Lys van Averteerders en Borge
 
 


Luister regstreeks na ons uitsending op die Internet. Kliek op die radio om die stroom te aktiveer

 

 

Radio Laeveld 100.5 FM Stereo

Baie welkom by Radio Laeveld, 'n gemeenskaps radiostasie wat vir die eerste keer op 31 Mei 2003 begin uitsaai het. Dit is ook die doel van die stasie om die gemeenskap se betrokkenheid in die Laeveld aan te moedig. Die stasie maak 'n bestaan deur donasies, borge, advertensies en luisteraars wat as lede 'n bydrae tot die stasie se inkomste lewer.

Radio Laeveld saai uit op 100.5Mhz FM en bereik die meeste dorpe in die Mpumalanga Laeveld streek. Daar word voortdurend gepoog om die sein te verbeter en te versterk in sodoende die bergagtige topografie van die Laeveld te omseil en dan ook vir die luisteraars 'n beter ontvangs te verseker.

Radio Laeveld gebruik ook die Internet as 'n middel om uit te saai. Jy kan dus van enige plek in die wêreld na ons luister en selfs deelneem aan ons programme. Stuur gerus 'n epos aan ons as jy vir jou vriende of familie wil "hallo" sê.

 

Ons besoekers staan tans op :

 

 

Kyk gerus na ons programme - daar sal jy elke dag se skedule kry wat dit vir jou sommer maklik sal maak om jou luistergenot te beplan.

Wil jy deel word van 'n wenspan ? Adverteer op Radio Laeveld en kyk hoe jou besigheid groei. Ons het die advertensie kostes vir jou beskikbaar gestel onder "Adverteer". As jy meer inligting nodig het kontak gerus ons Bemarkingsbestuurder, Andri Roodt.

Is jy op soek na goedere of dienste in die Laeveld ? Kyk onder ons lys van adverteerders en jy sal sommer 'n groot verskeidenheid van firmas sien wat Radio Laeveld ondersteun.

Wil jy graag 'n lid word van die 1000 Wennersklub by Radio Laeveld ? Wat beteken dit om 'n lid te wees ? Kyk na al hierdie inligting onder "1000 Wennersklub". Hier kan jy ook in ons "Skatkis" kyk vir al die voordele en pryse waarvoor jy in aanmerking kan kom as 'n 1000 Wennersklub lid.

Onder "Fotos" gaan jy sommer 'n groot hoeveelheid inligting kry oor waar Radio Laeveld al betrokke was. Dit sluit in foto's, onderhoude en sommer baie ander dinge ook. Gebeur daar iets in jou area waarvan die Laeveld moet weet ? Laat weet ons gerus en ons kan dit dalk op ons Kalender publiseer.

Moet ook nie vergeet nie - Radio Laeveld saai regstreeks op die Internet uit. Jy kan dus nou enige plek in die wêreld na ons luister. Laat weet ook gerus jou vriende en familie aan die anderkant van die blou water dat hulle ook nou lekker na ons kan luister en ook hoor wat in die Laeveld gebeur.

OKOSA, die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid-Afrika, is die liggaam wat in beheer is van die regulering van die wet en voorskrifte wat aan Radiostasies toegeskryf word.  Om vir ‘n lisensie te kwalifiseer voldoen Radio Laeveld aan die gestelde voorskrifte naamlik :

  • Radio Laeveld saai 24 uur per dag uit.
  • Die Radiostasie moet homself gereeld identifiseer.
  • Die beheer van die Radiostasie bly in beheer van ‘n nie winsmakende a-politiese entiteit.
  • Die lisensiehouer moet formele strukture daar stel wat gemeenskap deelname verseker.  Alle wins wat gemaak word moet aangewend word tot promosie van die Radiostasie of die gemeenskap wat gedien word.
  • Die Radiostasie sal daagliks in Afrikaans uitsaai.
  • Die programmering sal nie minder as 60% spraak en niks meer as 40% musiek insluit.
  • Van die musiek wat gespeel word sal 40% van plaaslike kunstenaars wees.
  • Nie minder as 120 minute  nuus sal per dag uitgesaai word.  Hierdie nuus sal ook plaaslike nuus insluit.
  • Die inhoud van die programme moet aanslag vind by alle sektore van die gemeenskap en daar moet dus vir alle ouderdomsgroepe voorsiening gemaak word.

Die Radiostasie word op nie-winsmakende beginsels bedryf.  Dit is ook die doel om die gemeenskap se betrokkenheid by die stasie aan te moedig.  Die stasie maak ‘n bestaan deur donasies, borge, advertensie en luisteraars wat as lede van die 100.5%Klub registreer en ‘n bydrae tot die stasie se inkomste lewer.

Word sommer vandag 'n lid van die 1000 Wennersklub by Radio Laeveld en help ons om die stasie te laat groei sodat ons net 'n beter diens aan die gemeenskap te kan bied. Kyk by die "1000 Wennersklub" afdeling vir meer inligting.
 

 

 


  Ons gereelde ondersteuners  :   
 
     
 

 

 
   
 

 

 
   
 

 

 
     
 

 
     
 

 

 
 

Contact Communications - 013-753-3425

 
 

 

 
 

 

 
 
     
 

 
     
 

 
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
   

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
Kopiereg  © , Radio Laeveld. Alle regte voorbehou.Webtuiste ontwerp en gehuisves deur "InternetiX Internet and Network Solutions" Kontak vir Danie Joubert by 082-467-3434 vir jou webtuiste.