Opdatering: Man nie aangekla na tiener in KaNyamazane sterf
Written by Mireille on March 18, 2025
Die 23-jarige man wat Vrydag gearresteer is weens die moord in KaNyamazane op ‘n 17-jarige skoolkind is gister nie in die hof aangekla nie.
Amanda Masango, ‘n leerling aan Lowveld High in Mbombela, is Vrydagoggend laas deur haar gesin gesien toe sy op pad skool toe was.
Die middag is die polisie ontbied na ‘n huis in uitbreiding 16.
Sy was in haar skooluniform, toegedraai in ‘n duvet met ‘n tou om haar nek.
Die man het aangevoer dit is sy broer se kamer en hy weet van niks.
Hy is vrygelaat. Die ondersoek duur voort.
Man gearresteer weens tiener se moord in KaNyamazane, 17 Maart
‘n 23-jarige man verskyn vandag in die hof in KaNyamazane op ’n aanklag van moord.
Dit na die ontdekking van die lewelose liggaam van die 17-jarige Amanda Masango.
Sy is laas gesien toe sy Vrydagoggend op pad was om ’n bus te haal skool toe. Sy was in Lowveld High.
Die middag is die polisie ontbied na ’n huis in uitbreiding 16. Haar liggaam was toegedraai in ’n duvet.
Sy was in haar skooluniform.
Daar was ‘n tou om haar nek.
Die verdagte het glo voorgegee dit is sy broer se kamer en hy weet van niks.
Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, sê hierdie, die soveelste gruweldaad, bewys daar moet hardhandig teen oortreders opgetree word tot elke kind veilig is by hul huise en op straat.
Hy het onlangs ‘n provinsiale raad teen geslagsgebaseerde geweld gestig om voorkomingsmaatreëls te koördineer en strategiese vennootskap met relevante belanghebbendes te fasiliteer.
Lokuhle FM berig ‘n afvaardiging van dié raad het Amanda se familie Saterdag besoek.
Die menseregtekommissie, SA Men First, SANCA, Men Up en die skoolhoof het hulle vergesel.
Sien ook: Forum vier maatskaplike werkers