is genoeg vir 2 x 30cm borde of 4/5 gewone opdienborde. Ronde metaalskinkborde werk ook goed. 

Nou kom die lekker goed wat bo-op geplaas word en hier kan jy jou verbeelding (of wat in die yskas is) laat loop. 

My gunsteling is ½ Soetrissie (dun repies gesny), ‘n paar skyfies Salami, ‘n paar Ontpitte Olywe in die halfte gesny, Gekneusde Knoffel, ½ Teelepel Gedroogde Basieliekruid, ½ Teelpel Rooipeper en ‘n ½ Koppie Mozzarellakaas. 

Tamatie, Pynappel, Anjovis, Uie, Agurkies, ens, ens is alles moontlikhede. 

Bak nou jou brood @ 220ºC vir ongeveer 12 -15 minute of tot deurgaar.        

Geniet !!!

 

PANZANELLA (ITALIAANSE BROODSLAAI). 

  1. Verhit jou oond tot 120ºC.
  2. Sny ‘n Italiaanse Brood in 1cm blokkies en droog die brood tot lekker bros op ‘n bakplaat in die oond.
  3. Verhit nou jou oond na 180ºC.
  4. Plaas 300gr Rosa/Kersie Tamaties in ‘n oondbak en bedrup met Olyfolie.
  5. Bak nou die tamaties in die oond vir 10 tot 15 minute – net tot die skilletjies begin bars. Verwyder en skakel die oond af.
  6. Terwyl die tamaties bak sny jy 1 Geel-en 1 Groensoetrissie in 1cm bloke.
  7. Meng nou al die drie bestandele saam.
  8. Voeg 10 Ansjovisfillette en 3 Eetlepels Kappertjiesaad (capers) by.
  9. Sny 2 Rooi-uie in dun skyfies en voeg by.
  10. Voeg Sout en Peper by na smaak.
  11. Bedek met 75ml Olyfolie en 45ml Rooiwyn-asyn by en meng goed.
  12. Laat staan vir minstens ‘n uur terwyl af en toe geroer word sodat die smake kan meng en die brood kan sag word in die sous.

Geniet! !

 RISOTTO MET CALAMARI & TAMATIE. 

Begin met die sous. Ek gebruik sommer gevriede Calamariringe.

  1. Ontdooi 500g Calamari en spoel goed af. As jy verkies kan jy die ringe kleiner sny maar ek verkies hom heel.
  2. Braai ‘n halwe Ui in botter tot goudbruin en voeg die Calamari by.
  3. Waneer die Calamari deurwarm is voeg 1 blik (410gr) Tamaties wat lekker fyngekap is en 200g Sampioene wat in repies gesny is by. Geur met Sout en 1 Teelepel Gedroogde Tiemie en laat stadig prut.

Berei intussen 1 Liter Groenteaftreksel voor en hou warm. 

Nou die rys.

  1. In ‘n ander kastrol braai ‘n Halwe gekapte Ui en 1 Selderystingel wat lekker fyn gekap is in 2 Eetlepels Olyfolie of Botter tot sag.
  2. Voeg nou 1½ Koppies Risotto Rys (Arborio of Carnaroli) by en roerbraai vir 3-5 minute tot rys deurskynend is.
  3. Maak ½ Koppie Droeë Witwyn warm en voeg by rys.
  4. Roerbraai gedurig en sodra die wyn weggekook het voeg een groot lepel van die aftreksel by. Hou aan roer.
  5. Sodra die aftekksel amper weggekook het voeg die Calamari en Tamatiemengsel by.
  6. Hou aan roer en voeg aftreksel by en kook tot die rys “al dente” stadium bereik het.
  7. Sit plaat af, voeg 1 eetlepel Botter, halwe koppie gerasperde kaas en ‘n stewige skootjie room by.
  8. Bedek en laat staan vir ‘n paar minute.

Geniet! !

Salasa-wors Lasagne. 

Neem 500gr Worsies (Vark, Ontbyt, Boere) en haal skilletjies af. 

Braai worsvleis in bietjie olie tot gaar. Breek vleis fyn met ‘n vurk terwyl jy braai.

Voeg 2 blikkiies Meksikaanse tamaties (Salsa) by worsies. Prut vir so 5 minute en haal van plaat af.

In ‘n mengbak meng 1 geklitste Eier met 2 koppies ricotta kaas, 1 teelepel fyn komyn(cumin), 1 teelepel vars gekapte rissies(half teelepel rissiepoier) kwart koppie vars koljander.

Smeer ‘n kleinerige oondbak. Gooi halfte van die worssalsa in die bak, en bedek met tortillas. Smeer halfte van die Riccottamengsel oor Tortillas. Herhaal lae. Rasper Cheddarkaas bo-op

Bak bedek vir 35-40 minute @ 180 C. Vewyder deksel en bak nog 10-15 minute tot die hele bak borrel.

Laat so 10 minute staan voor jy bedien.   

Geniet !!!

SJOKOLADE KAASKOEK. 

Maak ‘n beskuitjiekors van 200g Romany Creams  wat gekrummel is en 125g Gesmelte Botter en druk ‘n groot Tertbord daarmee uit.

·        Meng 1½ Bakkies (375g) Roomkaas met 75g Strooisuiker en klits tot romerig.

·        Smelt 100g (1 blok) Bournville Sjokolade in 125ml Melk en laat effens afkoel.

·        Voeg die Sjokolademengsel by die Roomkaasmengsel.

·        Voeg ½ Teelepel Lemoen-of Rum- of Vanieljegeursel by

·        Smelt 20ml Gelatien (2 Pakkies) in bietjie kookwater en roer by mengsel.

·        Klits 250ml Room styf en meng halfte van die room in die mengsel in.

Plaas in yskas en laat stol. 

Smeer die ander halfte van die room bo-op en rasper 50g Top Deck  bo-oor.        

Geniet !!!

SJOKOLADEMOUSSE VIR ‘N KONING. 

  • Breek ‘n 200g blok Bournville Sjokolade in blokkies en smelt oor lae hitte of in die mikrogolfoond.

·        Meng 2 Teelepels Koffiepoeier met 250ml Room in ‘n kastrolletjie en bring tot net onder kookpunt. Verwyder van hitte en voeg die Sjokolade by.

·        Voeg nou 4 Eiergele en 40ml Koffielikeur by.

·        Plaas die mengsel terug op die plaat en klits stadig tot die mengsel net wil begin kook.

·        Plaas mengsel in die yskas en laat heeltemal afkoel. 

Nou kom die belangrikste deel.

Haal die mengsel uit die yskas en klop die mengsel vir minstens 5 minute met ‘n elekrieseklitser tot die kleur effens ligter word en die mousse dikker begin word maar lig en donserig is. 

Meng nou 2 Flakes wat rof gekrummel is by.

Bedien in opdienbakkies / glase en garneer met Room en Stukkies Flake.

Geniet !!!

Warmbrak ete. 

Braai twee lekker uie in ‘n pan. Voeg 1 teelepel suiker by om te karameliseer. Hou eenkant warm. 

In die pan meng jy 90 ml Soetrissiesous, 60 ml aangemaakte soet mostert, 30 ml Mayonaise, 50 ml Gekapte Agukies en roer terwyl jy dit stadig verhit. 

Maak worsies warm.

Neem ‘n lang brood soos bv ‘n Franse brood en sny hom bolangs oop maar nie deur nie. Plaas genoeg Frankfurters wat warm gemaak is in gleuf en gooi relish bo-oor.

Geniet !!!

 

Met  besoekers op ons webwerf, kan jy ook die blootstelling geniet deur hier te adverteer.  Kontak ons bemarkers by lianna@radiolaeveld.co.za

 

Ons kompetisie - KopSkrop - Bly ingeskakel op Radio Laeveld vir lekker groot kontantpryse wat gewen kan word - Maandag tot Vrydag - Elke week ! 

 

 
 

 


  Ons gereelde ondersteuners  :   
 

 

 
     
 

 

 
   
 

 

 
   
 

 

 
 

 
 

 

 
 

 

 
     
 

 
     
 

 

 
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
   

Argief Resepte 2009

Argief Resepte 2008

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
 
Kopiereg  © , Radio Laeveld. Alle regte voorbehou.Webtuiste ontwerp en gehuisves deur "InternetiX Internet and Network Solutions" Kontak vir Danie Joubert by 082-467-3434 vir jou webtuiste.