Polisie rondom KNP moet ondersoek word

Written by on April 26, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die inhegtenisname van ‘n polisieman van Skukuza in die Kruger Nasionale Park – in verband met bewerings van stropery – het veroorsaak dat die parlement se polisieportefeuljekomitee ‘n beroep doen dat alle polisiebeamptes naby nasionale parke ondersoek word. Francois Beukman, voorsitter van die komitee, het gesê die arrestasie van 12 vermeende renosterstropers in die ikoniese wildreservaat het die werk van almal wat betrokke is by die voortgesette stryd teen renosterstropery en ander wildmisdade, uitgelig. Hy het gese die komitee is bekommerd dat dié arrestasies ‘n polisiebeampte insluit. Volgens hom dui dit op die teenwoordigheid van korrupte elemente onder die polisie.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?