Nuus

Page: 7

Die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit se kantore in Phola is na bewering deur lede van die gemeenskap – tydens ‘n protes teen dienslewering – afgebrand. Volgens Kingdom Mabuza, munisipale woordvoorder, beloop skade aan die gebou meer as ‘n miljoen rand. Hy het verder gesê dat ‘n saak van brandstigting en beskadiging van eiendom aan die polisie […]

’n Aantal privaat natuurreservate in die Groter Kruger Nasionale Park oortree na bewering sekere protokolle en regulasies. Daar is glo ‘n ooreenkoms bereik waar verskeie heinings verskuif of verwyder is. Nou word daar beweer dat sommige van die reservate, diere wat vanaf KNP uitbeweeg, jag. As gevolg daarvan dreig KNP om die heinings weer op […]

‘n Honde-eenheid sal vanaf September by die Internasionale Lughawe van Maputo bedryf word, om die smokkel van verbode wildleweprodukte soos ivoor en renosterhoring te bestry. Volgens ‘n verslag in vandag se uitgawe van die weekblad “Domingo”, word die hondehokke nou klaargemaak, insluitend die installering van water- en energievoorrade. Die eenheid sal geriewe vir ses honde […]

Daar is nog geen antwoorde aangaande die raaiselagtige manier waarop ‘n vragtrein onlangs tussen Malalane en Nelspruit ontspoor het nie. Die trein het glo steenkool na Maputo vervoer. Die voorval het verlede week langs die Krokodilrivier, plaasgevind. Die toneel is met steenkool besaai, wat volgens Transnet se woordvoerder, Nothemba Dlali, vir Mosambiek se hoofstad, Maputo […]

Meer as 1300 mense is na bewering met die diarree-virus in gebiede rondom Nelspruit gediagnoseer. Die wateroordraagbare siekte het vroeër vanjaar in die Ehlanzeni-streek uitgebreek. Volgens die provinsiale regering help die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes met die toets van plaaslike water, om die oorsaak van die uitbraak te bepaal. Woordvoerder Zibonele Mncwango het gesê […]

Hekkwotas by die Kruger Nasionale Wildtuin is die afgelope lang-naweek streng toegepas. Die sisteem het slegs nuwe besoekers toegelaat sodra ander besoekers die park verlaat het. Dit het tot lang rye motoriste gelei wat by die Krokkedilbrug-ingang, sowel as by die Malalane-hek, gewag het. Sodra die hek sy kwota van dagbesoekers bereik het, is niemand […]

TRAC-personeel moes vanoggend brandende bande en ander voorwerpe uit die Malalane-pad skuif nadat betogers vroegoggend die pad blokkeer het. Volgens die nuutste verkeersinligting is die kloofpad tussen Nelspruit en Malalane huidiglik toeganklik. Die protesaksievolg glo ná ‘n vergadering op 9 Augustus, toe daar aan Kanyamazane-inwoners gesê het dat hul huise – wat vroeër vanjaar deur […]

Hoërskool Nelspruit se Elardus van der Westhuizen het onlangs ‘n derde plek in die Visual Arts & Design Competition gewen. Leerders moes items uit karton maak. Sy brandblusser en bedlampie het gesorg vir ‘n brons. Die items of kunswerke is by Van Riebeeckpark uitgestal. Baie geluk Elardus!

STROOP – Journey Into the Rhino horn War, die plaaslik vervaardigde dokumentêre film, het die 2018 Green Tenacity Award gewen. Dit was by die agtste jaarlikse San Francisco Green Film Festival. Wat die oorwinning en die première al hoe meer indrukwekkend maak, is die feit dat die feesorganiseerders 350 voorleggings ontvang het, maar uiteindelik is […]

Die Suid-Afrikaanse man, André Hanekom, wat Woensdag in Palma in Noord-Mosambiek ontvoer is, is gisternag gevind. Volgens sy vrou Francis, is hy in’n nabye dorp in ‘n hospitaal gevind. Hy is deur die ontvoerders in die arm geskiet. Vier mans met klapmusse aan het die 60-jarige Hanekom agtervolg en uit ‘n hotel ontvoer, waarna hulle […]


Current track

Title

Artist

Background