Rand Water reageer op Mbombela protesaksie
Written by RL Admin on June 4, 2018
Rand Water is bewus daarvan dat Dinsdag 31 Mei 2018, negentig (90) van sy werknemers by die Stad van Mbombela Plaaslike Munisipaliteit se Kanyamazane Bulk Watervoorsieningsaanleg met ‘n protesaksie besig was.
Die werknemers beweer dat hulle nie behoorlik geraadpleeg is oor hul oorplasings na die munisipaliteit vanaf 1 Julie 2018, nie. Rand Water betwis dit en is van mening dat dit reeds, en sal voortgaan, om die oorplasings met die werknemers te bespreek.
Op Vrydag 1 Junie 2018 het die Stad van Mbombela Plaaslike Munisipaliteit ‘n interdik verkry om te voorkom dat die Rand Water-werknemers enige van sy persele betree. Rand Water het daarna die werknemers beveel om vanoggend vir diens by sy “Farm House”perseel in die omgewing, op te daag. Dit is ‘n tydelike reëling. Rand Water sal voortgaan om konstruktief betrokke te wees by die Mbombela Plaaslike Munisipaliteit sowel as die negentig werknemers, met die oog daarop om ‘n positiewe besluit oor hierdie aangeleentheid te bereik.
Rand Water veroordeel enige dade van geweld of intimidasie wat die dienslewering sal beïnvloed
aan gemeenskappe.