100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mannejag geloods na twee susters se skietdood

Written by on May 16, 2022

Twee susters is gisteraand in Kanyamazane doodgeskiet, na bewering deur die een se mansvriend.
Volgens brig. Selvy Mohlala het die man en sy vriendin, Marcia Mazibuko, ‘n argument gehad.
Haar suster, ‘n polisiesersant verbonde aan die Ngodwana-stasie, het tussenbeide getree saam met twee ander vroue.
Die man is daar weg en het teruggekeer met ‘n vuurwapen.
Hy het glo sy vriendin geskiet in die kar waarin sy probeer vlug het.
Sers. Pretty Mazibuko is in die huis geskiet voor die verdagte gevlug het.
‘n Mannejag is geloods. Die polisie vra dat Rassie Nkuna hulle kontak, aangesien hulle glo hy hulle in die ondersoek kan help.


×