Motorfietsryer met mes gesteek
Written by lande on April 16, 2018
Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.
‘n Plaaslike motorfietsryer is die naweek deur ‘n groep verdagtes oorval, en met ‘n mes gesteek. Die voorval het in Henshallstraat in Nelspruit plaasgevind. Die aanvallers het daarna met die man se motorfiets gevlug. Lede van Hi-Tech Sekuriteit, wat besig was met ‘n roetine patrollie, het op die slagoffer afgekom en hom vir mediese behandeling geneem. Die span het later die motorfiets gevind waar dit in digte bosse weggesteek is. Callum McPherson van Hi-Tech het die voorval bevestig.
Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.