Laeveld-lugskou beste in die land

Written by on November 20, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die 2018 Kishugu Laeveld-lugskou, ondersteun deur ABSA Bank en in vennootskap met Jaguar Land Rover Nelspruit en KMI Lughawe, het weggestap met die trofee vir die beste lugskou van die jaar. Dié gesogte byeenkoms is Saterdag 17 November by die Wanderersklub in Johannesburg gehou. Die Laeveld-lugskou-komitee se voorsitter, Johan Heine, het die trofee ontvang.

Die jaarlikse Lugskou van die Jaar-toekennings, in samewerking met Air Show South Africa (ASSA), verseker vir stywe kompetisie. Volgens Rikus Erasmus, voorsitter van ASSA, is daar gewoonlik tussen 18 en 20 lugskoue in die land. Hierdie jaar het die Kishugu Laeveld-lugskou eerste prys gewen, met die Rand Air Show in die tweede plek en die FAW Ermelo Air Show in die derde plek. Dit is die derde keer dat die Kishugu Laeveld-lugskou hierdie kompetisie wen. Hulle was verlede jaar die eerste naaswenner.

“Die kriteria hang af van die vloei en tydigheid van die program, netheid van die lokaal, toilette en ander geriewe, vloei van die terrein, uniekheid van die dag, bemarking van die geleentheid, mediaverhoudings, oudits op deelnemers (vlieëniers se reëlings en program-ervaring), die gehalte van veiligheidsbeamptes en vlugdirekteur, kwaliteitskontrole deur middel van RAASA en voor-byeenkoms aansoeke, posverslae, bestuur en “debriefing” van die geleentheid. Rikus het voortgegaan deur te sê dat hulle spotkontrole met taakspanne soos die soek- en redding- en noodreaksie-eenhede doen en peilstok-oudits deurlopend doen tydens die beplanning en uitvoering. Hierdie oudits bepaal of kommunikasie, inligtingsessies en inligtingsdeling op dieselfde manier is. Die Kishugu Laeveld-lugskou het al hierdie bokse gemerk.

Volgens Naranda Leeuwner, bemarkingsbestuurder vir die Laeveld-lugvertoning, is hulle die enigste komitee wat ‘n tema aan ‘n lugskou koppel. Hierdie jaar was die Rock the Runway-tema ‘n groot deel van die sukses. “Ons het regstreeks na die lugvertoning op die aanloopbaan ‘n musiekgroep en vuurwerke gehad, wat tot laat die aand toeskouers vermaak het. Ná die donderende brul van die Gripen Jet, stel die liedjie “Thunder” van die groep AC/DC, die toon vir ‘n goeie aand. ”

Die Kishugu Laeveld-lugskou was ook die enigste lugvertoning in Suid-Afrika wat elke lugvaartdissipline na sy toeskouers gebring het – van vaste vlerke tot “rotors” na warmlugballonne en vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugmag. Dit het verseker dat hulle die doel van ASSA se mandaat bereik het, en dit is om toeskouers aan die wêreld van lugvaart bloot te stel.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?