KNP gee terug aan gestremde mense

Written by on December 6, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die Kruger Nasionale Park het vier voertuie bekendgestel wat gebruik sal word om toeriste met mobiliteits-uitdagings op wildbesigtigingsaktiwiteite te vervoer.
Die 14-sitplek-aktiwiteitsvoertuie kan gewig van tot 250 kg oplaai.

Algemene bestuurder van die KNP, Lucy Nhlapho, het gesê dit is om mense met gestremdhede die geleentheid te gee om die park makliker te besigtig.
Nhlapho het gesê mense met gestremdhede moet ook die Park kan gebruik en geniet. “Dit is ‘n belangrike segment van die mark wat nie uitgesluit moet word van interaksie met die natuur nie.”
“Ons glo dat die bekendstelling van die aktiwiteitsvoertuie vir mense met mobiliteitsuitdaging bewustheid en begrip sal verhoog, asook om toegang tot die toeriste met gestremdhede te verbeter; veral die rolstoel-gebruikers vir hul voordeel en genot.
Ons plaas toewyding aan gelykheid en diversiteit en dit kan ons net bereik as ons toegang tot almal in ons toerisme-aanbiedinge gee, ongeag hul fisieke, intellektuele van sensoriese vermoëns, “het Nhlapo gesê.  FOTO: Brenda Masilela/ANA

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background