ls
het nie. Smaakmiddels kan na smaak bygevoeg word en niks keer
jou om soetrissies of sampioene by te voeg nie.
Kook 2
pakkies “2 Minute Noodles” vir 5 minute tot gaar en hou eenkant.
Braai
intussen 2 lekker groot gekapte Uie tot sag. Gooi nou die uie by
die Noedels
Voeg nou
3
eetlepels Blatjang
2
eetlepels Soet Rissiesous
2 blikkies
Tuna
en
1 koppie Kaas by.
Roer alles goed deurmekaar en gooi in ‘n gesmeerde
oondskottel en maak mooi gelyk.
Maak nou ‘n slapkorsdeeg deur 3 eiers en ½ koppie
saam te klits. Roer nou 2 hoogvol koppies koekmeel by. Gooi die
deeg oor die tert en bak vir 30 minute @ 180ºC of tot gestol.
Geniet !!!

18/06/10
GEURIGE BEESVLEIS.
Vinnig en maklik met ‘n unieke smaak. Kan op rys, as ‘n
pastasous of ‘n vulsel vir ‘n aartappel gebruik word.
Vir jou
vleis beveel ek ‘n goeie snit aan wat in repies gesny word maar
as jy mooi stowevleis in die hande kan kry kan jy die stowevleis
in blokkies sny. Oppas net vir te veel vet. Swakker snitte moet
ook langer prut om die vleis sag te kry.
Braai
sowat 750g beesvleis, repies of blokkies tot bruin en goed
geseël aan alkant.
Braai 2
gekapte uie, 1 gekapte Soetrissie en 2 teelepeltjies gekapte
knoffel in dieselfde olie en sappe vir ‘n paar minute.
Strooi nou
2 teelepels Mielieblom oor en roer tot die mielieblom
geabsorbeer is.
Voeg nou 1
blik Klappermelk (410g), 3 eetlepels grondboontjiebotter en 2
eetlepels baie fyn gekapte koljanderblare by en geur na smaak.
Bring tot
kookpunt en prut 15 minute met die deksel op en dan nog 10
minute sonder die deksel.
Bedien
warm saam met rys, pasta of gebakte aartappel.
Geniet !!!
25/06/10
BOTTERSKORSIE EN BILTONGSOP.
Gooi die
volgende in ‘n pot.
2 Gekapte
Uie,
2 Gekapte
Knoffelhuisies,
3 Granny
Smith appels geskil en in blokkies gesny,
2 Meduim
geskilde aartappels in blokkies gesny,
2
Botterskorsies, geskil en in blokkies gesny,
½ teelepel
Kerriepoeier, sout en peper
en
2
Hoenderaftrekselblokkies opgelos in 750ml water.
Kook alles
saam tot gaar en sag. Jy kan die sop fynmaak met jou
kapokaartappelmaker indien jy van ‘n van ‘n fyner sop hou.
Voeg 100ml
Bulgaarse Jogurt by net voor opdiening.
Geniet !!!

25/06/10 BILTONGSOP.
Begin deur
‘n Biltongaftreksel te maak. Indien jy haastig is kan jy
beesvleisaftreksel van ‘n blokkie maak maar die smaak is nie
dieselfde nie.
Neem ‘n
stuk nat beesbiltong – sonder vet- wat so 8cm lank is, rasper
dit fyn en voeg 1,5 liter water by. Prut met die deksel op vir
30 -45 minute.
Smelt 125g
Botter of Bakmargarien in ‘n pan voeg 1¼ koppie koekmeel by en
roerbraai vir so 3 minute. Voeg nou 2 koppies Melk bietjies
bietjies by en bring tot kookpunt. Hou aan roer om klonte te
vermy.
Voeg nou
jou aftreksel, ¼ teelepel neutmuskaat, ¼ teelepel koljander en
‘n ¼ teelepel kaneel by ( Jy kan al die bogenoemde bestandele
vervang met ‘n ¾ teelepel Wonderpeper [“All Spice”].)
Sny nou
jou biltong ‘n dun skywe en sny dan elke skyfie in drie. Ek sê
altyd ek verkies twee klein stukkies biltong op my lepel as een
groot stuk wat oor die rant hang maar smaak verskil. Jy kan ook
biltongpoeier gebruik maar ek verkies die stukkies.
Jy het
omrtent (na smaak) 1 koppie biltong nodig. Voeg nou die biltong,
200ml Room en 50ml Sjerrie – daai ou bruines - by en bring
stadig tot kookpunt. Laat prut vir 10 minute, voeg ¾ koppie blou-
of cheddarkaas by en verwyder van hite.
Bedien
saam met tuisgemaakte brood.
Geniet !!!
04/06/10
WILDEBEESKASTAIINGS.
Maak gou
die deeg.
Sif 300g
Koekmeelblom, 12,5ml Bakpoeier en 2ml Sout saam.
Frummel 2
eetlepels sagte Botter in die meel in. Dit moet soos sagte
broodkrummels lyk.
Klits 2
Eiers en 200ml Melk saam en roer dit by die meelmengsel om ‘n
deeg te vorm. As die deeg te styf is kan jy bietjie melk by roer.
Deel die
deeg in 6 gelyke dele.
Rol elke
blokkie deeg uit na 20cm x 30 cm. Dis omtrent die grote van ‘n
broodplank. Die deeg moet lekker dun wees.
Smeer
gesmelte Botter of Bakmargarien op die deeg en sif ‘n lagie
meelblom oor.
Pak al 6
velle opmekaar.
Rol nou
die 6 lae uit tot 30cm x 40cm, of selfs bietjie groter. Die deeg
moet lekker dun wees.
Rol nou
die deeg in die lengte styf op om ‘n lang wors te vorm. Maak
seker die punte van die wors is goed vas sodat dit nie afrol as
dit gebraai word nie.
Sny nou
die wors in 2cm skyfies.
Braai ‘n
paar op ‘n slag in matige diep Olie en druk dit in die stroop.
Laat die olie eers weer warm word voor die volgende wielietjies
in gesit word anders suig die deeg olie.
HIER
VERSKIL MENSE. DIE MALEIERS SÊ DIE STROOP MOET WARM WEES ANDER
MENSE VERKIES WEER KOUE STROOP. BESLUIT SELF.
Die stroop.
Smelt 1
koppie Suiker in 1 koppie Water, 10 ml Suurlemoensap en 25ml
Gouestroop oor matige hitte. Kook dan vir 7 minute weer oor
matige hitte tot die stroop begin dik word. Ek is baie life om 1
teelepel gerasperde Naartjieskil ook by te voeg.
Geniet !!!

04/06/10
STORMJAERS.
Sif 4
koppies Koekmeel, 15ml Bakpoeier en 1 teelepel Sout saam.
Klits 3
Eiers en 1 koppie Suiker saam en klits dan 375ml(1½ koppies)
melk stadig by. Roer 250g Rosyntjies in en roer dan die
meelmengsel by om ‘n deeg te vorm.
Skep
teelepels vol in matige diep olie en braai aan die eenkant tot
bruin en draai dan die koekie om en braai die anderkant tot
bruin.
Skep uit
en sif versiersuiker oor.
Geniet !!!

21/05/10
PASTA VAN SPINASIESTINGELS.
Ons gooi gewoonlik die wit stingels van spinasie weg maar ons
voorouers het in die maar jare niks weggegooi nie. Die pasta
resep is ontwikkel uit ‘n groente gereg uit.
Neem die
stingels van 1 bossie Spinasie en sny fyn.
Braai die
stingels nou saam met 2 gekapte uie en 250g Ontbytspek of
Hoenderborsies in bietjie botter. Waneer amper gaar roer so ‘n
lepel meelbom by en braai tot bottersous dik is.
Voeg nou
of room of ‘n pakkie pastasous wat aangemeek is by.
Vinnig
maar lekker !
Geniet !!!

21/05/10
MIELIEPAPBALLE.
Die resep
is baie veelsydig. Deur verskillende geure blikkies tamaties,
verskillende geure soppoeier en met kaas en verbeelding te speel
tower jy elke keer ‘n nuwe wenner op.
Maak
slapperige stywepap.
Voeg 1
blik Heelpitmieleis, 1 Eetlepel Botter of Bakmargarien en 200g
baie fyn gekapte Biltong by. (I.p.v. biltong kan fyn gekapte
grondboontjies bygevoeg word)
Laat
effens afkoel.
Maak nou
‘n sous deur:
1 blikkie
Tamatiesmoor of gegeurde fyngekapte Tamaties en ‘n gekapte ui,
200g
gesnyde Sampioene of 1 groot blik Ingemaakte Sampioene en 1
pakkie of Sampioenroomsop of Tamatieroomsop of Beesstertsop,
aangemaak volgens die aanwysings op die pakkie, by. Vervang
halfte van die water met Melk om die sous romeriger te maak.
Geur met
Peper en kook vir 10 minute.
Vorm nou
balletjies van die pap en plaas hulle in ‘n gesmeerde
oondskottel. Gooi die sous oor en bak vir 20 minute @ 180
º C.
Vir ekstra smaak kan Kaas oor gerasper word.
Geniet !!!

21/05/10
Maak ‘n
kors deur 1 pakkie Mariebeskuitjies wat fyn gemaak is met 65g
gesmelte botter te meng en teen jou terbak se binnekant vas te
druk.
Skei 3
eiers.
Voeg die
Eiergele by 1 blik Kondensmelk, 150ml Suurlemoensap en 5
druppels Vanieljegeursel. Klits goed saam.
Klits nou
die Eierwitte styf en vou by mengsel in. Skep in tertkors en bak
vir 15 – 20 minute @ 180º
C.
Geniet !!!

21/05/10
LEMOENSLAAI.
Skil 6
tot8 Lemoene (afhangend van die grote van die lemoene) en
verwyder die wit.
Sny nou
die Lemoene in 3 of 4 dik skywe en dan weer in kwarte of nog
kleiner. Verwyder die pitte terwyl jy sny. Werk oor ‘n bak want
die sous wat mors will ons nou nou gebruik.
Pak die
lemoene in lae en strooi suiker oor elke laag. Die lemoene wil
minstens ‘n halfuur so in die suiker week. Hoe langer hoe beter.
Maak
intussen die sous.
Kook 175ml
water en 2 eetlepels Botter of Bakmargarien daarby in.
Maak 30ml
Vlapoeier in bietjie water aan en as die water lekker vinnig
kook roer dir vlapoeier vinnig by en roer dadelik om klonte te
voorkom.
Voeg nou 5
druppels Vanieljegeursel en 2 eetlepels Kondensmelk by en kook
tot sous lekker styf is. Begin eers met net een lepel
Kondensmelk en hou aan proe tot jy die regte smaak het. Die sous
is reg as jy nie of Vla of Kondensmelk kan proe nie. Die geheim
is mense moet nie kan raai wat in die sous is nie.
Skep nou
die sap wat gemors het en die lemoen/suikersous wat onder in die
lemoene lê by.
Roer goed
deur, laat effens afkoel en gooi oor lemoene. Plaas in yskas en
bedien koud.
Geniet
!!!

21/05/10
UITPAK-GROENTE GEREG.
Die geheim van die gereg is die verskillende vorm, tekstuur en
smaak van elke groente. Dis eintlik 4 disse in een bak.
Die lekker van die gereg is dat alles vooraf berei kan word en
dan net voor opdiening warm gemaak word.
Die hoeveelhede sal natuurlik van die aantal mense afhang.
Neem 1
eiervrug skil, sny in in skywe, gooi sout oor en laat halfuur lê.
Spoel goed af onder lopende water, druk droog en braai in
bietjie olie of botter tot bruin en gaar en sit op kombuispapier.
Smeer elke skyf met ‘n lekker lagie Soetrissiesous.
Sny jou
murgpampoentjies in lang repe en braai in bietjie botter tot
amper gaar. Jy wil nie pap groente hê nie. Sprinkel bietjie
‘geelsout’ of kaneelsuiker oor.
Sny jou
patats in vingers – soos vir aarappelskyfies en roerbraai in
bietjie botter tot gaar en mooi bruin. Gooi bietjie heuning oor.
Sny
Sampioene in die halfte en braai in bietjie knoffelbotter tot
bruin en gaar.
Pak jou
groent uit op ‘n platbord en maak warm voor jy dit wil bedien.
Garneer die bord met tamatieskywe, gekookte eier wat in wiele
gesny is en pietersielietakkies.
Die
verskillende kleure van die garneering is belangrik want die
groente is almal maar effens bruinerig. Pak sommer ‘n paar
kappertjie blomme of enige helder kleur blom op die bord.
Geniet !!!

12/03/10
SKELVISTERT.
Rol ‘n vel
gekoopte deeg wat ontdooi is dun uit. Plaas in ‘n gemeerde
tertbak, prik die deeg baie goed met ‘n vurk om te keer dat die
deeg rys.
Bak die
kors vir 20 minute @ 180ºC.
Kook 600g
Skelvis in melk vir 7 minute tot gaar.
Vlok die
vis.
Klits 4
Eiers, 250ml Room, ‘n handvol gekapte Pietersielie, Swartpeper
en Roosmaryn-en Olyfspesery saam.
Voeg die
vis by.
Gooi die
mengsel in die kors en bak @ 180ºC vir 20 minute of tot die eier
gestol is.
Rasper
bietjie kaas oor 5 minute voor die tert uit die oond kom.
Geniet !!!

12/03/10
SKELVIS MET WYN-EN KAASSOUS.
Kook 750g
Skelvis in water vir sowat 7minute. Dreineer en hou 150ml van
die water vir die kaassous.
Maak nou
die kaas-en wynsous.
Voeg 200ml
Droeë Witwyn by die 150ml water waarin die vis gekook is.
Smelt 30ml
Botter in ‘n pan.
Voeg 30 ml
Meelblom by en roer deeglik.
Voeg die
vloeistof bietjies bietjies by terwyl gedurig geroer word.
Waneer die
sous lekker dik is stel die hitte af en voeg 1 Koppie gerasperde
Cheddarkaas, 50ml Parmesaankaas, 1 teelepel Gerasperde
Suurlemoenskil, 1 teelepel Mosterdpoeier, 1 teelepel Gedroogte
Pietersielie en ‘n stywe knippie Rooipeper by.
Roer goed
deur.
Plaas nou
die vis netjies onder in ‘n gesmeerde oondskottel. Skep die sous
bo-oor.
Bak vir 10
minute @180ºC.
Sprinkel ½
koppie varsbroodkrummelsbo-oor en plaas onder die rooster tot
goudbruin.
Geniet !!!

05/03/10
SKELVIS MET KAPOKAARTAPPELPASTEI.
Kook 6
Aartappels tot gaar en skil. Maak fyn met bietjie melk en
botter.
Kook 600g
Skelvis in 250ml Melk tot vis gaar is. Hou die melk.
Breek die
vis in stukkies en meng met 1 koppie gevriesde Ertjies.
Smelt 20ml
Botter in die pan. Roer 20ml Koekmeel by en roer tot goed gemeng.
Roer die melk waarin die vis gekook is by terwyl gedurig geroer
word. Geur met Pietersielie en Paprika.
Plaas vis-en
ertjie mengsel onder in ‘n oondvaste bak.
Skep die
sous bo-oor.
Bedek met
kapokaartappels.
Bak @ 180ºC vir ‘n paar minute tot goudbruin.
Geniet !!!

12/02/10/
KORSLOSE HOENDERPASTEI MET CHIPS.
Hierdie is net ‘n basiese resep. Groente of wat in die kaas is
kan bygevoeg word en geurmiddels moet elkeen maar byvoeg na
smaak. Ek is baie lief om bietjie Rooipeper by te voeg.
Kook ongeveer 1,5kg Hoender gaar in soutwater. Ontbeen en sny in
blokkies. Hou die aftreksel.
Kook 2 Eiers hard, dop af en sny fyn.
Druk twee klein pakkies aartappelskyfies fyn.
Maak ‘n pakkie Sampioensoppoeier aan soos per instruksies op die
pakkie maar gebruik halfte melk en halfte water.
Kap 1 of 2 Uie fyn en braai met ‘n pakkie sampioene tot net gaar.
Nou is die harde werk klaar.
Meng nou al die boonste bestandele saam en voeg daarby:
1 koppie gaar Rys.
1 koppie gevriesde Ertjies of Mielies.
1 blikkie Sampioenroomsop of 1 koppie Mayonaise.
1 of 2 stingels Seldery wat goed gestring is.
Plaas nou die mengsel in ‘n oondbak. Indien die mengsel baie
droog is voeg van die hoenderaftreksel by.
Die pastei kan op die stadium net so gevries word.
Pak ‘n lekker laag gerasperde kaas bo-op en bak vir 10 – 15
minute @ 200º C
NS.
Ø
Ek het die
pastei al gevries nadat hy gebak is. Hy was bietjie waterig
nadat hy ontdooi het maar was heel eetbaar.
Ø
Die pastei
kan natuurlik baie maklik in induviduele porsies gemaak word.
Geniet !!!

05/03/10/
HEUNING EN LEMOENPATATS.
Hierdie
resep werk op sy beste met lekker groot patats.
As jy wil
kan jy die patats met ‘n groenteskiller skil maar ek skrop die
patats net bietjie met ‘n potskuurder.
Sny die
patats nou in lekker dik skywe of as dit kleinerige patas is net
middeldeur in die lengte af en rangskik die patats dan in ‘n
gesmeerde oondskottel.
Smelt nou
2 Eetlepels Botter of Bakmargarien en voeg ‘n ½ Koppie Heuning
by en meng goed. Voeg nou ‘n ¼ Koppie Lemoensap en 2 Eetlepels
Brandewyn by en gooi die sous oor die patats.
Sprinkel
fyn gemmer en bietjie sout oor die patats.
Bak vir
sowat ‘n uur of tot patats gaar is by 160ºC. Terwyl die patats
bak skep mens die hele tyd van die sous oor die patats.
Geniet !!!

05/03/10
CHAKALAKA.
Sy
‘n lekker groot ui in skyfies.
Kerf ‘n
kleinerige koolkop baie fyn.
Rasper 2
of 3 Wortels lekker grof.
Sny 2
Groen Soetrissies in repies.
Sny 2
blikke gekapte Tamaties oop.
Braai die
uie in bietjie olie en voeg 2ml peri-peri, 1 Teelepel Paprika en
1 Teelepel Kerriepoeier by.
Voeg kool,
wortel en soetrissie by en braai tot alles begin sag word.
Voeg dan
die Tamaties en 50 ml Witasyn en 3 Teelepels Suiker by.
Prut vir 5
minute. Proe maar en gooi smaakmiddels van jou keuse soos bv.
knoffel of mosterd by.
Geniet !!!

05/03/10
BOTTERKOOL.
Snipper
‘n midelmatige koolkop fyn en blanseer in kookwater met sout in.
Die kool moet nog bros wees.
Dreineer
die kool en hou 1 koppie water vir die sous.
Gooi die
water in ‘n pan en voeg 4 eetlepels botter of bakmargarien by.
Voeg nou 1 opgehoopte eetlepel meelblom en ‘n ¼ koppie melk by
en roer. Bring tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word.
Waneer die sous lekker dik is voeg die kool by en laat deurkook.
Sprinkel
bietjie neutmuskaat of anys oor.
Geniet !!!

26/02/10/
KAASSOUS VIR GROOT SAMPIOENE.
Vee die sampioene goed af.
Plaas die volgende bestandele in ‘n mengbak.
Ø
1 Bakkie Maaskaas – ek hou van die met kruie in
Ø
3 skywe Fetakaas wat baie fyn gedruk is
Ø
½ Koppie gerasperde Cheddarkaas
Ø
Vars Pietersielie en Basieliekruid – Fyn gekap
Ø
2 Eetlepels botter of bakmargarien
Ø
1 Eetlepel Meelblom
Ø
Rooipeper na smaak.
Ø
1 Teelepel Paprika
Ø
Knippie sout
Meng nou alles deeglik met ‘n vurk en skep in die sampioene in.
Bak in die oond met net die onderste rooster aan teen 100ºC tot
mengsel gesmelt het of braai op matige kole op foelie. Heerlike
bygereg vir omtrent enige maal.
Geniet !!!

26/02/10/
SLAAISOUSE.
SLAAISOUS
VIR GROENSLAAI.
Meng die
volgende saam.
Ø
150ml
Bulgaarse joghurt
Ø
½ Teelepel
Fyn Knoffel
Ø
½ Teelepel
Aangemaakte Mosterd
Ø
3
Eetlepels gerasperde Ui
Ø
Handvol
gekapte Pietersielie
Ø
4
Fyngekapte Agurtjies
Ø
3
Eetlepels van die agukies se sous.
Plaas
bogenoemde bestandele in ‘n voedselverwerker en maak fyn.
BOBAAS
SLAAISOUS
Skud die
volgende bestandele saam.
Ø
1½
Teelepels Vissmeer
Ø
3
Knoffelhuisies – baie fyn gekap
Ø
½ Koppie
Balsiemiese Asyn
Ø
3
Teelepels Suurlemoensap
Ø
2 Eiergele
Ø
½ Teelepel
Suiker – na smaak
Ø
2
Teelepels aangemaakte Mosterd
Ø
1 ½
Koppies Olie
Ø
3 Skutte
Worcestershiresous
Ø
Vars
Gemaalde Swarpeper.
Die sous
hou goed in die yskas.
Geniet !!!

26/02/10/
VISTERT.
Dankie aan Lynette Puren wat vir ons die resep ui Texas, VSA
gestuur het.
Sit een
rol Blaardeeg (“Puff Pastry”) onder in ‘n gesmeerde oondbak.
Prik goed met ‘n vurk.
Meng 2
Groot blikke Kerrievis met 2 of 3 geklitste eiers en ½ koppie
melk.
Gooi in
die kors in.
Maak ‘n
lekker stywe witsous waarby daar 1 koppie gerasperde Cheddarkaas
geroer is en smeer oor die visvulsel.
Bak by
200ºC tot eiers gestol is en die kors lekker goudbruin is.
Geniet !!!

26/02/10/
KNOFFELBROOD MET ROOM.
Dankie aan Nicola Schoeman vir die resep. Hierdie is een van
daardie resepte wat jy op en met gevoel maak. Die bestandele en
hoeveelhede gaan oor hoe jy voel, waarvoor jy lus is en wat jy
in die kas het.
Koop
Brooddeeg by die winkel.
Maak die
deeg in ‘n lang vorm soos ‘n brood. Die brood moet nie langer as
jou oondskottel wees nie. Sny die deeg in die middel oop – op
die lengte af.
*Plaas jou
vulsel in die gleuf.
Druk die
deeg gleuf weer toe.
Plaas die
deeg met die genyde kant onder in ‘n gesmeerde oondpan. Gebruik
die diepste oondpan wat jy het.
Meng een
pakkie ‘Potato Bake’(opsioneel) met 375ml Room (1 ½ bekertjies)
en gooi oor die deeg.
Bak vir 1
uur @180ºC
Gooi die
laaste bietjie room oor 5 minute voor die brood uit die oond uit
kom.
*Die
vulsel:
Nicola se
resep se die volgende:
Kaas –
Soveel jy wil.
Gebraaide
ontbytspek (opsioneel)
Gekapte
Olywe (opsioneel)
Knoffel –
so veel as wat jy wil insit.
Maar……….
Hoekom nie Pikante rissies, genipperde spinasie en Fetakaas,
pynappelstukke of biltong nie. Gebruik jou verbeelding en kyk
wat in die kas is.
Geniet !!!

05/01/10
SJOKOLADEROOMPASTEI.
Dankie aan Santie Olivier vir die resep.
Maak ‘n beskuitjiekors deur 1 pakkie Romany Creams te krummel en
met 85g gesmelte Botter of Bakmargarien te meng. Voer ‘n tertbak
daarmee uit en plaas in yskas om te stol.
Smelt 150g Marsmallows in 1 koppie melk in ‘n potjie op die
stoof.
Breek 1 x 200g plak Melksjokolade in blokkies en roer by die
melk tot gesmelt.
Laat afkoel.
Klop 250 ml Room styf en vou in die sjokolade in en skep in jou
kors in.
Plaas in yskas om te stol.
Maak sjokoladekrulle deur ‘n blok sjokolade met ‘n
groenteskiller te kerf.
Garneer met die krulle.
Geniet !!!

RL 03/04/08
SJOKOLADE KAASKOEK.
Maak ‘n
beskuitjiekors van 200g Romany Creams wat gekrummel is
en 125g Gesmelte Botter en druk ‘n groot Tertbord
daarmee uit.
·
Meng 1½
Bakkies (375g) Roomkaas met 75g Strooisuiker en klits
tot romerig.
·
Smelt
100g (1 blok) Bournville Sjokolade in 125ml Melk en
laat effens afkoel.
·
Voeg die
Sjokolademengsel by die Roomkaasmengsel.
·
Voeg ½
Teelepel Lemoen-of Rum- of Vanieljegeursel by
·
Smelt
20ml Gelatien (2 Pakkies) in bietjie kookwater en roer by
mengsel.
·
Klits
250ml Room styf en meng halfte van die room in die
mengsel in.
Plaas in
yskas en laat stol.
Smeer die
ander halfte van die room bo-op en rasper 50g Top Deck
bo-oor.
Geniet !!!

05/01/10
JOGURTTERT.
Maak ‘n
beskuitjiekors deur ‘n pakkie Tennisbeskuitjies fyn te maak en
met 85g gesmelte Botter of Bakmargarien te meng. Voer ‘n tertbak
daarmee uit. Plaas in yskas om af te koel.
Klits die
volgende bestandele baie goed saam en skep in die kors
1 Liter
gewone Joghurt
1 pakkie
Sjokolade of Vanilje Kitspoeding
1 koppie
(250 ml) Room
1 Blikkie
(395g) Kondensmelk
Plaas in
die yskas om te stol.
Net voor
opdiening krummel ‘n Flake bo-oor
Geniet !!!
