Kabelstrikke in KNP groot probleem

Written by on December 5, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die oprig van dodelike kabelstrikke om diere te vang vir muti en vleis, is ‘n toenemende probleem vir veldwagters by die Kruger Nasionale Park.
Die park se honde-eenheid-sentrumbestuurder, Johan de Beer, het gesê dat hulle sedert die begin van die jaar meer as 1600 strikke gevind het, waarvan sommige te laat verwyder is om die diere te red.

De Beer het gesê sommige van die diere is in stukkies gesny en verkoop as vleis. Diere soos hiënas en leeus word aan sangomas en tradisionele genesers vir muti verkoop. Voëls en visse word ook geteiken. Hy het bevestig die bosvleishandel is baie groot in die omgewing.
Hy het bygevoeg dat kudus en buffels vir vleishandel gebruik word. “Buffels en kudus word vir vleis doodgemaak. Hulle gebruik ‘n mes en sal waarskynlik ‘n spies gebruik om ‘n buffel dood te maak. Meeste van die tyd word die diere daar gelos om op hul eie te sterf.”

Hy het bygevoeg dat, wanneer hulle gevang word, word ‘n verdagte van jag met strikke, besit van strikke, oortreding en onwettige jag aangekla.
As hulle gevang word met vleis, sal hulle van onwettige besit van wildvleis aangekla word.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background