Lys van Adverteerders en Borge              
 
 


Luister regstreeks na ons uitsending op die Internet. Kliek op die radio om die stroom te aktiveer

 

 

 

Radio Laeveld Forum

100.5% Leesgenot

100.5% Klub Skatkis

Radio Laeveld Kinderfonds

Op Eie Werf Fonds

Meningsopname

Kies Jou Speellys

Naweekspyskaart Resepte

Argief

November 2009

Oktober 2009

September 2009

Augustus 2009

Julie 2009

Junie 2009

Mei 2009

April 2009

Radio Laeveld 100.5 FM Stereo

Baie welkom by Radio Laeveld, 'n gemeenskaps radiostasie wat vir die eerste keer op 31 Mei 2003 begin uitsaai het. Dit is ook die doel van die stasie om die gemeenskap se betrokkenheid in die Laeveld aan te moedig. Die stasie maak 'n bestaan deur donasies, borge, advertensies en luisteraars wat as lede 'n bydrae tot die stasie se inkomste lewer.

Radio Laeveld saai uit op 100.5Mhz FM en bereik die meeste dorpe in die Mpumalanga Laeveld streek. Daar word voortdurend gepoog om die sein te verbeter en te versterk in sodoende die bergagtige topografie van die Laeveld te omseil en dan ook vir die luisteraars 'n beter ontvangs te verseker.

Radio Laeveld gebruik ook die Internet as 'n middel om uit te saai. Jy kan dus van enige plek in die wêreld na ons luister en selfs deelneem aan ons programme. Stuur gerus 'n epos aan ons as jy vir jou vriende of familie wil "hallo" sê.

 

Ons besoekers staan tans op :

 

 

 

 

Ons Ateljee Telefoon nommer :

013-74-11-999

Ons Ateljee SMS nommer :

084-MY-RADIO

(084-69-72346)

 Skype: Chat with me  

(Messenger: rlateljee@hotmail.com)

Kies jou musiek !

Kliek hier om die lys van liedjies deur te sien of maak jou eie keuse vir plasing op ons speellys. Vul gerus ook ons meningopname wat kwartaaliks opgedateer word, in. Ons luister graag na jou voorstelle en speel graag die musiek wat jy wil hoor.

Jou naam
Jou Epos
Jou Boodskap

      

 

Oud Laevelder wen in New zeeland

Roelf VanJaarsveld 11 November

Arnold du Toit  aangewys as Mnr Wereld Mnr NZ. 'n Paneel van beoordelaars in Nieu-Seeland het Arnold du Toit Jnr aangewys as Mnr Wereld Mnr NZ vir 2009/10 nadat kandidate aan verskeie keuringsprosesse sedert die begin van 2009 ondewerp is. Die New Zealand Asia Pacific Trust is die organisasie wat verantwoordelik is vir die Mnr Wereld Mnr NZ kompetisie. Dit is ook die organisasie wat verantwoordelik is vir die reelings ten opsigte van die Mej Wereld Mej NZ kompetisie. Die Voorsitter van die Mej Wereld kompetisie is Julia Morley van die Verenigde Koningkryk.  Arnold verteenwoordig Nieu-Seeland in die Mnr Wereld kompetisie wat in Seoul Suid Korea plaasvind in April aanstaande jaar (2010).

Arnold is n bestuurder by Turners Auctions te Hamilton, n gekwalifiseerde spysenier, het reeds in n aantal TV advertensies verskyn asook kleiner TV rolle. Hy is n Christen wat sy beginsels openlik uitleef (sendingwerk net waar hy werk), het n passie om minderbevoorregte kinders te help en het n aktiewe belangstelling in besigheidsontwikkeling en die ekonomie. Hy het reeds op 12 jaar sy eerte besigheid besit en self bestuur. Hy is n aktiewe sportman met belangstellings in atletiek, driekamp, gym (verskeie jare hiermee besig) en kragoptel. 

Arnold gaan fondse insamel vir die 'Variety, the Children's Charity' as deel van sy verpligtinge as Mnr Nieu-Seeland ten einde insulien instrumente vir kinders te voorsien wat met tipe 1 diabetes gediagnosieer is. Arnold Jnr is gebore in Nelspruit in die Oos Transvaal en is die seun van Arnold en Elfrieda du Toit en het n jonger broer Eduard François. Die gesin was woonagtig in Parys sedert die begin 90’s in die Vrystaat waar Arnold Snr Uitvoerende Hoof/Stadsklerk was tot 2001. Die du Toits het verhuis na New Zealand in 2002 en al die gesinslede is tans besig met verdere studies. Arnold het sy skoolloopbaan voltooi te Sasolburg onder die bekwame leiding van Mnr JB van der Merwe en Marius Nel (Skoolhoofde), Mnr Theuns Strydom (voormalige Adjunk Hoof en nou Departmentshoof by Westlake Boys High in Nieu-Seeland) en Mnr Johan Prinsloo (Skoolinspekteur). Hy was ook aangewys as n uitruilstudent na Haverloo Skool te Belgie.

 

Laerkool Laeveld nuwe leiers aangewys

Laerskool Laeveld se nuwe prefekte vir 2010 is aangewys. Tydens ‘n instellingsfunksie wat deur beide die prefekte en hul ouers bygewoon is, het hulle ‘n spesiale boodskap ontvang, is hul balkies oorhandig asook die erekode van die skool.   Die prefekte gaan dan ook ‘n leierskamp bywoon waar sekere vaardighede en handige wenke hul slaggereed gaan maak vir die groot taak wat op hul wag.

  

Foto:  Laeveld se trotse prefekte vir 2010. 

Voor links na regs: Jeandré Wessels en Francois Joubert

Ry 1 links na regs: 

Gideon Engelbrecht, Jacques Odendaal, De Wet Boshoff, Cilene Coetzee, Rischa Blom, Jade Phillips, Amelia de Kock, Naomi Steinberg, Kathy-Anne Möller en Erin Hattingh

 Ry 2 links na regs :

 Francois Kroukamp, Arno Broekman, Coenie Kruger, Marnus Enslin, Dewaldt Bothma, Jandré Vreken, Tiaan van der Merwe, Bianca van der Merwe, Liza Scherman, Marné Vorster, Mareliza Hugo en Zola Khati
 

 

Met  besoekers op ons webwerf, kan jy ook die blootstelling geniet deur hier te adverteer.  Kontak ons bemarkers by admin@radiolaeveld.co.za

 

Ons kompetisie - KopSkrop - Bly ingeskakel op Radio Laeveld vir lekker groot kontantpryse wat gewen kan word - Maandag tot Vrydag - Elke week ! 

 

 


 

 
 
 

 

Adverteer Op Radio Laeveld:

 

 

 
 

 
     
 

 

 
   
 

 

 
 

Contact Communications - 013-753-3425

 
 

 

 
 

 
 

 

 
 

 
 

 

 
 

 
     
 

 
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
 

 

 
 
 

 

 
 
Kopiereg  © , Radio Laeveld. Alle regte voorbehou.Webtuiste ontwerp en gehuisves deur "InternetiX Internet and Network Solutions" Kontak vir Danie Joubert by 082-467-3434 vir jou webtuiste.