1000 WENNERS:
Radio Laeveld se hoof inkomste bron is advertensies. Dit is egter nie genoeg om die kostes verbonde aan 'n Gemeenskap Radio stasie te dra nie. Indien jy 'n passie het vir Radio Laeveld kan jy ons finansiël ondersteun deur 'n maandelikse bydra van R50.00 of meer per debiet order te laat aftrek. Inliging is beskikbaar by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
of skakel ons finansiële beamte gedurende kantoor ure by 013 7412213 Ondersteuners word deel van ons 1000 WENNERS KLUB, en ja daar is voordele om aan die klub te behoort.
Besighede wat Radio Laeveld wil ondersteun kan ook 'n Besigheids lid van die 1000 WENNERS KLUB word deur 'n maandelikse donasie van R500.00 of meer.
HOEKOM 1000 WENNERS ONDERSTEUN?:
- 1000 Wenners lede word beskou as 'n BBP (Baie Belangrike Persone) Hierdie groepie mense is vir ons kosbaar en ons wil hulle op die hart dra, tydens buite uitsendings, funksies en geleenthede gaan ons spesiaal agter hulle kyk.
- Die bydra van hierdie mense dra by tot die verbetering van ons dienste en toerusting.
- Wees die eerste om insette te lewer t.o.v. programme en musiek.
- Wees die eerste om saam met ons 'n verskil te maak in ons gemeenskap en omgewing.
- Wees die eerste om uitsluitlik toegang tot sekere kompetisies en promosies te hê.
