Lys van Adverteerders en Borge              
 
 


Luister regstreeks na ons uitsending op die Internet. Kliek op die radio om die stroom te aktiveer

 

 

 

Radio Laeveld Forum

100.5% Leesgenot

100.5% Klub Skatkis

Radio Laeveld Kinderfonds

Op Eie Werf Fonds

Meningsopname

Kies Jou Speellys

Naweekspyskaart Resepte

Argief

Oktober 2009

September 2009

Augustus 2009

Julie 2009

Junie 2009

Mei 2009

April 2009

Radio Laeveld 100.5 FM Stereo

Baie welkom by Radio Laeveld, 'n gemeenskaps radiostasie wat vir die eerste keer op 31 Mei 2003 begin uitsaai het. Dit is ook die doel van die stasie om die gemeenskap se betrokkenheid in die Laeveld aan te moedig. Die stasie maak 'n bestaan deur donasies, borge, advertensies en luisteraars wat as lede 'n bydrae tot die stasie se inkomste lewer.

Radio Laeveld saai uit op 100.5Mhz FM en bereik die meeste dorpe in die Mpumalanga Laeveld streek. Daar word voortdurend gepoog om die sein te verbeter en te versterk in sodoende die bergagtige topografie van die Laeveld te omseil en dan ook vir die luisteraars 'n beter ontvangs te verseker.

Radio Laeveld gebruik ook die Internet as 'n middel om uit te saai. Jy kan dus van enige plek in die wêreld na ons luister en selfs deelneem aan ons programme. Stuur gerus 'n epos aan ons as jy vir jou vriende of familie wil "hallo" sê.

 

Ons besoekers staan tans op :

 

 

 

 

Ons Ateljee Telefoon nommer :

013-74-11-999

Ons Ateljee SMS nommer :

084-MY-RADIO

(084-69-72346)

 Skype: Chat with me  

(Messenger: rlateljee@hotmail.com)

Kies jou musiek !

Kliek hier om die lys van liedjies deur te sien of maak jou eie keuse vir plasing op ons speellys. Vul gerus ook ons meningopname wat kwartaaliks opgedateer word, in. Ons luister graag na jou voorstelle en speel graag die musiek wat jy wil hoor.

Jou naam
Jou Epos
Jou Boodskap

      

 

Hendriksdal geruk deur moord

Roelf VanJaarsveld 29 Oktober

Die eienaars van die bekende Artist Café by Hendriksdal, Leon en Hetta Steyn, is vanoggend ongeveer 10 voor sewe in hulle huis deur twee jonge gewapende rowers aangeval en  doodgeskiet. Die bure wat die skote gehoor het, het gaan ondersoek instel en twee verdagtes in hulle twintigerjare by die agterdeur sien uithardloop. Geen verdere inligting is bekend nie. Die polisie fynkam nog die omgewing vir enige leidrade. Intussen is daar verskeie ander aanvalle vroeër die week in die Witrivier omgewing aangemeld en raak inwoners bekommerd oor die geweld tydens die aanvalle net voor die vakansie seisoen.

 

Jong Nelspruiter neem eie lewe

Roelf VanJaarsveld 28 Oktober

‘n Jong Nelspruiter het Saterdagaand sy eie lewe geneem, pas na sy mondigswordingspartytjie. Die 21-jarige Anthony Pike, ‘n werknemer by Union Motors, was vanoggend as vermis aangegee. Na ‘n soektog is sy lyk later gevind waar hy homself met ‘n plastiek verpakkingskoord opgehang het.

Geen nota is by sy lyk gevind nie en die redes wat kon lei tot sy selfmoord is onbekend. Anthony se ouers is albei reeds oorlede en hy was die enigste kind.

 

Inwoners met rubberkoeëls geskiet

 

Die polisie in Standerton sê geweld het weer in die Sakhile-woongebied uitgebreek en die polisie moes rubberkoeëls gebruik om te keer dat inwoners die R23- en Robertsdrift-paaie versper.

Gistermiddag is minstens ses mense gewond toe die polisie ook rubberkoeëls gebruik het om betogers uiteen te jaag.

Sowat 60-duisend rand se skade is aangerig toe Standerton se munisipale kantore Saterdag aan die brand gesteek is en gister is petrolbomme ook na die huis van ‘n munisipale amptenaar gegooi.

Polisiemanne uit op borg

Roelf VanJaarsveld 22 Oktober

‘n Gewapende rower, Wisser Mahlangu, wat saam met ‘n vorige polisiekonstabel, Phillip Makwela, op 24 April vanjaar ‘n groot rooftog in Lydenburg uitgevoer het, het op 1 Junie borgtog van R10,000 betaal om weer in die hof op 6 Julie te verskyn. Mahlangu is serdertdien ‘n voortvlugtige nadat hy nie sy borgvoorwaardes nagekom het nie.

En nog twee polisiemanne, Sers. Mandla Sithole en Sers. Bheki Maphanga,  is op aanklagte van diefstal en korrupsie gearresteer.  Die twee het ‘n verdagte  - wat in besit van onwettige sigarette op Komatipoort betrap is - belowe dat hulle sal toesien dat die saak uitgegooi word, in ruil vir R10,000. Die smokkelaar het egter net R5000 oorhandig. Die twee polsiemanne het die geld en die sigarette, ter waarde van R69,000 vir hulle self gehou.  Die saak is uitgestel tot 4 November nadat beide R1000 borg betaal het.

 

Inwoners stenig sekuriteitswag

Roelf VanJaarsveld 21 Oktober

'n Sekuriteitswag is deur inwoners van die Simile-woongebied by Sabie met klippe en stokke doodgemaak.

Dit het gebeur nadat die wag glo 'n betoger omgery het.

Woedende inwoners, wat met ‘n protesoptog besig was, het hom uit sy voertuig gepluk en aangerand.

Universiteit vir Mpumalanga

Roelf VanJaarsveld 18 Oktober

Die Parlement ondersoek die moontlikheid om universiteite in die Noord-Kaap en Mpumalanga te stig.

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding, Marius Fransman, sê die komitee gaan die provinsiale onderwys-departemente en ander rolspelers betrek om die vaardigheidsbehoeftes te bepaal en te kyk hoe ‘n universiteit op die beste manier by die provinsies ingefaseer kan word.

Hy sê Suid-Afrika het 23 universiteite, maar met die nuwe bedeling en nuwe provinsiale grense, het Mpumalanga en die Noord-Kaap steeds nie hulle eie universiteite nie.

Bekende Laerskool Lavelder Oorlede

Roelf VanJaarsveld 16 Oktober

Laerskool Laeveld is in rou gedompel na die skielike afsterwe van mev. Ebenha Ebersöhn wat vir bykans 17 jaar hier diens gedoen het. Sedert 1999 was sy in die pos van Departementshoof Grondslagfase. Haar skielike afsterwe op 56 laat ‘n groot leemte in Laerskool Laeveld se hart. Dis nog onseker wat tot haar dood gelei het,

Sy laat haar man Frans en enigste dogter Hesca na.

Haar roudiens vind Saterdag 19 September om 11:00 vanuit die NG-Westergloed Gemeente plaas.

Selfmoord man steeds nie bekend

Roelf VanJaarsveld 15 Oktober

Die bejaarde man wat homself gister in die toilette van die Riverside Mall doodgeskiet het, se identiteit is nog nie bekendgemaak nie. Die man, was ongeveer 65 jaar oud. Die man het homself na bewering met ‘n tuisgemaakte wapen - ’n sogenaamde “zip gun” doodgeskiet.  ’n 410-Haelgeweerpatroon was daarin gelaai.

Volgens polisiewoordvoerder, insp. Dawie Pretorius, het die man geen bewys van identiteit by hom gehad nie. Die polisie is besig om die videobande van die kompleks se veiligheidskameras te bestudeer om leidrade te kry en om doe oorledene se naasbestaandes te kontak. 

Bekende Laevelder skielik oorlede 

‘n Bekende in die Laeveld, Oom Soon Steyn, is skielik gister oorlede. Hy sal ondermeer onthou word vir sy getroue hulp en bystand aan die organiseerder, Tannie Poppie Marx, met die jaarlikse Sportdag vir Bejaardes. Hy het aanvanklik in Bethal; later op Badplaas; toe Barberton en 15 jaar gelede op Nelspruit kom woon.

Hy was ‘n entrepreneur wat hom besig gehou het met die verkoop van motors, vendusies asook forelboerdery. Laevelders sal hom veral onthou vir sy mimiekkuns. Oom Soon sou in November 85 jaar oud word en laat sy twee dogters en 5 kleinkinders agter.  Die begrafnisdiens vind more in die NG-Kerk Suid om een-uur plaas. 

Voordoen as Polisiebeamptes 

‘n Onbevestigde berig lui dat inwoners van Nelspruit op hulle hoede moet wees vir twee manspersone in ‘n wit dubbel-kajuitbakkie, wat hulle voordoen as SAPD-lede of televisie-inspekteurs, wat konsuis TV-lisensies inspekteer.

Hulle is gewapen en gevaarlik. Inwoners word weereens versoek om altyd vir Polisie identifikasies te vra. 

Polisie treklos op skoolkinders

Polisie van Nelspruit  het vanoggend rubberkoeëls gebruik om ontstoke inwoners  van Mattafin, naby die 2010 Mbombela-stadion uiteen te jaag wat polisievoertuie aan die brand gesteek het. Die gemeenskap is ongelukkig oor die vertraging in die bou van nuwe skole in die plek van dié wat gesloop is om die stadion te bou.

 'n Gemeenskapslid, Wonder Phiri sê die gemeenskap wil hul griewe persoonlik aan die premier, David Maduza, oordra. Leerling gaan die afgelope twee jaar in tydelike geboue skool.

Vier mense, onder wie twee polisielede is ook beseer toe betogers en die polisie  by die 2010 Mbombela-stadion buite Nelspruit in gevegte betrokke was. Dertig inwoners van die woonbuurt Mattafin is weens openbare geweldpleging in hegtenis geneem nadat polisievoertuie aan die brand gesteek en polisiebeamptes onder die klippe gesteek is.

Die inwoners  is ontevrede oor die vertraging in die bou van nuwe skole in die plek van die wat weens die bou van die stadion gesloop is.

Betogings vlam weer in Standerton op

Die polisie patrolleer die Sakhile woonbuurt buite Standerton nadat geweld weer gisteraand uitgebreek het.Die ontstoke inwoners eis steeds dat al die plaaslike raadslede moet bedank. Slegs twee van die veertien raadslede het sedert die begin van die betogings sowat twee weke gelede uit hul ampte bedank.

 

Munisipale werkers staak in Waterval-Boven

Roelf VanJaarsveld 13 Oktober

‘n Betoging oor swak dienslewering het vanoggend daartoe gelei dat die N4-tolpad tussen Gauteng en Nelspruit by die Waterval-Boven-tonnel vir verkeer gesluit moes word. Die tolpadoperateur, TRAC, het motoriste aangeraai om die alternatiewe roete via Schoemanskloof te gebruik.  

Die polisie in Mpumalanga sê verskeie geboue is vanoggend deur brande beskadig tydens betogings oor swak dienslewering in ‘n woongebied buite Machadodorp.

Superintendent Abie Khoabane sê die omvang van die skade aan eiendomme is nog nie bekend nie. Die betogings het in die vroeë oggendure begin toe inwoners die pad na die dorp versper het. Die betogings het teen laat vanoggend voortgeduur en volgens Khoabane het die polisie rubberkoeëls gebruik om die oproeriges uiteen te jaag. 

Selfmoord man by Riverside Mall

Die polisie het bevestig dat ‘n man homself in die toilette van die Riverside Mall geskiet het. Die oorledene is ‘n blanke man in sy laat sestigs. Geen verdere inligting is bekend nie alvorens die oorledene se naasbestaandes nie in kennis gestel is nie.  Die toilette is intussen deur die bestuur en die polsie afgesper en niemand word toegelaat nie. Die polisie ondersoek die voorval.

 

Munisipale werkers staak in Nelspruit

Roelf VanJaarsveld 09 Oktober

Berigte wat Radio Laeveld ontvang het, dui daarop dat Mbombela werkers alweer reg voor die munisipale kantore in Nelspruit staak en toi-toi. Vullishouers word omgegooi en niemand waag dit naby die kantore nie.  Mediawoordvoerder, Josef Ngala, was ook nie beskikbaar vir ‘n mening nie, aangesien hy tans met die stakers onderhandel.

Blykbaar lê die ontevredenheid steeds by die werkers wat die vullisverwydering hanteer  en gaan dit oor oortydvergoeding wat nie uitbetaal word nie. Ontevrede belasting-betalers meen dat Mbombela liefs privaat instansies moet kry om die werk te doen.  

Marlothpark moordenaar skuldig

 ’n 18-Jarige Mosambieker wat vir langer as ’n jaar deel van ’n bende was wat ’n skrikbewind in Marlothpark naby Komatipoort gevoer het, is in die rondgaande hof op Graskop skuldig bevind aan die moord op ’n Pretorianer.
Die 47-jarige Fanie Keyzer is op 29 Desember 2007 in die teenwoordigheid van sy gesin by hulle vakansiehuis op Marlothpark met ’n AK 47-geweer doodgeskiet.
Shadrack Ndunkula is ook skuldig bevind op twee aanklagte van poging tot moord.
Dié aanklagte het verband gehou met ’n aanval in Junie 2008 toe hy en sy 12-jarige makker op die Fitzgerald-egpaar, wat ook in Marlothpark bly, geskiet het.
Die 12-jarige seun is kort na die aanval deur die polisie doodgeskiet.

  

Polisie kry groot dagga fonds

Roelf VanJaarsveld 06 Oktober

Kapt. Leonard Hlathi van die SAPD berig dat die polisie bak staan met arrestasies in die Malelane-omgewing.  Vier verdagtes is naby die dorp gearresteer op aanklagte van ‘n gesteelde Mazda 5, wat blykbaar vroeër vanjaar in Meimaand op Springs gekaap is.  Polisiehonde het ook plofstof en ander apparaat in die motor uitgeruik. Die vermoede bestaan dat dit vir die opblaas van OTM’e gebruik word.  Handskoene en balaklavas is ook in die motor se bagasiebak gevind. Twee van die insittendes is van Mpumalanga, een van Soweto en die vierde van Angola. Hulle sal more in die landdroshof op Malelane verskyn.

En terwyl die polisie met hierdie arrestasie besig was, is ‘n verbygaande taxi gestop en deursoek waarna 25kg se dagga gevind is. Die dagga se straatwaarde is ongeveer R25,000. Die dagga wat blykbaar vanaf Swaziland kom, was tussen die bagasie versteek. Drie verdagtes sal ook more in die Malelane magistraatshof verskyn. 

 

Medisyne tekort in Laeveld

Roelf VanJaarsveld 05 Oktober

Dokters in Mpumalanga is diep bekommerd oor ’n geweldige tekort aan medisyne in staatshospitale by Tonga, Rob Ferreira, Temba, Barberton, Sabie, Lydenburg, Witbank en Middelburg. Beeld berig dat praktisyns by die Shongwe-hospitaal naby Malalane, onlangs ’n brief van hul apteek ontvang het waaruit dit blyk lewensnoodsaaklike bloeddruk-medisyne en antibiotika, asook aspirien en foliensuur vir swanger vroue, uit voorraad is.

Dr. Thomas Bredenkamp het bevestig dat hy en sy kollegas het ’n brief met ’n lys van minstens 80 middels van die hospitaal se apteek ontvang. Luidens die brief bestel die apteek weekliks medisyne, maar ontvang hulle nie die voorraad van die depot nie. Die redes is glo onder meer omdat die regering nie alle farmaseutiese maatskappye betaal het nie, word beweer. 

Mnr. Mpho Gabashane, woordvoerder van Mpumalanga se departement van gesondheid, het in ’n mediaverklaring bevestig dat kontantvloeiprobleme tot die tekorte bydra, maar ontken dit is ’n “krisis”.

Polisie sukses op Komatipoort

Gister op die eerste dag van Oktober was ‘n taamlike bedrywige dag vir die SA Polisie by die Lebombo grenspos anderkant Komatipoort.  Kapt Leonard Hlati berig dat verskeie misdade oopgevlek was. Onder andere ‘n Nissan UD 460-trok en twee platbak sleepwaens, ter waarde van R2,5 m, wat vroeër in Durban-Noord gekaap is. Die bestuurder – ‘n Swazilandse burger was op die perseel gearresteer.

‘n Toyota Dyna koeltrok vanaf Mosambiek het ook verdag voorgekom omdat die vrag-gedeelte se buitemate heelwat langer was as die binnemate. By nadere ondersoek is ‘n vals kompartement gevind met versteekte onwettige sigarette ter waarde van meer as ‘n halwe miljoen rand. Die Zambiese bestuurder is ook gearresteer.

In nog ‘n geval is Mosambieker vasgetrek in die besit van ‘n gesteelde motorfiets ter waarde van R5000. Al drie verdagtes sal Maandag in die Magistraatshof op Komatipoort verkyn. 

Vrydag is sewe Swazi soldate gearresteer nadat hulle na bewering Sifiso Shabangu op 20 Augustus vir geen rede aangeval en vermoor het. Sy liggaam is later met ‘n kruiwa na die SA-grens gestoot en daar afgegooi. Die oorledene was blykbaar per voet na Saziland omderweg om by sy vriendin te kuier. Die Swazilandse polisie ondersoek die voorval.

Verlede Donderdag is ‘n polisiekonstabel, Themba Shabangu, by sy huis op Pienaar deur twee aanvallers doodgeskiet en van sy VW Polo beroof. Die rowers is kort daarna vasgetrek. Jaloesie was blykbaar die rede vir die motorkaping.

N4 brug tuimel inmekaar naby Nelspruit

Roelf Van Jaarsveld 01 Oktober

Die N4 tolpad wes van Nelspuit is vanoggend vir verkeer oopgestel nadat balke van 'n nuwe brug wat onder konstruksie is, laat gisteraand inmekaar getuimel en alle bane versper het. Die brug is deel van die ringpad wat by die nuutgeboude 2010 Mbombela stadion begin. Ingenieurs  vermoed dat die balke van die brug weens vibrasies van verbygaande swaar vragmotors meegegee het.

Standerton inwoners in hegtenis na geweld optog

Gewelddadige betogings het weer  vanoggend in die Sakhile woonbuurt buite Standerton uitgebreek. Ontstoke inwoners wat oor swak munisipale dienslewering en korrupte amptenare kla, het die R-23 pad tussen Johannesburg en Standerton weer met klippe en brandende buitebande versper. Altesame 24 inwoners is gister weens openbare geweld in hegtenis geneem.

 

 

Met  besoekers op ons webwerf, kan jy ook die blootstelling geniet deur hier te adverteer.  Kontak ons bemarkers by admin@radiolaeveld.co.za

 

Ons kompetisie - KopSkrop - Bly ingeskakel op Radio Laeveld vir lekker groot kontantpryse wat gewen kan word - Maandag tot Vrydag - Elke week ! 

 

 


 

 
 
 

 

Adverteer Op Radio Laeveld:

 

 

 
 

 
     
 

 

 
   
 

 

 
 

Contact Communications - 013-753-3425

 
 

 

 
 

 
 

 

 
 

 
 

 

 
 

 
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
 

 

 
 
 

 

 
 
Kopiereg  © , Radio Laeveld. Alle regte voorbehou.Webtuiste ontwerp en gehuisves deur "InternetiX Internet and Network Solutions" Kontak vir Danie Joubert by 082-467-3434 vir jou webtuiste.