100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Minister sê Covid-19-inentings moet geriefliker gemaak word

Written by on August 16, 2021

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê hy verwag dat hulle hierdie week nog kan begin om mense ouer as 18 jaar teen Covid-19 in te ent.
Hy was vandag op besoek aan inentingslokale in Nkomazi-munisipaliteit sowel as by Rob Ferreira-hospitaal saam met Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, en LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini.
Phaahla sê dit is nie genoeg om inentingslokale op te rig nie; dit moet nader aan mense gebring word sodat dit geriefliker is om hul inentings te ontvang.

Limpopo se inentingsprogram vorder die vinnigste, volgens hul bevolking. Mpumalanga lê agtste uit nege provinsies op dié lys.
In Mpumalanga is 429 nuwe gevalle die afgelope 24 uur aangemeld, en 4 238 die afgelope week. ‘n Totaal van 31 steftes is die laaste week in die provinsie weens die virus aangeteken. Daar is tans 5 518 aktiewe gevalle, af van 6 744 ‘n week gelede.
Business for South Africa (B4SA), wat die private sektor se werk met die regering koördineer, het bevestig dat alle private inentingslokale in Suid-Afrika enigiemand wat kwalifiseer (tans ouer as 35 is) inent, ongeag of mense mediese fondse het of nie. Bring net jou ID.
Mense met afsprake en diegene ouer as 60 kry voorkeur, maar niemand ouer as 35 hoef vooraf te registreer nie – jy kan by die lokaal geregistreer word.
As jy vooraf kan, besoek https://vaccine.enroll.health.gov.za/#/ om te registreer.
Volgens B4SA is werksplekke wat tans hul werknemers inent, nog nie oop vir die publiek nie.

Die volgende lokale is in die Laeveld:
Mbombela
Medirite – 013-752-4666
Van Heerden Westend – 013-745-7190
Van Heerden Sonpark – 013-741-1103
Mopani Crossing – 013-755-5500
Mopani I’langa – 013-742-2225
Mopani Steiltes – 013-590-7310
Mediclinic Nelspruit – 013-759-0500
Dis-Chem Nelspruit – 013-757-9382
Clicks Riverside Mall – 013-757-0184
Clicks I’langa Mall – 013-742-2296
Clicks Emoyeni Mall – 013-747-2019
Witrivier
Mopani White River – 013-751-2267
Barberton
Medirite – 013-737-3816
M.G. Eksteen Apteek – 013-712-2181
Clicks Barberton – 013-712-3402
Hazyview
Hazyview Apteek – 013-737-7042
Sabie
Van Heerden Apteek – 013-764-1268
Komatipoort
Komati Apteek – 013-793-7235
Lydenburg
Medicare Horison – 013-235-3351
Lydenburg Apteek – 013-235-2321
Medirite – 013-235-1567
Bosbokrand
Clicks Acornhoek – 013-795-4000.

Foto: Covid-19-inentings word vandag in Malalane toegedien.


×