Baie welkom by Radio Laeveld, 'n gemeenskaps radiostasie wat vir
die eerste keer op 31 Mei 2003 begin uitsaai het. Dit is ook die
doel van die stasie om die gemeenskap se betrokkenheid in die
Laeveld aan te moedig. Die stasie maak 'n bestaan deur donasies,
borge, advertensies en luisteraars wat as lede 'n bydrae tot die
stasie se inkomste lewer.
Radio Laeveld saai uit op 100.5Mhz FM en
bereik die meeste dorpe in die Mpumalanga Laeveld streek. Daar
word voortdurend gepoog om die sein te verbeter en te versterk in
sodoende die bergagtige topografie van die Laeveld te omseil en
dan ook vir die luisteraars 'n beter ontvangs te verseker.
Radio Laeveld gebruik ook die Internet
as 'n middel om uit te saai. Jy kan dus van enige plek in die
wêreld na ons luister en selfs deelneem aan ons programme. Stuur
gerus 'n epos aan ons as jy vir jou vriende of familie wil
"hallo" sê.
Ons besoekers staan tans
op :
Ons Ateljee Telefoon nommer :
013-74-11-999
Ons Ateljee SMS nommer :
084-MY-RADIO
(084-69-72346)
Skype:
(Messenger: rlateljee@hotmail.com)
Kies jou musiek !
Jy kan lekker saam met ons gesels oor die
nuutste gebeure !
Electrical Engineering 013 759 2129/753 3331 after hours,
weekends & holidays_ Fire Station
Met
besoekers op ons webwerf, kan jy ook die
blootstelling geniet deur hier te adverteer. Kontak ons
bemarkers by
admin@radiolaeveld.co.za
Ons kompetisie - KopSkrop - Bly ingeskakel op Radio Laeveld vir
lekker groot kontantpryse wat gewen kan word - Maandag
tot Vrydag - Elke week !