Baie welkom by Radio Laeveld, 'n gemeenskaps radiostasie wat vir
die eerste keer op 31 Mei 2003 begin uitsaai het. Dit is ook die
doel van die stasie om die gemeenskap se betrokkenheid in die
Laeveld aan te moedig. Die stasie maak 'n bestaan deur donasies,
borge, advertensies en luisteraars wat as lede 'n bydrae tot die
stasie se inkomste lewer.
Radio Laeveld saai uit op 100.5Mhz FM en
bereik die meeste dorpe in die Mpumalanga Laeveld streek. Daar
word voortdurend gepoog om die sein te verbeter en te versterk in
sodoende die bergagtige topografie van die Laeveld te omseil en
dan ook vir die luisteraars 'n beter ontvangs te verseker.
Radio Laeveld gebruik ook die Internet
as 'n middel om uit te saai. Jy kan dus van enige plek in die
wêreld na ons luister en selfs deelneem aan ons programme. Stuur
gerus 'n epos aan ons as jy vir jou vriende of familie wil
"hallo" sê.
Kliek
hierom die lys van liedjies deur te sien
of maak jou eie keuse vir plasing op ons speellys. Vul
gerus ook ons meningopname
wat kwartaaliks opgedateer word, in. Ons
luister graag na jou voorstelle en speel graag die
musiek wat jy wil hoor.
R40 in Nelspruit, ongeluk.
30 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
Die Mpumalanga regering moet die skool in Kwamhlanga, waar agt
seuns wat ingelyf moes word tot volwassenheid, doodgebloei het
tydens besnyding. Dit was die woorde van die DA-woordvoerder,
Velly Manzini.
Hulle het onder meer die LUR vir gesondheid en onderwys genader
om dié skool te sluit omdat onskuldige seuns dood is. Velly sê
die saak moet deeglik ondersoek word oor hoekom die seuns dood
is. Die LUR van gesondheid, Dikeledi Mahlangu het in ‘n
verklaring gesê hulle konsulteer met tradisionele leiers en
ander regeringsdepartemente om in te gryp om te voorkom dat meer
lewens geëis word. Volgens Velly moet die oorsaak eers vasgestel
word voordat voorkoming van verdere voorvalle plaasvind. Hy sê
geregtigheid moet geskied vir die persone wat by die voovalle
betrokke was. Volgens hom moet kinders na ‘n wettige skool
gestuur word.
Skoendiewe verskyn
in Belfasthof
Ses mans het gister in die Belfast Magistraat verskyn nadat
hulle vermoedelik ‘n trok vol Italiaanse skoene, ter waarde van
R600 000 gekaap het. Volgens Kaptein Leonard Hlathi,
woordvoerder van die polsie, is Collins Mawarura, Matheus
Matjanku, Gilbert Mungwazi en Marisa Tasunungwura van Zimbabwe
verlede gearresteer saam met Brandon Slimmerts en Basheer
Raffee, van Suid-Afrika. ‘n Kaapse besigheidsman het die trok as
vermis aangegee, vanwaar die polisie dit op die N4, oppad na
Nelspruit gekry het. Die verdagtes het aan die polisie gesê hoe
twee mans met ‘n blou BMW van die trok weggejaag het toe die
polisie op hul spoor was. Volgens Hlathi was die polisie se plan
om hulle met R5 000 om te koop sodat die groot base gekontak kan
word. Die verdagtes het vir die lokval geval kort nadat die
polisie hulle by ‘n vulstasie in Belfast vasgetrek het.
Nelspruit besigheids
eienaars sterf in ongeluk
‘n Ongeluk wat Saterdagmiddag op die N4 buite Middelburg naby
die Fonteinte afrit plaasgevind het, het vyf lewens geëis.
Kallie en Nellie van Rooyen, die eienaars van Corridor Bricks in
Nelspruit, is ook in die ongeluk dood. Die van Rooyens, wat
woonagtig was in Witrivier, het teruggekeer ná ‘n vakansie in
Namibië. Volgens Alana Klopper, menslike hulpbron bestuurder by
Corridor Bricks, wil dit voorkom of die van Rooyens met ‘n blou
Audi gebots het waarin drie insittendes was. Die begrafnis vind
Donderdag vanuit die Hervormde Kerk in Witrivier om elf-uur
plaas. Hulle word oorleef deur hul seun, Marius, wat tans nog
direkteur is by Corridor Bricks.
R40 in Nelspruit, ongeluk.
29 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
Daar het sopas ‘n
groot ongeluk op die R40 rigting Witrivier plaasgevind. Volgens
Cobus Els van Netcare 911, het ‘n taxi en ‘n voertuig met mekaar
gebots. Hy sê vier persone is redelik ernstig beseer, waarvan
een van die vier baie ernstig is. Hulle is onderskeidelik na die
Medi Clinic en die Rob Ferreira hospitaal vervoer. Daar is tans
nooddienste en verkeersbeamptes op die toneel om die
verkeersopeenhoping te reguleer. Jy kan ‘n alternatiewe roete
neem deur van die Landbou Kollege pad gebruik te maak. Daar was
ook ‘n botsing op die hoek van Russell en Marloth straat.
Nooddienste is oppad na die toneel. Neem alternatiewe roetes
indien jy van daardie paaie gebruik gaan maak.
Mbombela keur begroting goed sonder gemeenskap se
insette.
Die begroting vir 2009 – 2010 is verlede week deur die Mbombela
munisipaliteit goedgekeur sonder dat die
belastingbetalersvereniging se besware en die oortredings van
verskeie wette en riglyne in ag geneem is.
Die munisipaliteit het steeds voorgegaan met die goedkeuring
sonder die gemeenskap se betrokkenheid en slegs sewe
goedgekeurde stemme. Dit sluit ‘n 43 % voorsiening vir
salarisverhoging in, ten spyte van die globale depressie. ‘n
Volgens Adri Smit van der Merwe, voorsitter van die Mbombela
belastingsbetalersvereniging, toon die operasionele begroting
‘n groei van 24,8 %. Adri gee ‘n volledige verklaring tydens
Dagblad tussen een-uur en twee-uur.
Vervalsde sertifikaat oortreders word vervolg.
Twee studente
verpleegsters wat by die Shongwe hospitaal in Shoemansdal werk,
is verlede week gearresteer omdat hulle vervalsde
matrieksertifikate gebruik het. Hulle verskyn vandag in die hof
op aanklag van bedrog.
‘n Interne
ondersoek wat gevolg het, het tot die onmiddelike afdankking en
arrestasie van die twee verpleegsters gelei. Volgens Kapt.
Leonard Hlathi, woordvoerder van die georaniseerde
misdaad-eenheid, is die polisie trots op die hosptiaal se
positiewe samewerking om bedrog te bekamp. Die polisie waarsku
mense egter teen die vervalsing van sertifikate en grade. Hlathi
sê dis ‘n ernstige oortreding en oortreders sal ernstig vervolg
word.
ATM-masjien in Siyabuswa opgeblaas
‘n ATM-masjien is
Vrydag in Siyabuswa opgeblaas toe verdagtes in twee voertuie die
sekuriteitswag by die Capitec bank oorval het. Volgens kapt.
Leonard Hlathi, woordvoerder van die georganiseerde
misdaad-eenheid, was daar ‘n ontploffing by die Capitec Bank.
Die sekuriteitswag, wat daarin geslaag het om te ontsnap, het
kort na die ontploffing die polisie in kennis gestel. Dis nog
nie seker hoeveel kontant uit die ATM-masjien gesteel is nie,
maar enige iemand wat as ooggetuie kan optree of meer inligting
rondom hierdie voorval het, kan Leonard bel by: 082 462 0804.
Poging tot moord aanklag na bakleiery.
26 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
‘n Vrou van
Shoemansdal is gister vir poging tot moord aangekla nadat sy ‘n
ma met ‘n skerp voorwerp aangeval het. Volgens supt. Abey
Khoabane, provinsiale woordvoerder van die polisie, het die
20-jarige ma gehoor haar seun word aangerand. Sy het na die
kamer gehardloop waar haar vriendin met haar seun baklei het.
Tydens die konfrontasie het die vriendin die ma met ‘n skerp
voorwerp aangeval en haar oor die kop geslaan. Die ma is na die
naaste hospitaal geneem vir verder behandeling. Niemand se name
kan tot dusver genoem word nie, omdat niemand nog in die hof
verskyn het nie. Die ondersoek duur nog voort.
Kapings op stilpaaie weer bedrywig
‘n Trokbestuurder
is gisteraand in Belfour gekaap toe ‘n wit Toyota Tazz die
Mercedes Benz trok van die pad afgedwing het. Dit wil voorkom of
die 61-jarige trokbestuurder vanaf Nigal ‘n vrag in Belfour wou
aflaai toe die voorval plaasvind. Die trok het ‘n geraamde
waarde van byne vyf-honderd-duisend-rand. Die bestuurder is ook
van sy selfoon beroof. Die polisie waarsku mense van
kapings-misdrywe en sê motoriste moet op die uitkyk wees vir
voertuie wat verdag voorkom.
West Acres misdadigers steeds soek
‘n 27-jarige vrou
is gister in West Acres, Nelspruit, deur drie verdagtes in die
straat oorval. Die mans het haar met ‘n mes aangehou en haar
beveel om haar handsak en ander persoonlike besittings te
oorhandig. Volgens die die provinsiale polisiewoordvoerder,
supt. Abey Khoabane, het die voorval helder oor dag plaasgevind.
Sy is van meer as R600 kontant ook beroof. Die verdagtes is nog
nie vasgetrek nie en Khoabane waarsku inwoners van West Acres om
versigtig te wees en verdagte mense aan die polisie te
rapporteer.
Vermiste vrou se lyk digby Witrivier gevind
Die 32-jarige
Salomien Terblanche wat op 15 April vermis geraak het, se erg
ontbinde lyk is eergister tussen Witrivier en Sabie in die
plantasies gevind. Julie Kruger, by wie Salomien gebly het, het
gesê boswerkers het op haar afgekom en die polisie dadelik in
kennis gestel. Haar voertuig is reeds twee weke nadat sy vermis
geraak het, in daardie omgewewing gevind, maar dit wil voorkom
of haar lyk nie tóé daar was nie. Dis egter nog nie seker hoe
lank sy al dood is nie en haar liggaam is vroeg vanoggend
uitgeken. ‘n Nadoodse ondersoek vind Maandag en Dinsdag in
Pretoria plaas. Volgens Julie gaan hulle later in volgende week
of die week daarop ‘n roudiens vir Salomien hou. Sy het blykbaar
geen polisse gehad nie en is bydraes welkom. Bel vir Julie by:
082 829 0838.
Tweede casino rower inhegtenis
25 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
‘n Tweede verdagte
is die week in hegtenis geneem wat met die Casino-rooftog in
Witbank betrokke is. Volgens kapt. Leonard Hlati, woordvoerder
van die georganiseerde misdaad-eenheid in die provinsie, is
Bongani Dlala in ‘n hotelkamer in Hillbrow gearresteer. Die
rooftog het op 13 Junie plaasgevind waar ‘n groep gewapende
rowers op die Casino toegesak het. Hulle het verskeie skote op
personeel en kliënte afgevuur. Hulle het ‘n onbekende bedrag
geld geneem en van die toneel gevlug. Twee polisiebeamptes wat
na die toneel gehaas het, is ook in die voorval geskiet. 21
koeëls het op die polisievoertuig neer gereën, maar beide
polisiebeamptes het die voorval oorleef. Drie gesteelde voertuie
is ook op die toneel gevind. Een bakkie is klaarblyklik in
Gauteng gesteel en die ander een in Witbank. Die rooi Jetta
waarin die AK47gevind is, en in die skietvoorval gebruik is, is
in KaNyamazane buite Nelspruit gesteel. Die eerste verdagtes is
kort na die voorval gearresteer.
Bejaardes vir R50 aangeval.
24 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
‘n Bejaarde paartjie is gister op hul dogter se melkplaas op
Chrissiesmeer aangeval en van slegs R50 en hul selfone beroof.
Kapt. Leonard Hlathi, provinsiale polisie woordvoerder, sê drie
verdagtes het Tracy Pemberton se plaas omstreeks half-tien
betree en die haar pa, Donald Gubb buite die huis gewaar. Hulle
het om in die huis gedwing en hom, asook sy vrou, Yvonne, Tracy
en een van hul werkers, Sameul Lukhele, vasgebind. Die verdagtes
wou geld gehad het en het Donald met ‘n mes in die kop gesteek
en Yvonne met ‘n skerp metaalvoorwerp oor die kop geslaan.
Hlathi sê die drie verdagtes het drie selfone gestel en slegs
R50 geneem en weggehardloop. Die paartjie is in ‘n bestendige
toestand in die hospitaal. Die saak word nog tans ondersoek.
Nasionale krieketspelers rig plaaslike laerskoolspan af.
Die Laerskool
Witrivier se eerste krieketspanne was in die bevoorregte posisie
om die afgelope naweek deur twee Highveld Lion krieketspelers
afgerig te word. Gerhard de Bruyn en Keegan Africa, twee van dié
Hoëveld spelers het veral op vaardigheidsoefeninge gefokus en
hulle ook geleer om goeie veldwerk kolfwerk en boulwerk te doen.
Twee spanne is gevorm vanwaar hulle ‘n wedstryd gespeel het om
die vaardighede toe te pas. Volgens Vanessa Roets, woordvoerder
van die skool, het dié dag hulle goed voorberei vir die Natal se
toer wat gaan plaasvind.
Die skool se eerste
krieketspan gaan vanaf 19 tot 27 Junie na Richardsbaai in Natal
vir hulle jaarlikse kriekettoer. Hulle gaan teen verskeie Natal
se krieketspanne meeding in vriendskaplike wedstryde. Venessa sê
die span het goeie vooruitsigte, veral omdat hulle die vorige
seisoen se Laeveldwenners was en as die naaswenners in
Mpumalanga geëindig het. Volgens haar het die seisoen pas
afgeskop, maar gaan die toer hulle voorberei vir die spanne in
Mpumalanga teen wie hulle te staan gaan kom.
Twee Laeveldskole in
Netbal finaal
Die Mpumalanga netbal finale wedstryde het die afgelope naweek
in Middelburg plaasgevind. Die Hoërskool Bergvlam het teen die
Hoërskool Nelspruit in die einstreid te staan gekom en met twee
punte verloor met ‘n finale telling van 12 – 10 in Nelspruit se
guns. Hoërskool Nelspruit het as die Mpumalanga wenners uit die
stryd getree.
Ermelo Skoolhoof kap
terug
Die Hoërskool Ermelo se beheerraad wat veg om Afrikaans in die
skool te red, is ‘n bewys dat hulle die skool ten alle koste vir
Afrikaanses uitsluitlik wil behou, het die hoof van Mpuamalanga
se onderwysdepartement, Monwabisi Tywakadi, in sy aansoek by die
konstitusionele hof gesê. Volgens Monwabisi het die department
kapsie teen die hooggeregshof in Maart gemaak dat die beheerraad,
en nie die onderwysdepartement, uitsluitlike mag het om die taal
van ‘n bestaande skool te bepaal. Die beheerraad het begin 2007
geweier om die taal in die skool te verander om 27 leerlinge wat
in Engels wou skoolgaan, te akkomodeer. Hofsake het in September
2007 aanvang geneem. Die departement het klaarblyklik in ‘n
argument verlede week gesê die taal van die skool is
drie-en-negentig jaar terug bepaal tot en met 2007. Toe ‘n
aansoek ingedien is om die taal te verander, het die beheerraad
volstrek geweier om dit ‘n dubbelmedium skool te maak. Volgens
Monwabisi moet die skool die sosiale veranderings in die land
aanvaar en daarby aanpas soos talle ander skole in die land.
Rowers slaan toe in KaNyamazane
Vier gewapende
rowers het ‘n man in sy dertigs oorval in sy huis in KaNyamazane
gistermiddag. Die rowers het met verskeie gewere en vuurwapens
die man aangehou en hom vasgebind. Hulle het sy skootrekenaar,
twee Blakberry selfone en ‘n half-duisend rand beroof. Volgens
supt. Aby Khoabane, provinsiale woordvoerder van die polisie,
het die polisie nie daarin geslaag om die verdagtes te arresteer
nie. Hy sê hulle is nog besig met ‘n ondersoek, maar hulle is
nie seker of die verdagtes met ander misdade in die Laeveld
betrokke is nie. Die saak duur steeds voort.
Beamptes met vervalste sertifikate weer vrygelaat.
23 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
Sameul Nkomo,
Luzile Mazibuko en Sibongile Ngomane is gister op borgtog van
een-duisend-vyf-honderd rand vrygelaat en hulle verskyn weer op
15 Julie in die hof. Die drie beamptes het hulle
matrieksertifikate vervals en vir verpleegsters aansoek gedoen.
Volgens Kapt. Leonard Hlathi, woordvoerder van die
georganiseerde misdaad, het hulle die aanvraag ontduik en vir
skoonmakers heraansoek gedoen. Hlati sê dit bring die getal tot
vyf beamptes hospitale binne twee weke wat vervalsde
matrieksertifikate ingehandig het. Die Mpumalanga premier, David
Mabuza, druk dit ook op die hart dat bedrog nie ongestraf gelaat
sal word nie.
Sabie krag gesny sonder waarskuwing
Sabie het
vanoggend gebuk gegaan onder ‘n kragonderbreking nadat Eskom
hulle sonder enige waarskuwing afgesny het. Verskeie inwoners
was hoogs ontstoke en besighede kon nie normaal funksioneer nie.
Eskom se woordvoerder, Eric Khosa, het egter in ‘n onderhoud met
Radio Laeveld gesê hulle sal die krag aanskakel sodra die Thaba
Chweu munisipaliteit hulle agterstallige rekening betaal.
Volgens Nick van Rensburg, direkteur van die tegniese afdeling,
wil dit voorkom of hulle wel vandag die rekning nog gaan betaal.
‘n Volledige onderhoud met verskeie partye word in Dagblad om 1h
vandag bespreek.
Groot verblyftekort vir die 2010 sokker
wêreldbeker.
22 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
Ongeveer vyf-en-vyftig duisend sokker-aanhangers moet nog
verblyf kry vir die 2010 sokker wêreldbeker. Volgens die
Seeff-voorsitter, Samuel Seeff, moedig hy mense aan om hulle
huise oor die tydperk uit te verhuur om verblyftekort te voorkom.
Die Suid-Afrikaanse toerisme raad het in ‘n verklaring gesê daar
is tans ‘n tekort aan vyf-en-sestig duisend beddens in Gauteng
en ander dele van die land. Nelspruit het tans dertien-duisend
beddens beskikbaar met Polokwane en Rustenburg beide vyf-duisend
beddens en Bloemfontein veertien-duisend. Hy sê die tekort aan
beddens skep ‘n goeie besigheidsgeleentheid vir Suid-Afrikaners
ter waarde van vier-honderd-miljoen rand in die eiendomsmark.
Sappi maak Innibos hande vuil
Robin Jansma
SAPPI en die Innibos Nasionale
Kunstefees maak vanjaar die hande vuil in 'n gesamentlike "groen"
bewusmakings veldtog tydens die fees. Mnr André Oberholzer,
hoof van korporatiewe bedrywighede by Sappi sê die feestema
is presies inlyn met die globale verbintenis tot die
bewaring en beskerming van die planeet se natuurlike
hulpbronne en 'n projek wat Sappi graag ondersteun. Deur
middel van die "groen ambasadeur" projek wat vanoggend in
Nelspruit bekend gestel word gaan meer as 30 skoliere oral
op die feesterrein ingespan word om by sowat 15
herwiningstasies die besoekers oor die herwiningsboodskap in
te lig en rommel help sorteer. Suid Afrika het tans die
hoogste herwinings persentasie, tussen 75% en 80% op
herwinbare karton en hoop om met projekte soos diè, ook
papier, glas, blik en ander herwinbare materiaal suksesvol
te herwin ten einde die las op die natuur te verminder.
Hond byt vierjarige seun in Secunda
Naranda Leeuwner
‘n Amerikaanse veghond het Vrydag in Secunda ‘n vierjarige
seun, Xander van Zyl, se oor byna afgeskeur, sy linkerarm
gebreek en dele van sy kopvel afgeruk. Dit wil voorkom of
die inwoner van die huis waar die voorval plaasgevind het,
net gestaan en toekyk het vanwaar ‘n ander buurman, Fanie
van Rensburg, die hond met ‘n waterpyp geslaan het om vir
Xander te red. Xander is klaablyklik dadelik na die Hoëveld
Medi-Clinic in Trichardt geneem. Soos berig word, gaan die
hond, wie se ras nie werklik bevestig kan word nie, ook
vermoedelik vandag van kant gemaak word. Die Van Zyl-egpaar
gaan ook na bewering regstape teen die eienaar van die hond
neem.
Boer vang
koperdiewe
Drie vroue is
Vrydag tussen Lydenburg en Orighstad gearresteer nadat ‘n
boer op Orighstad, Johannes Malan, op die vroue afgekom het
waar hulle koperdrade gesteel het. Volgens supt. Abey
Khoabane, provinsiale woordvoerder, het hulle koperkabels
ter waarde van tien-duisend rand gesteel en daarmee probeer
vlug. Johannes het hulle aan die polisie oorhandig. Die
vroue verskyn vandag in die Lydenburg se magisistraat op
aanklag van koperdiefstal.
Vrou vasgetrek na moord op
eie seun
‘n Vrou is oor die
naweek deur die plaaslike polisie in Kabokweni net buite
Nelspruit vasgetrek nadat sy haar eie ses-jarige seun
verlede Woensdag in Pienaar vermoor het. Volgens supt. Abey
Khoabane, provinsiale woordvoerder van die polisie, het
hulle verskeie leidrade opgevolg om die ma vas te trek. Sy
verskyn later vandag in die hof in Kabokweni op aanklag van
moord. Die motief van die moord is egter nog nie bekend nie.
Casino roof verdagte aangekeer
22 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
‘n Tweede verdagte
is die week in hegtenis geneem wat met die Casino-rooftog in
Witbank betrokke is. Volgens kapt. Leonard Hlati, woordvoerder
van die georganiseerde misdaad-eenheid in die provinsie, is
Bongani Dlala in ‘n hotelkamer in Hillbrow gearresteer. Die
rooftog het op 13 Junie plaasgevind waar ‘n groep gewapende
rowers op die Casino toegesak het. Hulle het verskeie skote op
personeel en kliënte afgevuur. Hulle het ‘n onbekende bedrag
geld geneem en van die toneel gevlug. Twee polisiebeamptes wat
na die toneel gehaas het, is ook in die voorval geskiet. 21
koeëls het op die polisievoertuig neer gereën, maar beide
polisiebeamptes het die voorval oorleef. Drie gesteelde voertuie
is ook op die toneel gevind. Een bakkie is klaarblyklik in
Gauteng gesteel en die ander een in Witbank. Die rooi Jetta
waarin die AK47gevind is, en in die skietvoorval gebruik is, is
in KaNyamazane buite Nelspruit gesteel. Die eerste verdagtes is
kort na die voorval gearresteer.
Witrivier Laerskool krekiet toer na Kwa Zulu
Natal.
17 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
Witrivier Laerskool
se eerste krieketspan gaan vanaf 19 tot 27 Junie na Richardsbaai
in Natal vir hulle jaarlikse kriekettoer. Hulle gaan teen
verskeie Natal se krieketspanne meeding in vriendskaplike
wedstryde. Vanessa Roets, woordvoerder van die skool, sê die
span het goeie vooruitsigte, veral omdat hulle die vorige
seisoen die Laeveldwenners was en as die naaswenners in
Mpumalanga geëindig het. Volgens haar het die seisoen pas
afgeskop, maar gaan die toer hulle voorberei vir die spanne in
Mpumalanga teen wie hulle te staan gaan kom.
Nelspruit Skool
Mpumalanga netbal wenner.
Die Mpumalanga netbal finale wedstryde het die afgelope naweek
in Middelburg plaasgevind. Die Hoërskool Bergvlam het teen die
Hoërskool Nelspruit in die einstreid te staan gekom en met twee
punte verloor met ‘n finale telling van 12 – 10 in Nelspruit se
guns. Hoërskool Nelspruit het as die Mpumalanga wenners uit die
stryd getree.
Korrupte polisieman gearresteer
10 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
‘n Konstabel van
die voertuig identifikasie-eenheid in Komatipoort, Ignitius
Mathabe, is gister op aanklagte van korrupsie gearresteer.
Volgens kapt. Leonard Hlati, woordvoerder van georganiseerde
misdaad, wil dit voorkom of hy ‘n ongesteelde Mazda Drifter
bakkie as gesteel aangemeld het, en terug aan die eienaar
oorhandig moes word. Ignitius het ‘n een-duisend-rand
oorhandigingsfooi vir die Gautengse man gevra wat nie binne die
polisie se beleid val nie. Dis aan die polisie aangemeld wat
tot die arrestasie gelei het. Die fooi is ook aan die
voertuig-eienaar terugbesorg. Die verdagte is op
een-duisend-rand borgtog vrygelaat. Sy saak kom weer op 26 Junie
voor.
Mpumalanga regering trek saam.
Een van die
verdagtes wat by die Lebombo grenspos gearresteer is vir die
twee-en-vyftig-milijoen rand se dwelmsmokkelary in Mei-maand,
het gister in die Komatipoort se rondgaande hof verskyn.
Emmaneul Memuse se
saak is uitgestel tot more wat waar hy in die Barberton se
magistraat gaan voorkom. Die ander verdagte, Jayime Chauke, is
verlede week op ‘n borgtog van tien-duisend-rand vrygelaat.
Die twee is op 19
Mei by dié grenspos vasgetrek toe hulle met
honderd-drie-en-tagtig komma sewe kilogram se heroin gevang is.
Die twee mosambiekse burgers was onderweg na Johannesburg toe
die polisie snuf in die neus gekry het. Kapt. Leonard Hathi het
ons op Dagblad meer vertel.
Die SAPD se vrouenetwerk maak groot skenkings.
Die Suid-Afrikaanse
Polisie se Vroue Netwerk, het ‘n projek in samwerking met die
polisie, SARS, binnelandse sake, Gift of the Givers, die
department van Immigrasie en gemeenskapswerkers geloods om 400
komberse vir minderbevoorregtes te skenk in die Warm-hou projek
by Oshoek. Hulle het ook warm sop vir die minderbevoorregtes
bedien. Om ook sulke donasies te maak, kan Senior supt. Cynthia
Mhlanga gebel word by:082 491 5843.
Mpumalanga regering trek saam.
08 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
Na aanleiding van
Pres. Jacob Zuma se begrotingstoespraak vir die land, het die
Mpumalanga provinsie ‘n drie dag samespreking by die Floreat
Hotel in Sabie van stapel gestuur wat vanaf môre, 9 Junie tot
Vrydag, 12 Junie, gaan plaasvind.
Volgens Ntime
Skhozana, woordvoerder van die premierskantoor, is dit ‘n
periodieke regeringsbeplanning waar alle LUR’e, hoofde van
departemente en finansiële bestuurders betrokke is.
Onderwerpe wat
geïdentifiseer is, sluit beter munisipale en regerings
prestasies in, afname in misdaad en korrupsie, om
gesondheidsadministrasie en die kwaliteit van dienslewering te
verbeter, ontwikkeling van ekonomiese en landelike
infrastruktuur en om werksgeleenthede te skep. ‘n Ander
belangrike punt wat aangeraak gaan word, is om skoon lopende
water deur die provinsie se landelike gebiede te kry.
Vyf verdagtes gearresteer na aanleiding van
leerlinglisensie bedrog.
02 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
Die eienaar van
die bestuuskool wat Vrydag in Kwamhlanga gearresteer is, het
gister in die magistraat verskyn. Volgens die provinsiale
woordvoerder van die georganiseerde misdaad, kapt. Leonard Hlati,
het Eric Manana, wat die eienaar van die BJ bestuurskool is, vir
Sibusiso Raliphandi as sy agent gehuur om leerlinglisensies
namens die kliënte te skryf.
Hulle is op heter daad betrap en Vrydag gearresteer. Hulle is tans teen een-duisend-rand uit op parool, tot hulle saak op 24 Julie weer voorkom.
Hierdie arrestasie
het gevolg nadat drie ander beamptes van die Steve Tshwete
munisipaliteit in Middelburg verlede Woensdag gearresteer is.
Leonard sê, Pirscilla Namane, Lillian Willemse en Shubie Seedat
is gearresteer omdat hulle vals leerlinglisensies uitgereik het.
Hulle is ook tans uit op parool tot hul saak op 18 Junie weer
voorkom. Die polisie moedig die publiek aan om met sulke vervalste
lisensies na vore te kom met die voorwaarde dat hulle nie
vervolg sal word nie.
Australieë wink vir plaaslike spelers.
01 Junie 2009 - Naranda Leeuwner
Twee
plaaslike aksie krieketspelers van Nelspruit is vir die
nasionale o.16 span gekies wat later vanjaar aan die
wêreldbyeenkoms in Australië gaan deelneem. Michael Chandler
van Penryn Kollege en Gawie le Roux van Hoërskool Nelspruit het
beide die span gemaak. Michael het begin aksiekrieket speel toe
die springbok afrigter, Eric Grimaldi, die sport in Nelspruit
bekend gestel het. Eric was Michael se mentor, asook sy pa, wat
‘n kranige krieketspeler was. Michael
is al vir die Laeveld se junior span, wat al twee keer aan die
interprovinsiale toernooie deelgeneem het, gekies. Gawie is,
vandat hy aksiekrieket begin speel het, vir die provinsiale span
gekies. Hy het in die o.13 “All Stars” span gespeel en in 2007
het sy uitmuntende spel hom ‘n plek in die Suid-Afrikaanse o.14
span besorg waar hulle ‘n goue medalje in Brisbane, Australië
gewen het. Hy is weereens vir die nasionale span gekies. Foto:
Verskaf, Gawie le Roux, Michael Chandler
Bekende besigheidsman van Nelspruit in
motorongeluk oorlede die naweek.
‘n Bekende
besigheidsman in Nelspruit, wie se naam nog nie bekend gemaak
kan word nie, omdat sy naasbestaandes nog nie almal in kennis
gestel is nie, is die afgelope naweek in ‘n motorongeluk oorlede.
Dis nog nie seker presies wanneer die ongeluk gebeur het nie,
maar volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, Insp. Dawie
Pretorius, was die polisie gistermiddag omstreeks
kwart-oor-twaalf op die toneel op die Sabie/Lydenburg pad.
Volgens Dawie het die man ‘n ongeluk met sy rooi Honda Jazz ,
drie kilometer voor Elmswood gemaak. Na bewering, wat nie deur
die polisie bevestig kan word nie, het die ongeluk reeds
Saterdagaand plaasgevind. ‘n Saak van strafbare manslag is
geopen.
Met
besoekers op ons webwerf, kan jy ook die
blootstelling geniet deur hier te adverteer.
Kontak ons bemarkers by
admin@radiolaeveld.co.za
Ons kompetisie - KopSkrop - Bly
ingeskakel op Radio Laeveld vir lekker groot
kontantpryse wat gewen kan word - Maandag tot Vrydag -
Elke week !