100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Witrivier se waterkrisis kry aandag

Written by on June 4, 2021

‘n Hoëvlak-afvaardiging van Mbombela-munisipaliteit het Dinsdag Witrivier se waterwerke besoek.
Die dorp beleef reeds geruime tyd ‘n krisis in watertoevoer, deels weens verouderde infrastruktuur en ook weens kragonderbrekings.
Die Power of 8 000-groep se Pierre du Preez sê hy was verras oor hoe openhartig hulle verlede week reeds met hul klagtes ontvang deur Mbombela-stadsraad se Speaker, Gija Siwela.
Hy was deel van die afvaardiging, wat Du Preez sê 10 tot 15 redelik belangrike mense bevat het.
Selfs na hul eerste vergadering het Mbombela het reeds oor die naweek nuwe pompe begin installeer. Du Preez sê dit is baie positief dat probleme aandag begin kry.

“Ek was verbaas oor die openhartigheid en bereidwilligheid waarmee hulle ons verlede week ontvang het,” sê hy. “Dit is vir my baie positief dat dinge besig is om te gebeur.”
Hy sê die gemeenskap het moeg geraak vir die probleme – veral toe onverwagse kragonderbrekings die waterprobleem vererger het – en self hand opgesteek om hul eie dorp te begin skoonmaak.
So is meer as R50 000 spandeer om die Ronnie Bester-parkie reg te maak.
“As ‘n gemeenskap bereid is om oor die R50 000 in te sit om ‘n parkie reg te maak, wat ‘n ‘nice to have’ is, hoeveel sal hulle insit om goed te kan laat werk wat moet werk? Dit is wat lekker is om te sien – daar is mense wat graag die goed wil reg hê. Mense is meer as bereid om die dorp reg te kry, om Witrivier ‘n aangename dorp te maak.”
Mbombela het vir die 2021/22 finansiële jaar wat op 1 Julie afskop R43 miljoen oor die mediumtermyn begroot vir die Sandrivier-pompstasie.


×