|
   
RADIO LAEVELD KINDERFONDS
-
WIE IS ONS?
Ons vorm deel van Radio Laeveld. Ons is nie gebonde
aan enige denominasie nie en wil graag mense van alle denominasies
betrek om deel te wees van hierdie organisasie.
-
WAT IS ONS?
Ons is `n nie-winsgewende organisasie of in Engels,
`n “non-profit” organisasie. Ons wag tans vir ons registrasie nommer
en gaan ook binnekort registreer by die Suid-Afrikaanse Inkomste
Diens sodat donateurs ook alle skenkings teen belasting sal kan
afskryf. Ons is`n organisasie wat betrokke wil wees daar waar
kinders van enige kerk of ras in nood verkeer.
-
WAAR IS ONS?
Ons
gebruik Radio Laeveld se kantore as basis en vergader maandeliks om
geidentifiseerde behoeftes, fondsinsamelings en aanwendings te
bespreek en te koordineer.
-
HOEKOM IS ONS DAAR?
Daar
bestaan `n baie groot behoefte onder kinders wat nie die nodige
ondersteuning van `n funksionele gesin struktuur het nie. Baie keer
gaan hierdie kinders ongesiens voort met hulle de-funksionele lewens
terwyl ons die Lig van Jesus vir hulle kan wys deur persoonlike
betrokkenheid.
Daar is`n gesegde wat lei, dat ek as kind van God maar net `n bedelaar is
wat`n ander bedelaar wys waar om brood te kry.
-
HOE WERK ONS?
Die hele
leuse van die Kinderfonds is “Kinders vir Kinders”. Ons wil
graag hê dat ons jongmense self sal betrokke raak daar waar werklik
nood is en self planne sal maak hoe om daardie nood te verlig. Ons
grootmense is maar te geneig om ons beursies oop te maak en so gou
moontlik van die probleem te vergeet. Ons besef egter dat daar
betrokkenheid nodig is en nie net geld nie.
Ons wil
primér in ons direkte omgewing betrokke wees en nie ander
organisasies se werk dupliseer of kompliseer nie. Ons wil graag met
alle organisasies saamwerk sodat ons nie die wiel weer van voor af
moet ontwerp nie. Ons werk graag saam met alle organisasies wat `n
belang by kinders het sodat ons nie aksies en fondse dupliseer nie
maar eerder aanwend waar daar niemand is wat betrokke is nie. Waar
probleme geidentifiseer word gee ons dit oor aan die instansie wat
opgelei is om die probleem te handteer.
Ons wil
graag groepe in alle dorpe stig wat uit al die denominasies sal
bestaan om self in hulle eie gebiede betrokke te wees. Hierdie
groepe moet uit jongmense bestaan en wil die volwassenes slegs die
nodige leiding en koordinasie behartig. Elke groep moet dan een of
twee jongmense aanwys om die maandeklikse vergadering by die Radio
Stasie by te woon en verslag te doen oor hulle werk en beplanning.
Witrivier het reeds`n groep wat baie goed funksioneer en ander
groepe kan help op die been kom.
-
HOE WORD ONS GEFINANSIER?
Ons verkry ons finansiering uitsluitlik uit
fondsinsamelings, skenkings en donasies. 100% van ons fondse word
aangewend vir behoeftige kinders. Radio Laeveld borg alle
administrasie kostes en alle werkers is vrywilligers sonder enige
monitêre vergoeding.
-
KONTAK BESONDERHEDE:
Voorsitter: TJ Maree
Ondervoorsitter: Albert Van Zyl
Sekretaresse: Marieta Botha
Radio Laeveld Voog:
Vanessa Roets
Medewerker: Sonet Steyn
Witrivier Span: Yolandi, Sandra, Bianca,
Angelique, Adante.
Pannekoekverkoping saam met KSA Laeveld
Klereverkoping in Witrivier
Nelspruit Span: Nog beskikbaar. Kontak ons
gerus.
Barberton Span: Nog beskikbaar. Kontak ons
gerus.
Sabie Span: Nog beskikbaar. Kontak ons gerus.
Ander Dorpe: Nog beskikbaar. Kontak ons
gerus.
Email:
admin@radiolaeveld.co.za
Telefoon: 013-7412213
Faks: 086-524-4183
|