Ontvoerde kind se lyk gevind

Written by on July 30, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Noluthando Masango, wat tydens ‘n tradisionele seremonie in Mpumalanga ontvoer is, se lyk is in ‘n vlak graf gevind. Dit volg nadat haar gesin die ontvoerders se spertyd – om ‘n 5000 rand losprys vir haar vrylating te betaal – gemis het.

Die sesjarige het Saterdag verdwyn terwyl hulle ‘n tradisionele seremonie bygewoon het. Masango se ouma, Leah Masango, het aan African News Agency gesê dat haar familie ‘n oproep en sms’e ontvang het tussen Maandag en Donderdag. Dit was oor die losprys.

Hulle kon nie betyds die geld bymekaar maak nie maar het die polisie in kennis gestel. Brigadier Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy het gesê dit lyk asof Noluthando verwurg en moontlik verkrag is.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?