Man tydens rooftog doodgeskiet

Written by on May 1, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Een persoon is na bewering dood en nog ‘n man gewond, na ‘n gewapende rooftog by die Clearwater Estate in Witbank, Mpumalanga. Die voorval het gister gebeur nadat die slagoffers glo ‘n groot hoeveelheid geld van die bank onttrek het.
Daar word vermoed dat hulle van die bank af gevolg is deur vier gewapende mans in ‘n Volkswagen Polo. Die verdagtes het met die geld gevlug. Dit word vermoed dat hulle op die R555 gevlug het, maar rigting is onbekend. Geen registrasienommer van die voertuig is nog beskikbaar nie. Een van die insittendes is op die toneel dood verklaar terwyl ‘n ambulans die ander beseerde man na die hospitaal vervoer het.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background