Baie welkom by Radio Laeveld, 'n gemeenskaps radiostasie wat vir
die eerste keer op 31 Mei 2003 begin uitsaai het. Dit is ook die
doel van die stasie om die gemeenskap se betrokkenheid in die
Laeveld aan te moedig. Die stasie maak 'n bestaan deur donasies,
borge, advertensies en luisteraars wat as lede 'n bydrae tot die
stasie se inkomste lewer.
Radio Laeveld saai uit op 100.5Mhz FM en
bereik die meeste dorpe in die Mpumalanga Laeveld streek. Daar
word voortdurend gepoog om die sein te verbeter en te versterk in
sodoende die bergagtige topografie van die Laeveld te omseil en
dan ook vir die luisteraars 'n beter ontvangs te verseker.
Radio Laeveld gebruik ook die Internet
as 'n middel om uit te saai. Jy kan dus van enige plek in die
wêreld na ons luister en selfs deelneem aan ons programme. Stuur
gerus 'n epos aan ons as jy vir jou vriende of familie wil
"hallo" sê.
Kliek
hierom die lys van liedjies deur te sien
of maak jou eie keuse vir plasing op ons speellys. Vul
gerus ook ons meningopname
wat kwartaaliks opgedateer word, in. Ons
luister graag na jou voorstelle en speel graag die
musiek wat jy wil hoor.
N4 brug tuimel inmekaar naby Nelspruit
Roelf Van
Jaarsveld 01 Oktober
Die N4 tolpad wes van Nelspuit is vanoggend vir verkeer
oopgestel nadat balke van 'n nuwe brug wat onder konstruksie is,
laat gisteraand inmekaar getuimel en alle bane versper het. Die
brug is deel van die ringpad wat by die nuutgeboude 2010
Mbombela stadion begin. Ingenieurs vermoed dat die balke van
die brug weens vibrasies van verbygaande swaar vragmotors
meegegee het.
Standerton inwoners
in hegtenis na geweld optog
Gewelddadige betogings het weer vanoggend in die Sakhile
woonbuurt buite Standerton uitgebreek. Ontstoke inwoners wat oor
swak munisipale dienslewering en korrupte amptenare kla, het die
R-23 pad tussen Johannesburg en Standerton weer met klippe en
brandende buitebande versper. Altesame 24 inwoners is gister
weens openbare geweld in hegtenis geneem.
21 Jarige Nelspruiter pleeg selfmoord
Roelf Van
Jaarsveld 28 September
‘n
Jong Nelspruiter het Saterdagaand sy eie lewe geneem, pas na sy
mondigswordingspartytjie. Die 21-jarige Anthony Pike, ‘n
werknemer by Union Motors, was vanoggend as vermis aangegee. Na
‘n soektog is sy lyk later gevind waar hy homself met ‘n
plastiek verpakkingskoord opgehang het. Geen nota is by sy lyk
gevind nie en die redes wat kon lei tot sy selfmoord is onbekend.
Anthony se ouers is albei reeds oorlede en hy was die enigste
kind.
Geweld
weer in Standerton
Die polisie in Standerton sê geweld het weer in die
Sakhile-woongebied uitgebreek en die polisie moes rubberkoeëls
gebruik om te keer dat inwoners die R23- en Robertsdrift-paaie
versper. Gistermiddag is minstens ses mense gewond toe die
polisie ook rubberkoeëls gebruik het om betogers uiteen te jaag.
Sowat 60-duisend rand se skade is aangerig toe Standerton se
munisipale kantore Saterdag aan die brand gesteek is en gister
is petrolbomme ook na die huis van ‘n munisipale amptenaar
gegooi.
Korrupte polisie beamptes uitgewys
Roelf Van
Jaarsveld 22 September
‘n Gewapende rower, Wisser Mahlangu, wat saam met ‘n vorige
polisiekonstabel, Phillip Makwela, op 24 April vanjaar ‘n groot
rooftog in Lydenburg uitgevoer het, het op 1 Junie borgtog van
R10,000 betaal om weer in die hof op 6 Julie te verskyn.
Mahlangu is serdertdien ‘n voortvlugtige nadat hy nie sy
borgvoorwaardes nagekom het nie.
En nog twee polisiemanne, Sers. Mandla Sithole en Sers. Bheki
Maphanga, is op aanklagte van diefstal en korrupsie gearresteer.
Die twee het ‘n verdagte - wat in besit van onwettige sigarette
op Komatipoort betrap is - belowe dat hulle sal toesien dat die
saak uitgegooi word, in ruil vir R10,000. Die smokkelaar het
egter net R5000 oorhandig. Die twee polsiemanne het die geld en
die sigarette, ter waarde van R69,000 vir hulle self gehou. Die
saak is uitgestel tot 4 November nadat beide R1000 borg betaal
het.
Sekuriteitswag dood na klippe en stokke
Roelf Van
Jaarsveld 21 September
'n Sekuriteitswag is deur inwoners van die Simile-woongebied by
Sabie met klippe en stokke doodgemaak. Dit het gebeur nadat die
wag glo 'n betoger omgery het. Woedende inwoners, wat met ‘n
protesoptog besig was, het hom uit sy voertuig gepluk en
aangerand.
Universiteit in Mpumalanga?
Roelf Van
Jaarsveld 18 September
Die Parlement ondersoek die moontlikheid om universiteite in die
Noord-Kaap en Mpumalanga te stig. Die voorsitter van die
parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding,
Marius Fransman, sê die komitee gaan die provinsiale
onderwys-departemente en ander rolspelers betrek om die
vaardigheidsbehoeftes te bepaal en te kyk hoe ‘n universiteit op
die beste manier by die provinsies ingefaseer kan word. Hy sê
Suid-Afrika het 23 universiteite, maar met die nuwe bedeling en
nuwe provinsiale grense, het Mpumalanga en die Noord-Kaap steeds
nie hulle eie universiteite nie.
Laerskool Laeveld bekende oorlede
Roelf Van
Jaarsveld 16 September
Laerskool Laeveld is in rou gedompel na die skielike afsterwe
van mev. Ebenha Ebersöhn wat vir bykans 17 jaar hier diens
gedoen het. Sedert 1999 was sy in die pos van Departementshoof
Grondslagfase. Haar skielike afsterwe op 56 laat ‘n groot leemte
in Laerskool Laeveld se hart. Dis nog onseker wat tot haar dood
gelei het. Sy laat haar man Frans en enigste dogter Hesca na.
Haar roudiens vind Saterdag 19 September om 11:00 vanuit die
NG-Westergloed Gemeente plaas.
Rooftog in Graskop
Roelf Van
Jaarsveld 15 September
’n Sekuriteitswag is in die bene geskiet toe sowat 20 gewapende
rowers ‘n geldwa by ‘n vulstasie op Graskop geteiken het. Die
twee wagte is oorval toe hulle geld by die vulstasie afgehaal
het. Die rowers het na die skietery met die geldwa weggejaag en
die voertuig se agterruit later met plofstof uitgeskiet en met
die geld in vier verskillende motors weggejaag. Twee van die
voertuie is later by Hazyview deur die polisie gevind.
Beamptes by lisensie bedrog betrek
Die provinisale woordvoerder van die SAPD in Mpumalanga, Kapt.
Leonard Hlathi, rapporteer dat ‘n lisensie-beampte en sy
vermoedelike meelopers in Kwamhlanga vasgetrek is. Onder die
meelopers is eienaars van bestuurskole en hulle agente wat
blykbaar valse leerlingtoetse namens hulle kliënte aflê. In nog
‘n geval is ‘n polisiekonstabel in Belfast gearresteer wat
werkloses R3000 vra om aansoek te doen vir werk in die
polisiediens. Die polisie het weereens gewaarsku dat geen
werkgewer geld vra vir werkaansoekers nie en dat soortgelyke
gevalle by die naaste polisiekantoor gerapporteer moet word.
Polisiebeampte dalk deel van gewapende roof
Roelf Van
Jaarsveld 14 September
'n Polisiebeampte van Nelspruit en nog drie verdagtes sal na
verwagting vandag in die hof verskyn op aanklagte van gewapende
roof. Hulle is die naweek by Matsulu in hegtenis geneem toe die
polisie 18 gesteelde selfone en 'n groot bedrag geld in hulle
motor ontdek het
16
Dwelmverdagtes in Secunda vasgetrek
Woordvoerder vir die Mpumalanga Polisiediens, Kapt. Leonard
Hlathi, berig dat die Georganiseerde Misdaadeenheid op Secunda
sedert 10 September sestien verdagtes vasgetrek het wat
vermoedelik deel is van ‘n sindikaat wat handel dryf in dwelms.
Die verdagtes is 3 Suid-Afrikaners, 12 Nigerieërs en 1 Kongolees.
Die totale waarde van die dwelms beloop sowat R214,000. Die
dwelms, sowel as drie voertuie wat deur die sindikaat gebruik
is, was ook gekonfiskeer. Kapt. Hlathi het ‘n beroep op die
publiek gedoen om die gebruik van dwelms te stop. Hy het ook ‘n
ernstige waarskuwing aan dwelmhandelaars gerig dat die polisie
nie sal rus alvorens elkeen veilig agter tralies sit nie
Aptelike verslag dalk vervals
Roelf Van
Jaarsveld 11 September
Die handtekening van die ouditeur-generaal in Mpumalanga is
moontlik deur ’n staatsamptenaar vervals in ’n oënskynlike
poging om die skokkende toestand van die provinsie se
departement van gesondheid se geldsake te verdoesel.
Beeld
berig dat dit gister tydens ’n sitting van die staande komitee
oor openbare rekeninge (Skoor) in die Mpumalanga-wetgewer aan
die lig gekom het. Daar is ook ontdek dat daar op talle plekke
met die syfers in die geldstate van die departement gekonkel is.
Die voorsitter van Skoor, Fish Mahlalela, sê dié komitee gaan
regsadvies inwin oor hoe die aangeleentheid hanteer moet word.
Dienslewering aangespreek
Roelf Van
Jaarsveld 10 September
Die ANC het uiteindelik gereageer op klagtes van geldelike
wanbestuur en swak dienslewering teen tien raadslede van die
Thaba Chweu-munisipaliteit in Lydenburg. Nadat die dorp en die
naburige woonbuurt, Mashishing, die afgelope vyf maande gedurig
onder grootskaalse onluste en betogings deurgeloop het, is die
burgemeester, Rdl. Clara Ndlovu uit haar amp en as raadslid
uitgeskop. Nege ander lede is ook afgedank. DA-raadslid in die
munisipaliteit, Me. Sonja Boshoff, verwelkom die besluit van die
ANC en het gesê dat almal van hulle bygedra het tot die gemors
waarin die dorp en die raad is.
Aanval
op Kaapschehoopweg
‘n Onbekende manspersoon wat alleen op die Hermansburgpad tussen
die Kaapse Hoop-pad en die Barbertonpad bly, is na bewering
laasnag deur twee rowers oorval. Hulle is met sy Rooi Ford
Telstar daar weg en nadat die polisie en ‘n
sekuriteitsmaatksappy deur die buurman verwittig is, het hulle
op die boewe afgekom wat van die toneel probeer vlug het. In
hulle haas om weg te kom is die motor in ‘n sloot in, waarna die
boosdoeners weggehardloop het. By nadere ondersoek is daar by
die plaashuis ‘n graaf met bloed daaraan asook ‘n bril gevind.
Die inbrekers en die eienaar is skoonveld. Die polisie ondersoek
die saak.
Verdagtes
dood na jaagtog ongeluk
Drie vermeende misdadigers is naby Nelspruit dood toe hulle vir
’n verkeersman weggejaag en die bestuurder beheer oor die motor
verloor en teen ‘n boom gebots het. Twee van hulle was verdagtes
wat al lank deur die polisie in Mpumalanga gesoek is vir hulle
beweerde betrokkenheid by OTM-bomme. Volgens die polisie se
kaptein Erhard Ströh is twee nege millimeter pistole waarvan die
reeksnommers afgevyl was, asook klapmusse en handskoene ná die
ongeluk in die voertuig gekry. Nog drie insittendes is met
ernstige beserings en onder polisiebewaking in die
Thema-hospitaal buite Witrivier.
Swendelaars
slaan op Laeveld toe
Roelf Van
Jaarsveld 09 September
Twee mans wat valslik voorgegee het dat hulle teen betaling van
drieduisend rand werk vir mense in die polisiediens en die
munisipaliteit in Nelspruit kan kry is, is in hegtenis geneem.
SAPD vorms en aansoekvorms om werk van die Mbombela
munisipaliteit is in die verdagtes se besit gevind. Die twee
mans, wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, is in
hegtenis geneem nadat die polisie ‘n lokval vir hulle gestel
het.
In ‘n soortgelyke voorval, ook in Nelspruit het die polisie 32
klagtes ontvang van mense wat teen betaling van 200 rand
werkgeleenthede in die weermag beloof word. Die desperate
werksoekers het gereageer op pamflette wat deur die bedrieërs
opgestel en in die dorp uitgedeel is.Die aansoekers wat hul geld
betaal het, is aangesê om vir ‘n bus buite ‘n hotel in Nelspruit
te wag wat nooit opgedaag het nie.
Die
SAPD het verskeie klagtes van die publiek ontvang van bedrieërs
wat kwansuis poste adverteer. In al die gevalle word kontantgeld
gewoonlik saam met die vervalsde aansoekvorms gevra. Aaansoekers
moet ook afskrifte van hulle ID’s, getuigskrifte van skole dat
gr. 10, 11 en 12 wel voltooi is oorhandig. Een groep bedrieërs
het aangedui dat hulle aansoeke inwag vir belangstellendes om by
die SA Weermag aan te sluit met beloftes van gratis opleiding en
salarisse van R9600 per maand. ‘n Woordvoer van die SAPD in
Nelspruit, Kapt Leonard Hlathi, het die publiek daarop gewys dat
niemand geld hoef te betaal as jy vir werk aansoek doen nie.
Soortgelyke gevalle moet onmiddellik by Insp. Edward Swanepoel
by 082 960 4891 aangemeld word.
Helikopter Ontplof in Witrivier
Roelf Van
Jaarsveld 08 September
’n Grondeienaar het vandag in die Nelspruit streekhof verskyn op
aanklagte van die oortreding van Wet 101 van 1998 op Nasionale
Veld en Bosbrande. Die persoon is daarvan aangekla dat hy in
Augustus 2008 veldbrande veroorsaak het sonder die nodige permit
en in die tweede geval dat veldbrande sonder toesig gelaat is.
Die eienaar is vir elke oortreding ‘n boete van R1500 opgelê.
Regter D.D. Ngobeni het ook in sy uitspraak gesê dat die boete
van R1500 hersien moet word, omdat dit, volgens hom te min is.
Lente is aangekondig
Laerskool Laeveld se graad R Lollies het behoorlik die koms van
die Lente gevier deur elk met ‘n prag “Lente-hoed” hul opwagting
by die skool te maak. Kreatiwiteit was aan die orde van die dag
en hoede het gewissel van ‘n balon-blommehoed tot ‘n regte
seemanshoed versier met sand en skulpe.
Agter links na regs: Zelika van Wyk, Amanda van
der Merwe, Sphelele Mashele en Jacques van Aardt
Voor links na regs: Ashaan Sebastian, Tiané
Bezuidenhout, Alexander Boswell, Le Roux Fourie, Hainroux
Erasmus en Aimee Bladwell
Voor links na regs: Suretha Smit, Chané Visser,
Chiné Maritz, Saartjie Breytenbach en Janco van Zweel. Agter
links na regs: Francois Coetzee en Christo de Villiers
6 Renosterstropers in hegtenis
geneem
Roelf Van
Jaarsveld 03 September
’n Mosambiekse muil is in Swaziland in hegtenis geneem nadat
meer as 70 pakkies kokaïen in sy maag ontdek is. Sy landgenoot
is ook deur die land se polisie gearresteer. Die dwelms, wat
vermoedelik van Pakistan afkomstig is, was vir Suid-Afrika
bestem.
6 Renosterstropers in hegtenis
geneem
Roelf Van
Jaarsveld 02 September
Nog ses verdagtes is in die Kruger-wildtuin op aanklagte van
renosterstropery in hegtenis geneem. SanParke se uitvoerende
hoof, David Mabunda, sê sedert einde Julie het hulle nog sewe
witrenosters verloor wat die totaal vanjaar op 33 te staan
bring. Hy sê al 14 verdagtes wat reeds in hegtenis geneem is,
was van Mosambiek. In die jongste geval is beslag ook gelê op
vyf onwettige vuurwapens. Mabunda sê SanParke gaan meer as
vyf-miljoen rand van die Park-ontwikkelingsfonds gebruik om
optrede teen stropery in die Kruger-wildtuin te verbeter.
Redeneer, dié kan Laerskool laeveld!
Links na regs is Carmen van der Merwe, Kyla van
Eijk en Rourke Scott
Laerskool Laeveld se Gr. 4 en 5 leerders het onlangs hul interne
graadredenaarskompetisie gehad. Sprekers het hul puik van hul
taak gekwyt met soveel selfvertroue, pragtige humor en kreatiewe
taalgebruik.
Interessante onderwerpe was aan die orde van die dag. Die eerste
drie wenners in graad 4 is Carmen van der Merwe (Vergeet van ‘n
diet), Kyla van Eijk (Die wêreld om my is ongeskik), Rourke
Scott (Sport moenie die plek van speel vat nie).
Cari Venter, Laura Vorster en Simoné Lauwrens
Die wenners van graad 5 is Cari Venter (Trek kultuur), Laura
Vorster (Die kweek van geldslim kinders) Simoné Lauwrens (Blondines
lewer uitstekende diens).
Mandrax tablette in Malelane gevind
Roelf Van
Jaarsveld 01 September
Twee persone wat Sondag by die Lebombo-grenspos weens R2,6m se
Mandrax tablette aangekeer is, het vandag in die
Magistraatskantoor van Malelane verskyn. Cyril Mzwakali en sy
vrou Olga het onskuldig gepleit en aangevoer dat hulle die
voertuig namens iemand anders moes aflewer en nie bewus was van
die ongeveer 55 sakke Mandrax wat in die motor versteek was nie.
Met
besoekers op ons webwerf, kan jy ook die
blootstelling geniet deur hier te adverteer.
Kontak ons bemarkers by
admin@radiolaeveld.co.za
Ons kompetisie - KopSkrop - Bly
ingeskakel op Radio Laeveld vir lekker groot
kontantpryse wat gewen kan word - Maandag tot Vrydag -
Elke week !