Protes-aksies kelder Mpumalanga

Written by on August 20, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit se kantore in Phola is na bewering deur lede van die gemeenskap – tydens ‘n protes teen dienslewering – afgebrand. Volgens Kingdom Mabuza, munisipale woordvoorder, beloop skade aan die gebou meer as ‘n miljoen rand. Hy het verder gesê dat ‘n saak van brandstigting en beskadiging van eiendom aan die polisie gerapporteer is, en dat hulle hoop op inhegtenisnemings. Paaie is na bewering toegemaak en winkels – onder andere drankwinkels – is geplunder.

Intussen het inwoners van Kanyamazane ook hul betogings strate toe geneem. Hulle dring daarop aan dat die regering die proses moet bespoedig om hulle te help om hul stormverwoeste huise te herstel. Ook hier is gevandaliseer en geplunder. Hulle het verder die paaie met brandende bande, rotse en ander voorwerpe geblokkeer. Vier mense, Amon Khumalo, Ernest Mango, Ricardo Mondlane en Fernando Sithole, is in hegtenis geneem in verband met die Kanyamazane-protes. Hulle word aangekla van openbare geweld, en het reeds voor die Kabokweni-streekshof verskyn.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.
Tagged as

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?