Peperduur skootrekenaars: Ondersoek vind moontlike bedrog
Written by Mireille on May 6, 2025
‘n Ondersoek het bevind die aankoop van 22 skootrekenaars deur die Mpumalanga Onderwysdepartement teen ‘n bedrag van R91 000 elk, en ‘n totaal van nagenoeg R2 miljoen, het ‘n gebrekkigge verkrygingsproses gevolg.
Die ondersoek, wat deur ‘n liggaam in die Premier se Kantoor gedoen is, het ook gevind dat die proses wanvoorstelling en moontlike bedrog behels het en dat sekere amptenare uiters oneerlik opgetree het.
Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, het die uitslag van die ondersoek gister bekendgemaak.
Hy sê daar sal nou gepoog word om enige finansiële verliese van die verskaffer te verhaal, hulle te swartlys en dissiplinêre stappe sal teen alle geïmpliseerde amptenare ingestel word.
Leefstylbeoordelings wat op leefstylloudits kan uitloop sal ook uitgevoer word.
AfriForum het die bevindings verwelkom.
Alana Bailey van AfriForum sê die voorgestelde stappe is belangrik vir aanspreeklikheid.
Luister:
Foto: Uit die argief