Oor Ons

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Alles Oor 100.5FM

OOR ONS:

Radio Laeveld het op 1 Maart 2003 vir die eerste keer  ‘n vier jaar Gemeenskap Radio Uitsaailisensie ontvang om in die Laeveld op 100.5FM (die voormalige frekwensie van Radio Pretoria, nou Pretoria FM uit te saai). Die eerste uitsendings het op Op 31 Mei 2003 begin.

Deur die jare het Radio Laeveld verskeie nuwe baadjies aangetrek en staan vandag as 100.5FM Radio Laeveld bekend. ‘n Verskeidenheid van programme dek alle belangstellings van ons luisteraars in die Laeveld en is daagliks interaktief betrokke in die gemeenskap.

Ons uitsaaigebied dek Nelspruit, Witrivier, Graskop, Sabie Lydenburg, Malelaan, Baberton en omliggende dorpe soos Kaapsehoop, Kaapmuiden, Hectorspruit, Komatipoort, Skukuza, Hazyview en meer in.

Die teiken ouderdomsgroep is 35-55 (LSM 6-10) en sluit boere, kantoorwerkers, reisigers, verteenwoordigers, Klein- en -Medium besigheid eienaars en bestuurders, onderwysers, dokters, sport en buiteluglewe entoesiaste onder andere in.

Ons programme fokus op familie waardes met spesifieke fokus op gemeenskapsake.

Alhoewel ons hoofsaaklik in Afrikaans uitsaai verwelkom ons graag Engelse onderhoude en program inhoud.

Visie:
Ons visie is om die mees gerespekteerde en dinamiese gemeenskapsradiostasie in Suid Afrika te word.

Missie:
Ons missie is om die Christelike afrikaansprekende gemeenskap in ons kontrei met passie te vermaak, in te lig en te dien.

Ons waardes:
Ingelig, Innoverend,Inspirerend,Opreg,Entoesiasties.


KAART VAN DIE RADIO LAEVELD UITSAAIGEBIED:

Daar word lekker gesels in ons ateljee

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Ek het al so baie dinge gedoen en beleef in my oudag (hoor hoe kraak die bene) dat ek boeke vol kan skryf. Ek is ongelukkig ‘n lewensvraat, (Gelukkig nie suurstofdief nie). Soos enige ma, spog ek vreeslik oor my 2 dogters en dink hulle is die beste ding op hierdie aarde, daarom sal ek […]

Woon in die Laeveld sedert 1991, en het by Radio Laeveld begin uitsaai in Desember 2008. Tans vryskut-aanbieder van “Jubel en Juig” op Sondae. Ek is ook saam met Amanda mede-aanbieder van “Mengelmoeskardoes” wat ook op Sondae tussen 12:00 en 14:00 vanuit die ateljee uitgesaai word. Skakel die Ateljee en ons saai jou versoek uit.  […]

Ek het in Julie 2003 by Radio Laeveld begin uitsaai. Dinsdagaande was my kuieraande met die Laevelders en “Bitterbessiebos” het die lig gesien, saam met inligtingsprogramme oor die sewe wonders van die wêreld en “Vandag in die verlede”. Van Augustus 2004 tot Desember 2004 het ek ook die ontbytprogram aangebied. Tans geniet ek dit om […]

Derek is ‘n vryskut-omroeper by Radio Laeveld. Op Maandagaande tussen 18:00 en 20:00 is dit tyd vir “Potblou” en “Maandagaand Gospel”. Sondae kan jy gerus nadersit en luister na waarhede en openhartige gesprekke uit die Woord in die programme  “Stap Saam Deur Die Bybel” en “Hartlangs”.

Van radio na rolprente na televisie en terug na radio. Die sirkel is voltooi! Roelf is bekend vir sy voortreflike klankwerk by die SAUK: Staal Burger, Flink uit die vere en talle dramas. Daar is seker nie ‘n radiopersoonlikheid uit die Gouejare by die SAUK saam met wie hy nie ‘n pad geloop het nie. […]

Ek bly so te sê my hele lewe in die laeveld. Op my tuisdorp van Witrivier is ek glad nie ‘n vreemdeling nie. Ek het n passie vir die musiek, natuur en my medemens. Enige iemand wat my ken weet ek is n geweldige terggees maar ook ‘n beste vriend. My familie en vriende is […]

Mense vra altyd waar jy vandaan kom en dan staan ek altyd met ‘n mond vol tande – moet mens dan se waar is jy gebore of waar het jy skoolgegaan of waar het jy studeer? So, dan noem ek maar die hele lys. Ek is in Kimberley gebore, het daar my skoolloopbaan begin en […]

Ek het op 1 Augustus 2003 by Radio Laeveld as aanbieder begin en het al verskeie programme van ontbyt tot laataand aangebied. Ek het vir bykans nege jaar die Saterdagoggend program “Die Hande In Die Tuin” saam met Diane Ross van Montana Garden Pavilion aangebied en is ook later as Program Bestuurder en Stasie Bestuurder […]

Current track
TITLE
ARTIST

Background