Reaksieman ernstig na ongeluk

Written by on November 12, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Laeveld-inwoner is die naweek ernstig beseer in ‘n motorfietsongeluk. Divergent Ops reaksie-offisier, Johan Rossouw, het op die R40-pad vanaf Witrivier na Nelspruit gery toe ‘n bakkie glo voor hom indraai. Die ongeluk het by die afdraai na die Mpumalanga Universiteit gebeur.

Rossouw het die bakkie aan die kant getref en is oor die voertuig geslinger. Hy is Sondag na die Milpark-hospitaal in Johannesburg vervoer. Rossouw het inwendige bloeding opgedoen, en is reeds geopereer. Hy is kritiek maar stabiel in die intensiewe sorg eenheid. Divergent Ops-eienaar, Jacques Meiring, het die familie sterkte toegewens.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background