Lys van Adverteerders en Borge              
 
 


Luister regstreeks na ons uitsending op die Internet. Kliek op die radio om die stroom te aktiveer

 

 

 

Radio Laeveld Forum

100.5% Leesgenot

100.5% Klub Skatkis

Radio Laeveld Kinderfonds

Op Eie Werf Fonds

Meningsopname

Kies Jou Speellys

Naweekspyskaart Resepte

Argief

Augustus 2009

Julie 2009

Junie 2009

Mei 2009

April 2009

Radio Laeveld 100.5 FM Stereo

Baie welkom by Radio Laeveld, 'n gemeenskaps radiostasie wat vir die eerste keer op 31 Mei 2003 begin uitsaai het. Dit is ook die doel van die stasie om die gemeenskap se betrokkenheid in die Laeveld aan te moedig. Die stasie maak 'n bestaan deur donasies, borge, advertensies en luisteraars wat as lede 'n bydrae tot die stasie se inkomste lewer.

Radio Laeveld saai uit op 100.5Mhz FM en bereik die meeste dorpe in die Mpumalanga Laeveld streek. Daar word voortdurend gepoog om die sein te verbeter en te versterk in sodoende die bergagtige topografie van die Laeveld te omseil en dan ook vir die luisteraars 'n beter ontvangs te verseker.

Radio Laeveld gebruik ook die Internet as 'n middel om uit te saai. Jy kan dus van enige plek in die wêreld na ons luister en selfs deelneem aan ons programme. Stuur gerus 'n epos aan ons as jy vir jou vriende of familie wil "hallo" sê.

 

Ons besoekers staan tans op :

 

 

 

 

Ons Ateljee Telefoon nommer :

013-74-11-999

Ons Ateljee SMS nommer :

084-MY-RADIO

(084-69-72346)

 Skype: Chat with me  

(Messenger: rlateljee@hotmail.com)

Kies jou musiek !

Kliek hier om die lys van liedjies deur te sien of maak jou eie keuse vir plasing op ons speellys. Vul gerus ook ons meningopname wat kwartaaliks opgedateer word, in. Ons luister graag na jou voorstelle en speel graag die musiek wat jy wil hoor.

Jou naam
Jou Epos
Jou Boodskap

      

Helikopter Ontplof in Witrivier

Roelf Van Jaarsveld 30 Augustus

‘n 49-jarige vlieënier en twee jong meisies is dood toe ‘n private helikopter gister naby Witrivier neergestort het. Die helikopter het ontplof toe dit naby ‘n bloekomplantasie te lande gekom  het. Die vlieënier was  George Snyman en die meisies die elfjarige  Cindy Nel  en die agtjarige Zambrie Germishuizen van Nelspruit. Die ongeluk het tot ‘n brand  in die plantasie gelei wat intussen geblus is. 

 Inwoners brand bande in protes

Polisieversterkings is na Witrivier gestuur waar ontstoke inwoners van die Sincobile Trust paaie wat na die nedersetting lei met  brandende buitebande en klippe versper het. 'n Gemeenskapsleier sê mense bly al vyf jaar daar en inwoners beskik oor geen basiese diensgeriewe soos lopende water nie. Hy het ook beweer dat die burgemeester van die Mbombela munisipaliteit, Lassy Chiwayo, nie sy beloftes nagekom het om die gemeenskap by te staan om die nodige geriewe te bekom nie.

  

Een groot avontuur met kaskarre 

Saterdag 22 Augustus

Die graad twee leerlinge van Laerskool Laeveld het onlangs ‘n Kaskarwedren by die skool aangebied as fondsinsamelingsprojek vir die skool.  Die leerders het in klasverband meegeding om die meeste rondtes aan te teken asook die aanskoulikste span met die meeste gees.  ‘n Ieder en elk het aan die avontuurlike dag deelgeneem.

 Elsamé Scholtz konsentreer baie hard om haar span se voorsprong te behou.

Ceasar oftewel Mnr. Werner van Tonder lei sy graad sewe klas in hul optog as Romeine gedurende die jaarlikse Kaskardag.

Laeveld se Redenaars presteer puik gedurende redenaarsaand. 

Redenaars vier vanjaar hooggety by Laerskool Laeveld. Die graad ses en sewe leerders het onlangs gedurende hul redenaarsaand gewys dat “wysneus of geitjie” ons kan redeneer!

 

Bianca van der Merwe, Cilene Coetzee, Rischa Blom, Naomi Steinberg, Gideon Engelbrecht en Francois Croukamp

In die graad ses afdeling is die eerste vyf plekke behaal deur: Bianca van der Merwe, Cilené Coetzee, Rischa Blom, Naomi Steinberg en gesamentlik vyfde Gideon Engelbrecht en Francois Croukamp. Bianca se onderwerp: “Deesdae is beter as destyds” was ‘n ware wenner.

 

Frans-Nico Venter, Andrea Coetzee, Marno van Eijk, Juané Nieuwenhuys en Jean-Pierre du Toit

In die graad sewe afdeling het Frans-Nico Venter as wenner uit die stryd getree met sy onderwerp: “ Die M-faktor is die rede vir seuns se nagmerries (ma’s, meisies en moegoes)”. Andrea Coetzee, Marno van Eijk, Juané Nieuwenhuys en Jean-Pierre du Toit het plekke twee tot vyf behaal. 

Voorwaar leerders om op trots te wees!

Laerskool Laeveld se graad sewe leerders besoek CHIMP Eden

 Laerskool Laeveld se graad sewe leerders het onlangs vir ‘n opvoedkundige uitstappie Chimp Eden besoek.  Leerders het aandagtig geluister na ‘n praatjie oor bedreigde spesies en ‘n volledige toer deur die hokke ontvang waar hulle agtergrondinligting oor elke chimpanzee ontvang het. Ter afsluiting het die leerders ‘n voertuig vol groente en vrugte geskenk as kos vir die intelligente diere.

Juffrou Judy van Dijk saam met Michael Bodenstein, Sunet van Tonder, Riaan le Roux en Johan Pretorius

Liggaam verbrand gevind
Roelf Van Jaarsveld 13 Augustus

Die polisie sê die erg verbrande liggaam van ‘n man is op ‘n plaas buite Chrissiesmeer gevind.Woordvoerder superintendent Abie Khoabane sê die man is onherkenbaar verbrand en ‘n hamer is langs die liggaam gevind.Hy sê plaaswerkers het gisteroggend op die toneel afgekom.

Polisiemanne voor oor korrupsie

Vier polisiemanne het in die Belfast-distrikshof op aanklagte van korrupsie verskyn.
Polisiewoordvoerder Leonard Hlathi sê die polisiebeamptes -- drie inspekteurs en een konstabel – word daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld van insleepdienste ontvang het.Die saak is tot vandag uitgestel en na die streekhof op Belfast oorgeplaas.Nog twee polisiemanne wat verlede week in hegtenis geneem is, sal saam met hulle verskyn.

Olifant vs Eskom
Roelf Van Jaarsveld 7 Augustus

Twee Eskom tegnici het ‘n nou ontkoming gehad tydens herstelwerk aan ‘n kragboks by die Phalaborwa hek van die Kruger Wildtuin toe ‘n olifantbul onverwags uit die bosse storm en hulle maatskappy-motor kediks (++) verniel het. Die voertuig is erg vertrap. Twee ander gevalle in die onmidellike omgewing waar werkers vir hulle lewens van olifante moes vlug, versterk die vermoede dat die ou grootvoete deel is van ‘n teeltrop.

(++) Kediks :- Bekende Afr. Word vir “Moer-toe!”

Is dit dalk Varkgriep?
Roelf Van Jaarsveld 6 Augustus

Onbevestigde berigte lui dat ‘n leerling van Hoërskool Nelspruit huistoe gestuur is met kwaai griep. Daar heers ‘n onrustigheid by talle dat dit dalk die H1N1-griepvirus kan wees. Die hoërskool se ontvangs het dit ontken en gesê dat die probleem blykbaar by die Kleuterskool, Nelspruit Miere is, waar verskeie kinders reeds huistoe gestuur is. Dié kleuterskool se foon is aan die faksmasjien gekoppel en niemand antwoord nie. Geen bevestiging kan dus verkry word nie. Intussen het die moeder van die hoërskoolleerling bevestig dat haar kind wél huistoe gestuur is en dat geen dokters in Nelspruit beskikbaar is om die kinders te ondersoek nie. In die stadium wil dit blyk dat daar geen rede tot paniek nie.


Met  besoekers op ons webwerf, kan jy ook die blootstelling geniet deur hier te adverteer.  Kontak ons bemarkers by admin@radiolaeveld.co.za

 

Ons kompetisie - KopSkrop - Bly ingeskakel op Radio Laeveld vir lekker groot kontantpryse wat gewen kan word - Maandag tot Vrydag - Elke week ! 

 

 


 

 
 
 

 

Adverteer Op Radio Laeveld:

 
 

 

 
   
 

 

 
   
 

 

 
 

Contact Communications - 013-753-3425

 
 

 

 
 

 
 

 

 
 

 
 

 

 
 

 
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
 

 

 
 
 

 

 
 
Kopiereg  © , Radio Laeveld. Alle regte voorbehou.Webtuiste ontwerp en gehuisves deur "InternetiX Internet and Network Solutions" Kontak vir Danie Joubert by 082-467-3434 vir jou webtuiste.