100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Meer as R2m se dagga gekonfiskeer

Written by on May 5, 2025

Die Mpumalanga polisie kon verlede week in twee afsonderlike voorvalle op meer as R2 miljoen se dagga beslag lê.

Beamptes het Woensdag tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie op die R33 tussen Warbuton en Carolina ‘n verdagte Toyota Hilux bakkie – wat weggejaag het – voorgekeer.

Die vrag dagga het ‘n geraamde waarde van R800 000.

Die 33-jarige bestuurder, ‘n burger van Eswatini, is gearresteer. 

Later dieselfde dag is ‘n Toyota Hilux bakkie op die R40 tussen Witrivier en Hazyview voorgekeer na ‘n wenk ontvang is.

Die twee insittendes was in besit van nagenoeg R1,3 miljoen se dagga en is aangekeer.

Tagged as