Mbombela-munisipaliteit sê hulle toets tans die water in Barberton na gerugte versprei het dat dit moontlik besmet is met die bakterieë wat cholera kan veroorsaak.
Monsters is verlede week geneem om die veiligheid van die water te bepaal, en hulle wag tans op die laboratorium-uitslae.
Mbombela ontken egter gerugte dat die chemikalieë wat hulle gebruik om water te suiwer, verval het.
Die DA-raadslid, Philip Minnaar, beveel aan dat inwoners, net om veilig te wees, hul drinkwater eers kook voor hulle dit gebruik.
Meer inligting sal verskaf word sodra die toetsuitslae bekend is.
Luister:
Sien ook: Hoe om jou elektrisiteitsmeter te herprogrammeer