Lys van Averteerders en Borge
 
 


Luister na ons regstreekse  op die Internet. Kliek op die radio om die stroom te aktiveer

 

 

Radio Laeveld 100.5 FM Stereo

Baie welkom by Radio Laeveld, 'n gemeenskaps radiostasie wat vir die eerste keer op 31 Mei 2003 begin uitsaai het. Dit is ook die doel van die stasie om die gemeenskap se betrokkenheid in die Laeveld aan te moedig. Die stasie maak 'n bestaan deur donasies, borge, advertensies en luisteraars wat as lede 'n bydrae tot die stasie se inkomste lewer.

Radio Laeveld saai uit op 100.5Mhz FM en bereik die meeste dorpe in die Mpumalanga Laeveld streek. Daar word voortdurend gepoog om die sein te verbeter en te versterk in sodoende die bergagtige topografie van die Laeveld te omseil en dan ook vir die luisteraars 'n beter ontvangs te verseker.

 

 

 

 

 

Ons Omroepers

Frieda Rieger

Woon in die Laeveld sedert 1991, en het by Radio Laeveld begin uitsaai Desember 2008. Tans vryskut aanbieder van Jubel en Juig op Sondae. Ek skryf graag, het 'n passie vir die goeie lewe en leef my christenskap ten volle uit. Musiek maak my dag.

Neels Kemp

Neels Kemp is al 'n geruime tyd verbonde aan Radio Laeveld en bied tans 'n verskeidenheid programme aan. Vroegoggend met Spek & Eiers, naweke met Naweekkarnaval en Saterdagaande asook Motorfokus op Maandae en Motorfietsfokus op Woensdae.

Karien Van Niekerk

Karien het in 2006 by Radio Laeveld met haar Saterdagoggend program oor troues genaamd "Konfetti" aangesluit en gou as die "konfetti koekie" bekend gestaan. Tans bied sy daagliks van 9h00 die kantoorprogram "Tuisgebak" en van 10h00 die vroueprogram "Finesse", aan.

Vol energie en 'n passie vir die lewe, geniet Karien elke oomblik van die dag. Sy's een van daai mense wat elke oomblik gryp om te kan vermaak en sing sy graag (en sy kan!) by elke geleentheid wat hom voordoen. Sy geniet skilderkuns en kuier lekker saam rond 'n rooiwyntjie en 'n vuurtjie.

Met haar daaglikse leuse: "Jy lewe net eenmaal, so geniet dit ten volle" staan sy in die oggend op en sonder 'n glimlag vang jy haar nie sommer nie!

Bez Bezuidenhout

Tussen 16:00-18:00 kuier Bez saam met jou onderweg in die program Padlangs. Muismania laat jou vingers jeuk, dieremaniere maak jou hulle beter verstaan en veiligheid is jou prioriteit. Dan is daar ook padverslae en sterreraai, die "bikers" vergeet ons ook nie van nie.Saterdae tussen 15:00-18:00 is Bez betrokke by Sportnuus en Rooidag Toe (Boeremusiek) en Laataand (23:00) met ons Blues musiek program.

Amanda Botha

Ek het al so baie dinge gedoen en beleef in my oudag (hoor hoe kraak die bene) dat ek boeke vol kan skryf. Ek is ongelukkig ‘n lewens vraat, (gelukkig nie suurstof dief nie), netnou klink dit soos brag.  Soos enige ma, spog ek vreeslik oor my 2 dogters en dink hulle is die beste ding op hierdie aarde, daarom sal ek van daardie onderwerp afbly.  My ma het altyd gese ek is ‘n aandag vraat, het altyd konserte gehou vir my neefies en niggies wanneer hulle kom kuier het, nie verniet nie, hulle moes 5c betaal, want ek het ‘n enorme gat in die soet tand, Dit was dieselfde toe ek 'n baba was, as die tietiebottel leeg was het ek hom altyd uitgehou en gese "Nog asseblief".  Hoop jy het lekker gelag en nou ken jy my ook bietjie beter en verstaan die oorgewiggies, die soetigheid jy weet. 

ROELF VAN JAARSVELD

Van radio na rolprente na televisie en terug na radio. “Die sirkel is voltooi!”

Roelf is bekend vir sy voortreflike klankwerk by die SAUK: Staal Burger, Flink uit die vere en talle dramas. Daar is seker nie ‘n radiopersoonlikheid uit die Goue Jare by die SAUK saam met wie hy nie ‘n pad geloop het nie. Daarna saam met Jamie Uys en Daan Retief in die movies: Salomien, Breekpunt, Jamie ’21, Beautiful People, Funny People, Mooimeisiesfontein, Die Rebel, The Gods Must Be Crazy, Nukie, Funny Faces en ‘n paar internasionale produksies.

Sy televisieloopbaan loop net so wyd: Brood vir my broer, Jasper le Feuvre, Die vlaktes duskant Hebron, Arende 3 en honderde dokumentêre programme waarvan een ‘n silver toekenning in Texas, VSA, vir beste regisseur en redigeerder verdien het. Maar na al die jare loop die radiobloed  nog dik in sy are. Dis vir hom dus ‘n groot voorreg om meer as dertig jaar se radio/film/TV-ondervinding terug te ploeg tot voordeel van Radio Laeveld se luisteraars!

Roelf behartig ook die Radio Laeveld nuus as nuusanker.

Theresa Schoeman

Met haar groot liefde vir klassieke musiek en kore bring Theresa elke Sondag 'n verskeidenheid van musiek in "Klassieke Keur" (10:00 - 11:00) en lekker geselsies met mede aanbieder Tom Farmer in die program "Ons Praat Afrikaans" (15:00 - 16:00).

Op Vrydag 14:00 bied sy die "Naweek Spyskaart"  met gereelde gas Johan Coetzee aan en word alle interesante resepte uitgeruil en jy word ophoogte gehou van dit wat op kalender in die Laeveld gebeur.

Bokkie Taute

Bokkie was voorheen woonagtig in Pretoria waar sy 'n skoonheidsalon bedryf het.Sy het die rustigheid van die Laeveld kom opsoek.

Sy was by Radio Laeveld betrokke van die begin van die stasie en agtergekom dat die rus elders is.

Haar leuse:    My God, my volk, my huis.

Sy bied die volgende programme aan: Kleuterstories, Versoekprogram, Vlooimark (Ruil en Soek Program), asook 'n gemeenskaps & geskiedenis program.

Tom Farmer

Ek het in Julie 2003 by Radio Laeveld begin uitsaai. 

Dinsdagaande was my kuieraande met die Laevelders en Bitterbessiebos, wat nou deur Amanda aangebied word, het die lig gesien, saam met inligtingsprogramme oor die sewe wonders van die wêreld en vandag in die verlede.

Van Augustus 2004 tot Desember 2004 het ek ook die ontbytprogram aangebied. Tans geniet ek dit om op vryskutbasis vir Radio Laeveld te werk.

Dis lekker om in kontak met die Laevelders te bly en ek geniet elke Sondag wanneer ek gemaklike musiek kan draai.

Herman Pieterse

As Vryskut omroeper het ek reeds met omroeperwerk begin gedurende die jaar 2003/2004 by 'n klein Radiostasie vir 'n Oos-Kaapse gemeenskap by name Radio Unique. Dit was 'n gemeenskapstasie wat hoofsaaklik die plaaslike bevolking bedien het.

Ek is dol oor die Laeveld, histeries oor die natuur, hou van visvang, motorsport, motorfietse en moes die omroeperwerk jare terug as beroep gekies het.Daarom het ek in 2004 by Radio Laeveld 100.5 FM stereo aangesluit.

Ek is verantwoordelik vir die volgende Programme:

Maandae:18h00 - 19h09 - Laeveld Jolyt - Vrolike opgewekte musiek. 19h10 - 19h59 - 'n Aktualiteitsprogram: "Ek Vra Maar Net" - 'n ope bespreking van hedendaagse knelpunte. 20h00 - 20h59 - Profiel - 'n kykie in die lewe van 'n bekende. 21h00 - 11h00 - Musiek Program - Kies en Keur - Luisteraars se Keuses.

Vrydae:    19h00 - 24h00 - Melomonie, braai, kuier, versoektyd met plaaslike sowel as buitelandse musiek & Rockmusiek.

Robin Jansma

Die gogga het Robin al in die laat tagtis gebyt, met verskeie "fishbowl" - (winkelsentrum) radiowerk in en om Pretoria. Met die koms van Gemeenskap Radio in Suid-Afrika doen hy sy eerste "FM" uitsending op Radio Rippel 90.5 FM waar hy onder andere die middag spitstyd program, die Top 20 Treffersparade en Jeug-programme behartig.

Intussen was hy ook een van die aanbieders van KykNET Televisieprogram - DKNTT (Die KykNET Top Tien - musiek program) in 2002.

Augustus 2003 sluit hy by Radio Laeveld 100.5 FM aan en doen onder andere die Ontbyt- en Middagspitstyd Program. Later kon jy op Vrydae tussen 16h00 en 20h00 luister na "Welkom In Jou Wêreld", "Laeveld Sport" en "Een vir Jou Een vir My" luister. Op Saterdae tussen 05h00 en 09h00 kon jy luister na "Vars FM!", "Skommel Daai Ding" en "Die Hande In Die Tuin".

In Februarie 2007 word hy aangestel as Program Bestuurder en doen tans nog Saterdae "Die Hande In Die Tuin" om 7h00. Kyk gerus uit vir www.08hirobinj.co.za & www.inniBOS.fm vir toekomstige projekte waarby hy betrokke is.

Andri Roodt

Andri is mede-aanbieder van die gewilde oggend ontbytprogram , Spek & Eiers, en hierdie is een van daardie programme waar alles gelyktydig gebeur. Aktualiteit, nuus, sport, sake, weer, padverslae, speletjies en intussen word daar nog tyd gemaak vir reklame en lekker musiek. 

Die radiogogga het al in 2003 gebyt, en met groot gejuig  (skoonheidsalon en kinders....wel byna die kinders, skoon vergete!) word Andri deel van Radio Laeveld. Geseën met drie pragtige kinders en slaggereed vir nuwe horisonne & uitdagings begin sy as deel van die Spek & Eiers oggend spitstydprogram, wat van krag tot krag (of dan van spek tot eiers - en alles onder die son wat hulle kan byklits!) groei.

Vir Andri is daar geen beter manier om in die oggend wakker te word nie en voeg sy by: "ek is geweldig bevoorreg om my dag op 'n spek & eiers noot te begin en geniet dit terdeë". Na afloop van die program geniet sy ook die uitdagings as Radio Laeveld Bemarkingsbestuurder, stemwerk vir advertensies en het tonne pret in haar rolle met die onlangse radiodramas vir Radio Laeveld gehad.

"Lag 'n slag - die lewe lyk altyd beter deur die skrefies oë van 'n glimlag!"

Luister gerus elke oggend tussen 6:00 en 9:00 na Spek & Eiers met Andri en haar mede aanbieders Herman Pieterse en Naranda Leeuwner.

Michelle Oosthuizen is ‘n liefhebber van die Laeveld. Sy en haar gesin het in 2004, vanaf Zeerust in die Noordwestelike Provinsie, na Nelspruit verhuis.

Michelle het sommer vinnig ingeskakel by Radio Laeveld en is die aanbieder van die program Sondagmiddag-Luistergenot. Sy is baie lief vir musiek en leef haar behoorlik uit in hierdie program.

Alhoewel sy as onderwyseres gekwalifiseerd is, hou sy nie tans skool nie. Sy skryf graag en een van haar verhale is op nasionale radio uitgesaai en van haar gedigte is ook al gepubliseer.

Sy en haar gesin is baie lief vir die buitelewe en geniet dit om te kamp.

Andre Rossouw

Andre is die aanbieder van Kampvuurstories wat binnekort weer terugkeer na Saterdae om 19h00

My wortels is geanker daar in die Kalahari, Upington se wêreld, daar waar almal aan oupa se lippe gehang het as hy vertel het van sy grootword-dae, hoe swaar hulle gekry het en wat alles in die lewe hulle plesier gegee het. Daar waar hulle jou vra: “ …. en van waffer Rossouws is jy nou eintlik.”  Stories is onmiskenbaar deel van my lewe.

 Vandag is ek ‘n Laevelder in murg en been. Reeds hier sedert 1992. Ek raak betrokke by Radio Laeveld so 6 maande na sy ontstaan, eers deur self ‘n paar storietjies te vertel en toe van Januarie 2003 as aanbieder van Kampvuurstories. Eers net vir 3 maande, maar sedert Januarie 2007 ononderbroke. Saterdagaande net na sewe is dit tyd vir Kampvuurstories, die program waar ek die hele Laeveld aan die praat wil sit. Mense reg oor die Laeveld kom vertel hulle unieke stories. Daar is ernstige stories, guitige stories, jagstories, geskiedkundige stories, lewensverhale, inderwaarheid iets na elke smaak. Dan maak ons nog musiek ook, alles om die regte atmosveer te skep.  Wees altyd gereed want wie weet, dalk is jy volgende keer op Kanpvuurstories.

Om meer van Kampvuurstories te lees, kliEk hier.

Jimmy Williams

Jimmy Williams het as Radio Kontroleur op 1 Mei 1951 by die SAUK begin werk.

Sedert 1966 het hy al die musiek opnames vir die SAUK gedoen en het aan die einde van Oktober 1985 afgetree.

Gedurende sy jare by die SAUK het hy by twee geleenthede oorsee besoek afgelë om nuwe opnametegnieke te studeer.

Jimmy het onder andere, al die Simfoniekonserte gedurende opnames by die Johannesburgse Stadsaal behartig asook opnames saam met die wêreld se voorste kunstenaars.

Tydens sy werksaamhede by die SAUK bied hy ook sy eie radioprogramme op die destydse Afrikaanse diens, die buitelandse diens en Radio Hoëveld aan.

Hy hanteer ook die tegniese versorging tydens direkte uitsendings vanaf verskeie teaters regoor die land.

Tans is hy verantwoordelik vir tegniese versorging van programme en opnames by Radio Laeveld en doen ook aanbieding op Klokslag, Sondag en Lekker Sonder Wekker.

Giep van Zijl

Giep was betrokke by 'n verskeidenheid sportsoorte as skeidsregter, afrigter en administrateur.  Hy het ook o.a. oorklanking gedoen en ook in Radio Dramas vir die SAUK en Radio Laeveld gespeel.

Derek Wolf

Derek het by Radio Laeveld aangesluit en eers op Saterdae van 14:00 tot 15:00 sy nou gewilde "Nie Te Lank Gelede" gedeelte van sy program begin het, tot waar hy nou elke Maandag en Woensdag tussen 18:00 en 20:00 ook onder andere "Stap Saam Deur Die Bybel" en 'n keuse van uitsoek gospel treffers vir ons draai.

Marius Bakkes

Marius is die aanbieder van die program Vandag se Gister en vryskut joernalis met 'n liefde vir die Laeveld.

 

Endrea Stronkhorst

Endrea is in 'n deeltydse hoedanigheid as aanbieder by Radio Laeveld en is betrokke sedert die ontstaan van hierdie radiostasie.

Sy stel haarself beskikbaar waar haar stem benodig word op verskeie terreine, maar op 'n gereelde basis bied sy die program "Met Woorde en Note" aan wat Sondagaand om 18h00 uitgesaai word.

In hierdie program stel sy nuwe CD vrystellings bekend wat pas op die mark verskyn het sowel as musiek wat nie gereeld in die sekulêre wêreld gehoor word nie.

 

Ons Kantoor Personeel

 

Gert Booysen

    Bedryfsbestuurder 
                        
 
Ek begin my loopbaan in 1974 by die SAUK as Bedryfs-assistant, doen ondervinding op by Springbok Radio,
Buitelandse dienste, Afrikaans en Engels en beland uiteindelik by Radio drama opnames. Besluit om my heenkome in die privaat sektor te gaan soek en sluit aan by Sonnovision Productions waar ek betrokke raak met die maak van advertensies en programme soos Tracey Dark, en Squad Cars wat destyds oor Springbok Radio uitgesaai was. ‘n Jaar later ondervind ek my as ‘n voltydse student by RAU waar ek drie jaar later my graad in ontwikkelingstudies voltooi. My loopbaan neem ‘n wending en ek werk by verskeie organisasies in die personeel bedryfveld. My loopbaan het die vol sirkel geloop en ek aanvaar in 2004 die pos as Bedryfsbestuurder by Radio Laeveld.

Behalwe vir die daaglikse bestuur van die radio-uitsendings, personeel en toerusting is ek ook betrokke by die opstel van ons Laataand Blues program wat Vrydag aande om 23:00 uitgesaai word, en Met Woorde en Note wat op Sondag aande 18:00  uitgesaai word

Thelma Burger

Ons Bemarkers

Bemarkers tydens opleiding

ANIKA GLOY

Ek is 'n oud laevelder, hier gebore in 1980 en steeds woonagtig in Nelspruit.

Ek het reeds in 2004 met advertensie bemarking begin by Die Laevelder en in 2007 by Radio Laeveld aangesluit.  Ek geniet my beroep en het 'n passie om met mense te werk.

My leuse vir die lewe:  LAG ELKE DAG!!

Nadine Kauffman is op 1 April 2004 as bemarker by Radio Laeveld aangestel.  As oud Laevelder wat hier gebore en groot geword het, is dit vir haar 'n besonderse voorreg om deel te wees van die gemeenskap se beste radiostasie. 

As gevolg van haar vermoë om met mense te kan werk, is sy een van die stasie se top bemarkers.  Nadine is nie net 'n bemarker nie maar is ook betrokke by buite-uitsendings, musiekkeuring, asook die reël van onderhoude met kunstenaars.

Louw Botes

Louw Botes alreeds 15 jaar in die Laeveld.

Hy word as een van die top bemarkers van Radio Laeveld aangestel en is ook betrokke by buite-uitsendings en verwante bemarking van die radio stasie. 

 

Ansie Botes

Neels Kemp

Wessel Van Jaarsveld

Tegniese Personeel

Ashley Howard & Johan Labuschagne

Danie Joubert van Internetix besig om ons tegniese personeel by te staan met rekenaar probleme.

 

 

Ons Bestuursraad

 

Albert Van Zyl (Voorsitter)

Bennie Burger - Finansies

Bennie Burger (Finansies)

Flip Atchison (Personeel)

Vanessa Roets (Skakel Beampte)

 

Endrea Stronkhorst

Sarel Du Plessis

Maria Scholtz

Past. Hennie Erasmus

Ds. Arrie Van Heerden

Ons Beraders

Pastoor Hennie & Suzette Erasmus

Sel 082-852-6833
E-Pos   Hennie Erasmus

 
   
 

 


  Ons gereelde ondersteuners  :   
 
     
 

 

 
   
 

 

 
   
 

 

 
     
 

 
     
 

 

 
 

Contact Communications - 013-753-3425

 
 

 

 
 

 

 
 
     
 

 
     
 

 

 
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
 
Kopiereg  © , Radio Laeveld. Alle regte voorbehou.Webtuiste ontwerp en gehuisves deur "InternetiX Internet and Network Solutions" Kontak vir Danie Joubert by 082-467-3434 vir jou webtuiste.