Man voor hof vir roof

Written by on July 2, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Man verskyn vandag voor die Nelspruit streekshof nadat hy ‘n gewapende rooftog in die stad uitgevoer het. Die verdagte het glo op 30 Junie 2018 ‘n sakeonderneming binnegegaan en voorgegee om ‘n inspekteur te wees. Hy het na bewering na die kontantkantoor gegaan waar hy glo die toesighouer vasgebind het met maskeerband. Hy het daarna ‘n onbekende bedrag kontant geneem wat hy in ‘n aktetas gesit het voordat hy die kantoor verlaat het. Die bestuurder kon intussen daarin slaag om die polisie te ontbied en die man is in hegtenis geneem toe hy die winkel verlaat.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.
Tagged as

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?