Privaatkampe oortree KNP-regulasies

Written by on August 15, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

’n Aantal privaat natuurreservate in die Groter Kruger Nasionale Park oortree na bewering sekere protokolle en regulasies. Daar is glo ‘n ooreenkoms bereik waar verskeie heinings verskuif of verwyder is. Nou word daar beweer dat sommige van die reservate, diere wat vanaf KNP uitbeweeg, jag. As gevolg daarvan dreig KNP om die heinings weer op te rig. In onlangse jagtogte het twee olifante wat in die Timbavati-omgewing geskiet is, die maksimum toelaatbare gewig oorskry. Die reservaat het ook nie na bewering die ouderdom van 11 voorheen-gejagte olifante, soos vereis deur die Jagprotokol, voorgehou nie. Dit was blykbaar vanweë knaagdiere wat die etikette aan die kakebene, opgeëet het. Twee leeus is glo ook op die reservaat gejag sonder om die Kruger-veldwagters in kennis te stel.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?