KNP-wag vas vir vermeende stropery

Written by on September 3, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Sekerheidswag wat by die Kruger Nasionale Park in diens is, is vir stropery in hegtenis geneem, het SANParke bevestig. Isaac Phaahla, woordvoerder, het gesê die verdagte het saam met drie ander mans op Saterdag 25 Augustus die park probeer binnegaan. ‘n Ander sekerheidswag wat aan diens was tydens die voorval, het gedink die viertal kom agterdogtig voor en het gewapende tegniese dienste by die hek, in kennis gestel. ‘n Ondersoek is vinnig gedoen en die vier is in hegtenis geneem. ‘n Swaar kalibergeweer, ammunisie en stroperyverwante toerusting is in die verdagtes se besit gevind.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?