Laeveld-paaie eis lewens

Written by on October 15, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Vier mense is Saterdagoggend dood toe ‘n vragmotor op die N4 naby Schagen in Nelspruit, omgeslaan het. Privaat nooddiensverskaffer, ER24, het gesê paramedici het net na agt uur op die toneel aangekom, waar hulle bevind het die vragmotor is heeltemal oopgeskeur. Al vier insittendes, drie mans en ‘n vrou, is noodlottig beseer. Hulle is op die toneel dood verklaar. Al vier insittendes is tydens die botsing uit die vragmotor geslinger. Dit blyk dat die vragmotor teen ‘n groot boom aan die kant van die pad gebots het. Die presiese omstandighede rondom die voorval is egter nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel om te ondersoek.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background