Oud-Valke skuldig aan bedrog

Written by on September 11, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Twee oud-Valke is skuldig bevind op vier aanklagtes van bedrog, diefstal, vervalsing en meineed. Die twee voormalige lede van die georganiseerde misdaad-eenheid in Mpumalanga, Richard Lekotswane Nkwanyana en Peter Mathekanyana Molapo, het voor die Middelburgse streekhof verskyn. Albei beskuldigdes was daar gestasioneer. Nkwanyana was die hoof van die anti-korrupsie-eenheid, terwyl Molapo by die Valke-kantore daar gewerk het. Die saak is tot 2 November uitgestel vir vonnisoplegging.

Nkwanyana het nog ‘n hangende saak. Hy staan op drie aanklagtes van diefstal, en drie aanklagtes van dwarsboming van gereg. Die verhoor vir hierdie aangeleentheid word op 7 en 8 November in die streekhof in Nelspruit bepaal. Nkwanyana is intussen van die polisiediens ontslaan.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.
Tagged as

Reader's opinions
  1. newsdigest   On   September 12, 2018 at 9:52 am

    Ons tronke is reeds vol, ons polisie oorwerk en slaag nie daarin om die moordernaars, diewe en erstige misdade die hok te slaan nie, Ek verstaan die impak van Alcohol op babas maar dit is n belaglike voorstel. Wat van Ministers moet tronk toe gaan as hulle drink. Hulle doen mos n belangrike werk? Ek dink liewer dat ministers begin om n goeie voorbeeld te begin stel vir die publiek. Wat van die mense te leer van n goeie WAARDE STELSEL , 1) respek vir jou naaste,oumense,onderwysers,para medici, ministers. 2) Praat eers voordat jy treine en infrastruktuur afbrand, 3) Hou op om mense skuldig te oordeel en tereg te stel voordat hulle skuldig bevind is, 4) Leuns te versprei sonder dat jy jou land se geskiedenis ken. 5) Verantwoordelik optrede van vrouens en mans gedurende die vrou se swangerskap ens. Met ander woorde Ons land het n LEIERSKAP KRISIS!! tony clifton taxi

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track
Title
Artist

Background