100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ooggetuies deel ervaring van transito-roof

Written by on May 6, 2021

Die R40 was vandag ure lank gesluit, na ‘n aanval op ‘n G4S-geldwa vanoggend by Hilltop tussen Mbombela en Barberton.
Twee wagte is in die skietgeveg gewond en hospitaal toe geneem.
Die aanvallers het hul voertuie op die toneel agtergelaat en twee voertuie gekaap om te vlug. Dié motors is intussen teruggevind, aldus Bossies Community Justice se Albert Gryvenstein.
Hy verduidelik dat die toneel baie groot was, en elke bewysstuk ingesamel moes word voor hulle die pad weer oop kon stel.
Dit is bevestig dat die aanvallers met geen kontant weggekom het nie. Daar word geglo dat van hulle ook gewond is.
Mia Louw en haar ma, Cisca van der Merwe, het kort na 07:00 op die roof afgekom. Hulle het pas uit Mbombela na Barberton vertrek. Sy vertel wat sy ervaar het.

Nana Joubert en haar gesin woon op die Hilltop-plotte. Sy verel wat sy kon hoor van haar huis af.

Jennifer Semmens kan van haar stoep af sien waar die Hermansburg-pad en die R40 bymekaar kom. Sy skat sy was sowat ‘n kilometer weg van die aanval soos die kraai vlieg.
Volgens haar het dit soos Beiroet geklink.

Ten tyde van publikasie is geen arrestasies nog gemaak in verband met die aanval nie.


×