Plaaslike man skuldig aan bedrog

Written by on September 17, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die Nelspruitse streekshof het ‘n plaaslike man skuldig bevind aan bedrog nadat hy sy werkgewer met ongeveer vyf miljoen rand bedrieg het. Mark Bezuidenhout is 10 jaar tronkstraf opgelê vir dié oortreding. Bezuidenhout het 19 voertuie aan verskeie kliënte verkoop waarna die geld in sy persoonlike bankrekening gedeponeer is. Medepligtige, Marie Niewenhys, het dan die transaksies bedek en vals verklarings aan Imperial se finansiële bestuurder oorgedra. Bezuidenhout is skuldig bevind aan 19 aanklagte van bedrog en het bevestig dat hy nie die reg of toestemming gehad het om die geld te steel nie. Niewenhys is tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Ses jaar van die vonnis is vir ‘n tydperk van vyf jaar opgeskort. Die aanklagte teen haar is onttrek omdat sy met die polisie saamgewerk het en staatsgetuie geword het.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.
Tagged as

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background