Moslem-gebedfasiliteit by KNP

Written by on December 5, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

SANParke het die eerste Moslem-gebedfasiliteit by die Skukuza Ruskamp in die Kruger Nasionale Park geopen. Dit is in ooreenstemming met internasionale norme, sowel as sy visie van ‘n “verbindende samelewing”. Vier verdere geriewe sal binnekort by Lower Sabie en Satara-ruskampe, asook die Afsaal- en Tshokwane-piekniekplekke geopen word.

“Hierdie projek is gefasiliteer deur die SANParke Ere-wagters JHB Suid-tak, wat binne ‘n baie kort tyd die nodige fondse vir die ontwikkeling ingesamel het”,  het Glenn Phillips, van die KNP, gesê.

Die fasiliteit sal ‘n opwas-area (Wudhu fasiliteit vir beide mans en vroue) insluit, en Moslemgaste sal hul eie gebedsmatjies (Musallas) moet voorsien. Die fasiliteit in Skukuza Rest Camp is op die pad tussen die kloktoring en die Stevenson Hamilton Memorial Library geleë.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?